


|
AfricaForYAHUSHUA is die Suid Afrikaanse Tak van die AmightyWind Bediening
Besoek Amightywind.com en sien die mooiste webwerf op die internet, wat aanlyn is al vanaf 1994! Hierdie gesalfde bediening met Hebreeuse wortels, wat op die Bybel gebasseer is, met evangeliese leerstellings, kan nie met enige ander bediening vergelyk word nie! Kom en sien wat jou kerke nie vir jou wil leer nie, wat niemand anders vir jou wil leer nie, behalwe Elisheva Eliyahu.
Shalom my naam is Elisheva Eliyahu, 'n Apostel, Profeet, Pastoor en Leier van hierdie Hebreeuse wortels, Bybelse gebasseerde Messiaanse Joodse NUWE BLOEDS VERBOND internasionale bediening van YAHUSHUA HA MASHIACH vir die Glorie van die HEMELSE HEILIGE DRIE-EENHEID, ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH. Dankie dat julle ons besoek. Kyk op! Vir die wat Gebooie en wette van YAHUVEH liefhet en gehoorsaam, julle verlossing kom nader! |
|
|
YAHUSHUA is Lewendig vir Ewig!!
|
|
|
|
Verklaring van Geloof
Ons Glo…
deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word. Ons Glo… wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg. Ons Glo… ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly. Ons Glo… alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH ha KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie. Ons Glo… dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder? Ons Glo… alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van ALLES. Om die volledige verklaring van geloof te lees “click” asseblief hier Kliek hier om die Verklaring van Geloof bladsy te besoek |
|
NUWE AANKONDIGING!
Shabbat shalom en Geseënde Sukkot vir julle almal in YAHUSHUA HA MASHIACH Se Naam en Bloed. GELUKKIGE VERJAARDAG YAHUSHUA HA MASHIACH!!! Groete aan julle almal in die Magtige Naam en Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH. Hierdie is Profeet Suster Grace wat skryf.
“Apostel, Profeet, Pastoor, Evangelis, Eliyahu van Nuuts, Ringmaagd en Mamma Elisheva Eliyahu vir baie, is in die Hemel saam met die HEILIGE DRIE EENHEID.”
Ek weet baie van julle het vrae oor hoe dit gebeur, waarom het dit gebeur, wanneer het dit gebeur of waarom vertel ek julle almal nou eers? Dit is baie eenvoudig. Vir baie jare was ek direk gementor deur Apostel Profeet en Pastoor Elisheva Eliyahu en voordat sy hierdie aarde verlaat het, het sy my baie duidelike instruksies gegee vir wanneer hierdie tyd sou kom. Een van die instruksies wat sy my spesifiek vertel het was dat wanneer dit tyd geword het vir haar om by YAHUSHUA HA MASHIACH te wees, dat ek dit nie onmiddellik aan die Bediening moes aankondig nie, maar om te wag totdat ek direk uit die Hemel gehoor het en dat ABBA YAHUVEH my eendag sou vertel wanneer dit tyd was. Vandag was daardie dag. Ek het toestemming gehad van die Hemel om sekere individue daarvan te vertel, sommige het nie hierdie nuus verwelkom nie, ander was oorstelp van vreugde dat sy nou veilig was in die arms van YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek weet dat gedurende hierdie seisoen van wag op ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die KOSBARE RUACH HA KODESH en op HULLE tydsberekening van wanneer om hierdie nuus vry te stel, het HULLE die tyd tot nou toe gebruik om my nog meer geestelik te versterk, om my te help verstaan wat dit beteken om die gewig te dra van om 'n Leier te wees en aan te hou met die werk wat HULLE begin het in Apostel Profeet en Pastoor, my Onderwyser, my Mentor, my Mamma, Elisheva Eliyahu. Sy het my alles geleer wat ek weet, en het my alles geleer wat sy geweet het, en net soos Eliyahu van ouds 'n protégé Elisa geneem het om hom te leer om aan te hou met die werk van ABBA YAHUVEH nadat Eliyahu van ouds opgeneem was Hemel toe, het Apostel Profeet en Pastoor Elisheva Eliyahu, my geneem as haar protégé, mentee en dogter. Sy het my die belangrikheid geleer daarvan om Heilig te lewe, om die Hemel te soek in alle dinge, om die HEILIGE DRIE EENHEID eerste in my lewe en liefde te plaas en HULLE te gehoorsaam, te verstaan dat niemand dit werd is om jou siel oor te verloor nie, om nooit 'n persoon of ding te aanbid nie maar om ten volle daarop te fokus om in YAHUSHUA HA MASHIACH se voorbeeld en voetspore te volg. Sy het my geleer