Aftel van die Omer begin op die aand van 6 April 2023

Pentecost/Shavuot begin die aand van 25 Mei 2023 en eindig die volgende aand. Om dit te verleng vir nog ‘n dag, 24 uur tot die volgende sonsondergang, is deel van die Joodse tradisie.


Lukas 24:49 
En kyk, EK (YAHUSHUA ha MASHIACH) stuur die Belofte van MY VADER op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.

Johannes 14:26
Maar die Trooster, die HEILIGE GEES, (wie die RUACH ha KODESH is), wat die VADER in MY Naam sal stuur, SY sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat EK vir julle gesê het.

In Bybelse tye, op die oggend van 16 Nisan (die oggend na die Passover hoogheilige Shabbat van 15 Nisan), was die gerf/omer van die eerstevrugte van die koringoes (Reshit Katsir is letterlik Begin van die Oes) gewaai en geoffer tesame met ‘n manlike lam as brandoffer, en ongesuurde brood, olie en wyn (Lv 23:9-16). Dit begin ook die Sefirat HaOmer, Aftel van die Omer, waar 7 weke afgetel word tot en met Shavu'ot/Pentecost.

In moderne tye, is die Joodse tradisie om die aftel te begin met die begin van die Joodse dag, wat begin in die aand—met ander woorde, ons begin die aftel van die omer in die aand soos 15 Nisan eindig, en16 Nisan begin. As jy ‘n aand van aftel mis, kan jy dit altyd die volgende oggend doen, of voordat die volgende Joodse dag begin.

Elisheva Gee Redes Waarom Ons Die Omer Aftel 
KLIEK HIER



Aftelling van die Omer

Kliek asb 'n Omer dag op die kalender om die Omer gedeelte te lees vir daardie dag.
Alle Joodse kalender datums begin op die aand van daardie dag.


Kliek hier om die Pentecost / Shavuot Animasie te sien!




Die woord ‘omer’ beteken letterlik “gerf,” soos in ‘n gerf van gars of koring. Die Torah vertel ons om die omer af te tel (Levitikus 23:15-16), in hierdie geval die dae van wanneer die graan oes begin reg na Passover tot die hoogtepunt van die oes met Shavu’ot.

Met Passover het YAH die Joodse mense vrygemaak van ‘n lewe van slawerny in Egipte, en met Shavu’ot het YAH vir hulle die Torah gegee. Met Passover het YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SY BLOED gestort en gesterf vir ons sondes. HY het gesterf en weer opgestaan drie dae later, baie verskynings gemaak aan SY dissipels.

Voordat HY opgevaar het op die 40ste dag het HY SY dissipels vertel om te bly en te wag in die Bo-kamer vir die RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES] om neer te daal. Hierdie was ‘n tyd om hulleself te ondersoek.

Op die 50ste dag, die Dag van Pentecost, het hulle die Doping van die RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES] ontvang en die gawe van Heilige tale ontvang [Handelinge 2].

As Messiaanse Gelowiges behoort ons gedagtes daagliks op YAHUSHUA te wees en die aftel van die omer is ‘n tyd om te reflekteer op ons verhouding met HOM en ons harte voor te berei vir die Fees van Shavuot.

YAHUSHUA is die MIDDELPUNT van alles wat ons doen in hierdie Bediening en ons enigste begeerte is om GLORIE aan HOM te bring.