wat dit beteken om 'n Profeet te wees en die prys te betaal vir die salwing, die hartseer om verwerp te word deur in die roeping en salwing van 'n Profeet te wandel en ons beste te doen om dit nie persoonlik te vat wanneer ons verwerp word nie. Dit is immers nie vir ons wat hulle verwerp nie. Hulle verwerp die Boodskappe van die Hemel, ons is bloot die Boodskappers en alhoewel ons dit weet, word dit steeds nie makliker om mense te sien wegstap van 'n Liefdevolle HEMELSE VADER wat ons bloot probeer lei oor watter pad om te volg. In haar afwesigheid, het ek presies alles gedoen wat sy my geleer het om te doen, om die Hemel te soek en bevestiging te kry op alles. Sy het my geleer dat dit nie saakmaak watter gawes ons het as ons nie die HEMEL gehoorsaam nie. In al hierdie, kan ek getuig dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH beslis al baie vormwerk gedoen het, en baie, baie keer is ek in die smeltersoond geplaas, uit my gemaksone gestoot en gedwing, en alles om my daartoe te beweeg om in my roeping as 'n Profeet en Elisa van Nuuts te wandel. Dit het my 'n rukkie geneem om te besef my plig nie was om Mamma en Profeet Elisheva Eliyahu se skoene vol te staan nie, maar bloot om my eie skoene te vul en daarin te loop. Daar kan net een Elisheva Eliyahu wees, en ek is trots op die vrou wat sy was en ek is werklik geëerd en geseënd dat ek saam met haar kon bly, saam met haar eet, van haar leer, saam met haar lag, saam met haar huil, saam met haar treur en saam met haar juig. Daar is 'n tyd en 'n seisoen vir alle dinge. Ek is nie Profeet Elisheva Eliyahu nie, ook sal ek nooit beweer om te wees nie. Ek is eenvoudig haar dogter en protégé wat haar mantel ontvang het en besluit het om aan te hou met die werk wat ABBA YAHUVEH begin het in haar en saam met haar. Dit is deur Kosbare Mamma Elisheva Eliyahu wat die HEILIGE DRIE EENHEID gekies het om geboorte te gee aan hierdie Bediening. Hoe diep dankbaar is ons almal dat sy gewilliglik en heelhartig haar roeping aanvaar het en die HEMEL toegelaat het om haar te gebruik as HULLE mondstuk. Om 'n profeet te wees is nooit maklik nie. Dit is nie 'n posisie wat ek ooit gewens het ek sou in wees op hierdie aarde nie; ek wou bloot net die Bediening help, sowel as die werk wat ons almal – as volgelinge van YAHUSHUA HA MASHIACH – opgedra is om te doen. Ek het nooit gedink dat 'n ware Profeet uit die Hemel my eendag so geredelik en gewillig sou onderrig nie. Ek het nooit in my hele lewe gedink dat ek die fakkel sou moes dra en dat die mantel aan my oorgedra sou word nie. Net 'n eenvoudige vrou wat YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet met my hele hart, siel, verstand en krag. Soos kosbare Mamma dikwels sou sê, ons was die swakstes van almal en dat ons werklik so ver gekom het is geensins te danke aan my eie werk of toedoen nie, maar bloot omdat ABBA YAHUVEH in elke opsig so goed en Magtig was. Die HEILIGE DRIE EENHEID kry al die Lof, Eer en Heerlikheid vir dit alles - wat ons lei, ons versterk en ons by elke stap van die pad begelei. ABBA YAHUVEH, U tydsberekening is perfek en al wat ons moet doen is om U te vertrou en U te gehoorsaam. Hierdie Aankondiging en plasing is ook 'n kans vir my om hierdie Huldeblyk te kan skryf vir nie net die Apostel en Profeet wat ek gerespekteer het nie, maar vir die mamma wat ek diep dankbaar en geëerd was om lief te hê en te ken. Ek aanbid haar nie op enige manier nie maar om bloot haar nalatenskap te onthou, te koester en te eer wat ABBA YAHUVEH begin het in haar. Nog 'n streng opdrag wat sy my gegee het – wat ek gehoorsaam het en waarmee ek volkome saamstem – was toe sy gesê het, “Moet nooit, ooit preek oor my nie. Jy preek oor YAHUSHUA HA MASHIACH. As jy begin preek oor my doen jy dit alreeds verkeerd.” Ons werk is eenvoudig, vertel die mense van YAHUSHUA HA MASHIACH, lei hulle tot bekering en redding, leer hulle om Heilig te lewe. Want dit is YAHUSHUA HA MASHIACH wie die enigste weg, die waarheid en die lewe is en dit is slegs deur YAHUSHUA HA MASHIACH dat ons na die VADER kan kom. Apostel Profeet Pastoor en Mamma Elisheva Eliyahu het nie aan die kruis gesterf vir julle sondes nie en sy sou die eerste wees om julle dit te vertel. YAHUSHUA HA MASHIACH het gesterf vir julle sondes. HY is die een wie ons liefhet, dien, gehoorsaam en aanbid. As om te weet dat Apostel Profeet Pastoor Elisheva Eliyahu in die Hemel is veroorsaak het dat jy wegstap van YAHUSHUA HA MASHIACH en die waarheid, is daardie jou keuse, en ons word almal 'n keuse gegee. Dit is ook bewys dat jou oë nooit werklik gefokus was op YAHUSHUA HA MASHIACH nie maar op iemand wat HY gebruik het en jy het uitsluitlik op haar staatgemaak vir jou redding. Baie word geroep maar min word gekies. ABBA YAHUVEH het ons deur Profesie vertel dat dit nie saakmaak hoe Elisheva Eliyahu HEMEL toe gegaan het en wanneer nie, ook was ons nie die toestemming van die Hemel gegee om enige iets daarvan te deel nie. HY wil hê julle fokus en oë moet op HOM wees. “'n Nuwe Era Het Alreeds Begin” en ons beweeg vorentoe en volg YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek verstaan dat daar sommige sal wees wat my nie sal aanvaar as die nuwe Leier en Profeet van ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en MAMMA IMMAYAH se Amightywind Bediening nie, en dit is okay, my werk is nie om julle te behaag nie maar om die Hemel op enige manier te behaag. HULLE kies vir wie ook al HULLE wil gebruik. Ek bewandel al hierdie pad van Heiligheid met YAHUSHUA HA MASHIACH Se hulp en krag lank voordat Mamma Hemel toe gegaan het, vir amper 20 jaar nou. Ek het te ver vorentoe gekom om nou terug te draai. Met ons oë gefokus op die Hemel en bid om waardig geag te word om die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te wees, hou ons aan om vorentoe te marsjeer. Aan almal wat my sal verwelkom met ope arms van liefde en respek, mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle seën. Ek weet ek is nie alleen nie en dat alles behoort aan die HEILIGE DRIE EENHEID. HULLE kies wie HULLE wil oprig en wie HULLE besluit om te vervang – en daarmee bedoel ek enigiemand wat kies om weg te stap, my woorde aan julle is hierdie, ons word almal 'n vry wil gegee, en as jy besluit het dat hierdie weg nie die weg is wat jy langer wil bewandel nie, het jy alle reg om weg te stap, ons sal jou nie forseer om te bly nie, en my gebed is dat jy eenvoudig net vreedsaam sal gaan en vind wat dit ookal is wat jy na soek. Ons werk almal ons eie Redding uit met vrees en bewing en op daardie dag wanneer ons rekenskap gee aan GOD YAHUVEH, sal julle vir julle self praat soos wat ek vir myself sal praat. Niemand anders kan namens jou rekenskap gee nie. Ek het alreeds so baie geskryf, maar ek skryf alles wat ek gelei voel deur die salwing en leiding van die KOSBARE RUACH HA KODESH. Laastens, wil ek graag almal van julle bemoedig wat YAHUSHUA HA MASHIACH liefhet, moenie opgee nie, moenie tou opgooi nie, moenie terugkyk nie. Moenie fokus op die golwe wat rondom jou breek nie, maar hou jou oë direk op YAHUSHUA HA MASHIACH, soek eerste die koninkryk van die HEMEL, plaas altyd die HEILIGE DRIE EENHEID eerste in jou lewe en liefde. Ek verseker jou geliefde van YAHUSHUA HA MASHIACH, HY sal jou lewe rig as jy HOM net toelaat. Hou op dink dat jy jouself eers moet skoonmaak voordat jy na YAHUSHUA HA MASHIACH kan kom, HY maak SY vis skoon nadat HY hulle gevang het. HY ken reeds jou lewensverhaal voordat jy HOM selfs daarvan kan vertel. Hardloop na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, soek HOM terwyl HY steeds gevind kan word. Het jy geweet dat HY jou so baie liefhet? Weet jy dat HY vrywillig SY lewe gegee het vir jou en al die sondes van die wêreld op HOMSELF geplaas het sodat jy vergewe en vrygemaak kon word? Ons het almal 'n REDDER nodig. HY roep uit na jou om jou hand uit te strek en SY hand te gryp, hou styfvas aan die soom van SY kleed, jou verlede definieer jou nie en sal jou nie definieer nie; jou grootwordjare, jou sondes uit die verlede definieer jou nie. YAHUSHUA HA MASHIACH roep uit na SY kinders, “Kom jy wat moeg en uitgeput is en wat swaar laste dra,” en HY sê, “Kom, lê dit by MY voete, laat MY hierdie dra vir jou. Waarom hou jy aan om jouself te straf vir foute van die verlede waarvoor EK jou vergewe het? Los dit by MY.” HY sê jy moet na HOM toe gaan; HY ken jou en HY het jou lief. Aan diegene wat beweer om YAHUSHUA HA MASHIACH lief te hê en HOM te volg maar steeds kompromitteer, HY sê vir julle, hoeveel langer gaan julle aanhou met hierdie gedrag om een voet in Heiligheid te plaas en een voet in die wêreld en sonde? Dit sou beter vir julle wees om die een of die ander te kies. Hoeveel langer sal jy louwarm bly in jou wandel met YAHUSHUA HA MASHIACH? Waarom hou jy aan om die splinter te oordeel in die oë van jou mede broers en susters in YAHUSHUA HA MASHIACH terwyl jy steeds 'n groot balk in jou eie oë het? Besluit. Soek eerder die Hemel en leef Heilig of kies om soos die wêreld te leef. Wees warm of koud maar nie louwarm nie. Aan diegene onder julle wat gesoek en gebid het vir YAHUSHUA HA MASHIACH om jou die regte pad van Heiligheid te wys, HY vertel jou hierdie, jy weet wat is Heilig, wat is regverdig, jy weet wat is reg en wat is verkeerd. Jy weet presies wat sonde is. Daar is geen klein sonde en groot sonde nie, sonde is sonde so hou op probeer om verskonings te maak vir waarom jy kies om te doen wat jy weet die VADER se hart seermaak. Jy wil die VADER se stem ken maar weier om eenvoudige instruksies te gehoorsaam wat gevind word in SY Heilige Skrifte. Gehoorsaam SY 10 Gebooie, volmaakte liefde verdryf alle vrees en jy weet dat dit onmoontlik is om GOD YAHUVEH te behaag sonder geloof. Wat hou jou terug? Waarom aarsel jy om oor te gee aan YAHUSHUA HA MASHIACH? Jy het dit 'n duisend keer probeer op jou eie manier en niks het gewerk nie. Het jy YAHUSHUA HA MASHIACH, JESUS CHRISTUS probeer? Nie meer verskonings maak om te sondig en toe te gee nie, ja nie een behalwe YAHUSHUA HA MASHIACH is perfek nie en ja, ons sal aanhou om foute te maak, maar is die doel om foute te maak nie om daaruit te leer en nie aan te hou om hulle te herhaal nie? Aan diegene van julle wat kinders het en wonder wat is die beste manier om hulle op te voed, sê HY hierdie, behoed jou kinders se ore, gedagtes en oë, maak seker jy vertel vir hulle die waarheid en help hulle om 'n stewige fondasie te bou by die huis sodat wanneer hulle uitstap uit die veiligheid van julle huis en toevlugsoord dat hulle sal weet om die verskil te ken tussen wat is goed en wat is boos want hierdie wêreld noem alles wat Heilig is, “boos,” en alles wat boos is, “Heilig/goed.” Daar is 'n nuwe geslag op pad wat die wêreld sal laat skud en hulle sal dapperder wees en meer aan die brand vir die HEMEL. Baie van hulle is alreeds gebore. Ouers, as julle sien dat julle kind/kinders 'n vuur en honger het vir die Hemel, moenie dit verdof nie, moenie dit blus nie! Dit is jou plig as hulle ouer om die Heilige vlamme aan te blaas. Wys hulle deur voorbeeld nie net deur woorde nie. Julle ouers, stel die standaard vir julle huise en vir julle kinders. Soek die HEMEL, soek YAHUSHUA HA MASHIACH wanneer julle jul kinders opvoed en HY sal julle lei hoe. Hierdie is al wat ek hoor van die Hemel om te skryf. YAHUSHUA HA MASHIACH het julle lief, HY wil julle aandag hê, HY wil hê julle moet op HOM leun nie net op die dae wat julle HOM nodig het nie, nie net op die dae waar julle 'n wonderwerk nodig het of 'n oorwinning en 'n beantwoorde gebed nie, maar HY wil hê julle moet aanhou om HOM Lief te hê, HOM te eer, HOM te soek en HOM te vertrou selfs nadat julle gebede beantwoord is, selfs al moet julle gebede steeds nog beantwoord word, en veral wanneer julle geen idee het wat om te doen of wat voor julle is nie. Mag ons almal elke dag nader aan YAHUSHUA HA MASHIACH beweeg en voortgaan om die HEILIGE DRIE EENHEID eerste te stel in ons lewe en liefde. As hierdie jou geseën het op enige manier, skryf asseblief vir ons, ons wil graag van jou hoor. As jy YAHUSHUA HA MASHIACH JESUS CHRISTUS wil ontvang as jou HERE en REDDER, sal ek die webbestuurders vra om die video vir die Reddings Gebed hieronder te plaas. Weet dat jy geliefd en gewens is. As jy besluit om jou lewe te gee vir YAHUSHUA HA MASHIACH, skryf asseblief vir ons en laat ons weet sodat ons kan juig saam met jou en almal in die Hemel! HALLELUYAH! Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal oorvloedig seën op hierdie Heilige Fees van Sukkot. Met so baie liefde en shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH, Profeet Suster Grace en die res van die Amightywind Bediening Leierskap. |
|
NUWE AANKONDIGING!
Allereers wil ons alle Lof, Eer en Heerlikheid gee aan die HEILIGE DRIE EENHEID ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH vir hierdie seën en nuwe Hemelse bevordering: dat HULLE ons nou die seën skenk van twee nuwe takke van HULLE AMIGHTYWIND BEDIENING vir Nigerië en Suid-Afrika!
|
|
BELANGRIKE HOOGS HEILIGE DAE WAT KOM!
~Rosh ha Shanah~Rosh ha Shanah is een van die Heilige Shabbatte waar geen werk gedoen word, daarom is dit belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoë Heilige Shabbat dae af te kry. (Levitikus 23:24-25, Numeri 29:1, Levitikus 23:25, Numeri 29:2-5)
Begin: Sononder Vrydag, September 11, 2026
~Die Dag van Versoening / Yom Kippur~Die Dag van Versoening/Yom Kippur is 'n Hoog Heilige Shabbat waar geen werk gedoen moet word nie op hierdie dag. Dit is baie belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoog Heilige Shabbat dag af te kry. (Levitikus 23:26-27, Levitikus 16:3, Levitikus 16:29, Levitikus 16:2)
Begin: Sononder Sondag, September 20, 2026
~Sukkot~Sukkot is een van die Hoogs Heilige Feeste wat twee Hoog Heilige Shabbat dae het waar geen werk gedoen moet word nie. Dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie twee Hoog Heilige Shabbat dae af te kry. (Numeri 29:12, Deuteronomuim 16:13, Levitikus 23:40, Levitikus 23:37)
Begin: Sononder Vrydag, September 25, 2026
~Die Shemini Atzeret~Die Shemini Atzeret ('Die Agste [Dag] van Samekoms' in Hebreeus) is 'n Hoog Heilige dag wat direk volg na die laaste/sewende dag van Sukkot, soos in Levitikus 23:36. Dit is soos 'n verdere aanhegging van Sukkot, maar is sy eie dag.
Begin: Sononder Vrydag, Oktober 2, 2026
|
|
SHALOM EN GELUKKIGE SUKKOT IN YAHUSHUA HA MASHIACH!!
~Sukkot - Fees van Tabernakels~
Begin: Sononder Vrydag 25 September 2026
Gelukkige Sukkot Geliefde Amightywind Gemeente en Asa Mikaiyah! Hierdie is ‘n tyd van groot feesviering want, hierdie is die tyd toe ons Kosbare Geliefde MESSIAS, YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was, die grootste seëning wat ABBA YAHUVEH ooit na hierdie wêreld toe gebring het.
Johannes 14:3
So, gedurende hierdie tyd van Sukkot, nooi vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH in julle sukkahs in, vier fees! Want hierdie is die tyd toe ons Geliefde YAHUSHUA HA MASHIACH gebore was. GELUKKIGE VERJAARDAG YAHUSHUA HA MASHIACH! Ons Loof U vir ons redding en ons dank U ABBA YAHUVEH dat daar nie langer meer ‘n skeiding tussen ons is nie, maar nou kan ons openlik woon saam met die HEILIGE DRIE EENHEID, daar is nie langer meer ‘n skeiding tussen GOD YAHUVEH en SY mense nie, maar daardie voorhangsel was geskeur sodat ons in staat kan wees om te kan kommunikeer en te woon in U Teenwoordigheid en dit alles was as gevolg van U Enigste VERWEKTE SEUN YAHUSHUA HA MASHIACH!
Dank U dat U vir YAHUSHUA HA MASHIACH, U Enigste VERWEKTE SEUN gestuur het om eens en vir altyd daardie voorhangsel te skeur wat ons eens van U geskei het, dank U dat ons welkom is in U arms as U kinders deur die naam en bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, U SEUN. Ons Loof U dat U altyd vir ons voorsien, ons beskerm, leiding gee en ons lei in U wil, want dit is wat ons harte begeer, om U te behaag en U te dien en die wil , weg en doel te volg wat U vir ons het. Loof YAHUSHUA HA MASHIACH!
Levitikus 23: 39-44
![]() As jy meer wil weet oor Sukkot, klik asseblief op die skakel hieronder: |
|
~ SplinterNuwe PROFESIE 156 ~
IS JULLE GEREED? HIERDIE PROFESIE HET NA VORE GEKOM OP 11 SEPTEMBER 2026 OP ROSH HASHANA TERWYL ONS VERGADER HET GEDURENDE LOFPRYSING EN AANBIDDING.
Ons het ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH Geloof en bedank en gewag op YAHUSHUA HA MASHIACH. Toe ons begin bid het, het hierdie kort maar belangrike Profesie na vore gekom as ‘n herinnering vir ons almal, dat hoewel ons GELIEFDE YAHUSHUA HA MASHIACH nie gekom het om SY Bruid te neem hierdie Rosh HaShana nie, bly die vraag, is ons gereed vir HOM om terug te kom? Is ons voorbereid met ons hele Hart om ons geseënde REDDER te ontmoet? Sal HY ons gereed vind en steeds wagtend vir HOM? Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën en ons aanhou om te bid, mag ons waardig geag word om die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH te wees en om ‘n getuienis te hê soos Henog. Geseënde Rosh HaShana vir julle almal, in YAHUSHUA HA MASHIACH se
Kliek hieronder om die Profesie te lees
|
Gelukkige Verjaarsdag AMIGHTYWIND Bediening en Apostel Profeet Elisheva Eliyahu!
Gelukkige verjaarsdag aan Amightywind Ministry!!! En Gelukkige Geseënde Verjaarsdag aan Geliefde Apostel Profeet Pastoor en Mamma, Elisheva Eliyahu!!
|
|
~ NUWE VIDEO ~
Profesie 45 Staan MY Seuns op, soos 'n Gees van Koning Dawid! November 11, 1999
Geliefde Broers en Seuns van YAHUSHUA HA MASHIACH, Staan op in die naam van YAHUSHUA HA MASHIACH! Staan op #GoliathSlayers want ons roep julle na vore in YAHUSHUA HA MASHIACHS Magtige Naam!
|
|
~ NUWE VIDEO ~
Profesie 106 EK YAHUVEH sê: "Maak Skoon jou Huis!" 4 Januarie 2009
Hierdie Profetiese Woord het na vore gekom terwyl ons vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA gebid het. Die hele Woord word nie geplaas nie want dit is persoonlik maar dit is deel van daardie Woord wat op baie ander van toepassing is en ons word deur YAH opdrag gegee om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit vir net een persoon nie maar vir baie.
|
|
~ PROFESIE 140 ~
“Israelitiese Bruid Verrys Leef Heilig”
Profesie Is Weer Vrygestel
Kliek hieronder om die Profesie te lees
|
|
~ SplinterNuwe PROFESIE 154 ~
“Waarskuwing! Totalitêre Diktatorskap Bewys” Gelukkige Geseënde Gesalfde Hanukkah Geliefde Amightywind Gemeente! Loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH vir hierdie Feestelike tyd van Wonderwerke, seëninge en oorwinnings en vir die konsepsie van ons geliefde MESSIAS en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH!! Ons Loof die HEILIGE DRIE EENHEID, want nou is ons instaat om vandag aan te kondig dat Profesie 154 nou aanlyn is en vrygestel is vir julle om te lees en daarna te luister. Daar is krag in die gesproke woord en dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat alle jukke en bindings breek. Wees asseblief geseën terwyl julle luister daarna en die SLINTERNUWE PROFESIE 154 lees wat gespreek en ontvang is op hierdie datum drie jaar gelede op die 7de Desember 2020 ‘n paar dae voor Hanukkah, en nou vrygestel is op dieselfde datum 3 jaar later 7de Desember 2023 op die dag wat die eerste nag van Hanukkah begin. HALLELUYAH!! Ons kon nie hierdie profesie vrystel totdat ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dit was tyd, en nou is daardie tyd. Ons bid julle Hanukkah is ‘n geseënde een en dat julle sal ag slaan op al ABBA YAHUVEH Se waarskuwings in hierdie Profesie, immers, om vooraf gewaarsku te wees is om voorbewapen te wees vir so ‘n tyd soos hierdie. Vertrou op ons Geseënde HOOP en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH en onthou solank as wat julle alles gehoorsaam wat YAHUVEH ons beveel het en ons geleer het deur SY HEILIGE Woorde in die Bybel en in hierdie Eind Tyd Profesieë, het julle nie nodig om te vrees nie. Onthou om Psalm 91 toe te eien en te bid altyd vir beskerming, om te wandel en te leef in heiligheid en geregtigheid, en watter wonderwerke julle ookal nodig het, bid ons dat ABBA YAHUVEH hulle sal gee volgens SY wil in die Hemel. Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën. Met Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH, beledig sommige en seën baie, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu.
Kliek hieronder om die Profesie te lees
|
|
Die Profesie - Geen Speletjies Meer Nie! YAHUVEH is Kwaad!
2 April, 2023
Julle sal sien hieronder is ‘n nuwe Pasga Profesie wat my geliefde dogter Grace ontvang het vir die mense. Sy was/en is nog steeds besig om gementor te word direk onder my en leer/het alles geleer wat YAHUSHUA HA MASHIACH my geleer het en is deel van hierdie leierskap. ‘n Verduideliking is ook hieronder oor wat gebeur het voordat sy die Profesie ontvang het. Ek kry ‘n volle getuienis dat hierdie Profesie direk van die Hemel is en ‘n Boodskap wat nodig is vir die mense en die gemeente om te hoor en te lees.
Net ‘n kort verduideliking oor hoe hierdie woord ontstaan het
Die aand voor dit (1 April 2023) het ek die hele nag deur gespandeer deur te bedien aan ‘n paar geliefde susters in YAHUSHUA HA MASHIACH wat bemoediging en leiding nodig gehad het. Teen die tyd toe ek klaar was was dit 6vm en ek was gereed vir die bed.
Die Profesie - Geen Speletjies Meer Nie! YAHUVEH is Kwaad!
2 April, 2023
Grace bid in Heilige Tale, huilende.
|
|
'n Magtige Stormwind wat die Wêreld Oorweldig, en wat Lewens al
meer as 27 jaar lank raak
|
|
Neem, Vertrou, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) Take, Trust, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) |
|
|
Dit is die Woorde wat engele op 'n kragboks in Suid Afrika gespuitverf het, en
die Heilige Gees het
my na
daardie kragboks gelei, en so het ek AmightyWind ontdek. En ook Apostel &
Profeet Elisheva Eliyahu
ontmoet.
Kliek die skakel hierbo en lees meer.
|
|
Nuwe Profesie 153 - 20 April 2020 Hoor O Israel & Die Wêreld EK, YAHUVEH EL-SHADDAI, Sê “Covid-19 Lab-vervaardig — satan Geïnspireerd!” Kliek hier om Profesie 153 te lees |
|
YAH Se Kleintjies - Julle Hoef Nie Te Vrees Nie - Aangesig tot Aangesig met Elisheva Eliyah |
|
Profesie 150 - 2 Januarie 2020 PAPPA YAH EL SHADDAI SE DEURSKYNENDE MANTEL VAN BESKERMING TEEN DIE BOSE VERWORPENES! |
|
Die man wat my in gebed bedek tydens gebeds oorlogvoering, is my Broer in YAHUSHUA. Hy is my manlike Beste Vriend, 'n lid van hierdie Bediening vir 14 jaar. Hy staan tydelik in, totdat 'n ander Gesalfde Heilige Broer na vore kom. Die nuwe gesalfde Goliat verslaner sal 'n Broer en 'n Seun verhouding wees nie. |
|
Profesie 152 - Luister en wees vry van die demoon van Vrees. Luister en wees vry van die demoon van vrees! Profesie 52, ontvang op 2 Nov 2001, weer gespreek op 20 Maart 2020. YAH praat weer onder 'n sterker salwing wat vrymaak en jou geloof weer opbou. Glo! Ontvang! Lees alle Profesieë wat jou geloof opbou! Hierdie Bediening is gebou op geloof, nie vrees nie! Ons geloof in YAHUSHUA ha MASHIACH word nou getoets! Wanneer jy met vrees aangeval word, neem dit saggies in gebed. YAHUSHUA verstaan, moet net nie vrees hardop uitspreek nie! Herinner satan "YAH, YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH HEILIGE GEES het nie vir my 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en 'n gesonde verstand". Weg van my satan in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam en Bloed, bestraf ek jou! Gaan nou weg van my af! Kliek op die audio banier wanneer vrees en paniek jou aanval! Lees Psalm 91, glo & memoriseer dit! |
|
Psalm 91 GEHOORSAAM & wees GELOOFS WATER LOPERS - AANGESIG TOT AANGESIG GESPREK - Apostel Elisheva Eliyahu |
|
Profesie 151 - YAHUSHUA Sê, EK is die MESSIAS! MOENIE VREES NIE! VERTROU MY! |
|
Psalms 91 |
|
(1) Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. (2) Ek sal tot YAHUVEH sê: My toevlug en my bergvesting, my GOD op wie ek vertrou. (3) Want HY is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. (4) HY sal jou dek met SY vlerke, en onder SY vleuels sal jy skuil; SY trou is ‘n skild en pantser. (5) Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, (6) vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! (7) Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie. (8) Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. (9) Want U, YAHUVEH, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. (10) Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; (11) want HY sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. (12) Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. (13) Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap. (14) Omdat hy MY liefhet, sê GOD, daarom sal EK hom red; EK sal hom beskerm, omdat hy MY Naam ken. (15) Hy sal MY aanroep, en EK sal hom verhoor; in die nood sal EK by hom wees; EK sal hom uitred en eer aan hom gee. (16) Met lengte van dae sal EK hom versadig, en EK sal hom MY heil laat sien. |
|
91 תְּהִלִּים |
|
א יֹשֵׁב, בְּסֵתֶר עֶלְיוֹן; בְּצֵל שַׁדַּי, יִתְלוֹנָן. ב אֹמַר--לַיהוָה, מַחְסִי וּמְצוּדָתִי; אֱלֹהַי, אֶבְטַח-בּוֹ. ג כִּי הוּא יַצִּילְךָ, מִפַּח יָקוּשׁ; מִדֶּבֶר הַוּוֹת. ד בְּאֶבְרָתוֹ, יָסֶךְ לָךְ--וְתַחַת-כְּנָפָיו תֶּחְסֶה; צִנָּה וְסֹחֵרָה אֲמִתּוֹ. ה לֹא-תִירָא, מִפַּחַד לָיְלָה; מֵחֵץ, יָעוּף יוֹמָם. ו מִדֶּבֶר, בָּאֹפֶל יַהֲלֹךְ; מִקֶּטֶב, יָשׁוּד צָהֳרָיִם. ז יִפֹּל מִצִּדְּךָ, אֶלֶף--וּרְבָבָה מִימִינֶךָ: אֵלֶיךָ, לֹא יִגָּשׁ. ח רַק, בְּעֵינֶיךָ תַבִּיט; וְשִׁלֻּמַת רְשָׁעִים תִּרְאֶה. ט כִּי-אַתָּה יְהוָה מַחְסִי; עֶלְיוֹן, שַׂמְתָּ מְעוֹנֶךָ. י לֹא-תְאֻנֶּה אֵלֶיךָ רָעָה; וְנֶגַע, לֹא-יִקְרַב בְּאָהֳלֶךָ. יא כִּי מַלְאָכָיו, יְצַוֶּה-לָּךְ; לִשְׁמָרְךָ, בְּכָל-דְּרָכֶיךָ. יב עַל-כַּפַּיִם יִשָּׂאוּנְךָ: פֶּן-תִּגֹּף בָּאֶבֶן רַגְלֶךָ. יג עַל-שַׁחַל וָפֶתֶן, תִּדְרֹךְ; תִּרְמֹס כְּפִיר וְתַנִּין. יד כִּי בִי חָשַׁק, וַאֲפַלְּטֵהוּ; אֲשַׂגְּבֵהוּ, כִּי-יָדַע שְׁמִי. טו יִקְרָאֵנִי, וְאֶעֱנֵהוּ--עִמּוֹ-אָנֹכִי בְצָרָה; אֲחַלְּצֵהוּ, וַאֲכַבְּדֵהוּ. טז אֹרֶךְ יָמִים, אַשְׂבִּיעֵהוּ; וְאַרְאֵהוּ, בִּישׁוּעָתִי. En wie is jou REDDING? Daar is net EEN. HY is die WAARHEID, die WEG, en die LEWE. SY Naam is REDDING, sy Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH, en YAHUSHUA in Hebreeus beteken "YAH Red". Leer daardie Naam. Shalom. |
Ons bid dat ons 'n Getuienis soos Henog sal hê!
Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie
gevind nie, omdat
YAHUVEH hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat
hy YAHUVEH behaag
het. Hebreërs 11:5
|