If you are speaking a different language, please click here to visit the Allmightywind Site.
Suid Afrika en Afrika tak van die
"Almightywind Wildfire Last Chance Ministry©"


If you are speaking a different language, please click here to visit the Allmightywind Site.





AfricaForYAHUSHUA is die Suid Afrikaanse Tak van die AmightyWind Bediening

Besoek Amightywind.com en sien die mooiste webwerf op die internet, wat aanlyn is al vanaf 1994! Hierdie gesalfde bediening met Hebreeuse wortels, wat op die Bybel gebasseer is, met evangeliese leerstellings, kan nie met enige ander bediening vergelyk word nie! Kom en sien wat jou kerke nie vir jou wil leer nie, wat niemand anders vir jou wil leer nie, behalwe Elisheva Eliyahu.



Shalom my naam is Elisheva Eliyahu, 'n Apostel, Profeet, Pastoor en Leier van hierdie Hebreeuse wortels, Bybelse gebasseerde Messiaanse Joodse NUWE BLOEDS VERBOND internasionale bediening van YAHUSHUA HA MASHIACH vir die Glorie van die HEMELSE HEILIGE DRIE-EENHEID, ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH.

Dankie dat julle ons besoek.

Kyk op! Vir die wat Gebooie en wette van YAHUVEH liefhet en gehoorsaam, julle verlossing kom nader!







Verklaring van Geloof

Ons Glo…
deur YAHUSHUA as MESSIAS te aanvaar en aan YAHUVEH en YAHUSHUA ons sondes te bely, weg te draai van daardie sondes en om ons bes te doen om te gehoorsaam, lief te hê, te aanbid, te dien en om in al ons weë ons geliefde VADER YAHUVEH en YAHUSHUA HA MASHIACH wat beteken (die Messias), eerste te stel, dat HY ons siele sal red en ons Hemel toe sal neem wanneer ons sterf of weggeraap word.

Ons Glo…
wanneer ons dit doen, kom die RUACH HA KODESH, ook genoem die Heilige Gees in ons liggame wat dan die Tempel van die RUACH HA KODESH word. Ons glo ons moet die duiwel en sy werke haat soveel as wat ons, ons YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH Liefhet. Ons moet alles wat Heilig is verdedig en alles wat onheilig is bestraf en ontken. Ons moet Heilig leef teenoor ons Messias en SY voorbeelde van Heiligheid volg.

Ons Glo…
ons is nie perfek nie, want alleenlik YAHUSHUA is perfek, maar wanneer ons sondig deur woord of daad kan ons uitroep in YAHUSHUA se naam en YAHUVEH vra om ons te vergewe, deur die gestorte bloed van YAHUSHUA oor ons sondes te pleit en vra dat hulle vergewe word, en dan hard te probeer om verblydend tot YAHUVEH en YAHUSHUA te bly.

Ons Glo…
alleenlik YAHUSHUA is ons bemiddelaar, nie sy Moeder Maria nie, en tog respekteer en eer en het ons haar lief omdat sy YAHUSHUA se moeder is. Maar, op geen manier aanbid of bid ons tot haar nie, want YAHUSHUA, alhoewel haar aardse seun, is ook haar Messias, want sy het hom ook HERE genoem. As Maria sondeloos was dan sou sy waardig gewees het om die sonde bloed offer by Golgota te wees. Die fout van die Katolieke Kerk is om haar gelyk te stel met YAHUSHUA. Daar is slegs een drie-enigheid en dit is die Vader YAHUVEH, SY Seun YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Nie een van ons sou gered gewees het as die RUACH ha KODESH ons nie getrek het om YAHUSHUA lief te he en as MESSIAS te aanvaar nie.

Ons Glo…
dat ons nodig het om die Joodsheid van ons Messias te leer en te bestudeer, wie ook genoem word Koning van die Jode. Hierdie Bediening glo ook dat ons die Heilige Feeste moet eer soos YAHUSHUA dit onderhou het en YAHUVEH dit beveel het en dit sluit in eer die Sabbat Dag en hou dit Heilig, wat die 7de dag is – Vrydag sononder tot Saterdag sononder. Hierdie Bediening het die mandaat van Jesaja 61. Hierdie Bediening glo daar is ‘n Hemel om te verkry en ‘n Hel om te verwerp en elkeen wat lewe maak hulle eie besprekings vir Hemel of Hel, afhangende van wat hulle met YAHUSHUA doen. Het hulle HOM hulle GOD en MESSIAS gemaak, ook genoem Redder?

Ons Glo…
alleenlik die Bybel is die geinspireerde en onfeilbare Woord van YAHUVEH in die oorspronklike skrywes. Ons glo dat die Woord van YAHUVEH, die Bybel en Torah nie kan lieg nie. Dat YAHUVEH die enigste Hemelse Vader is, Skepper van ALLES. Om die volledige verklaring van geloof te lees “click” asseblief hier



Kliek hier om die Verklaring van Geloof bladsy te besoek




~ SplinterNuwe PROFESIE 155 ~
“Redding Is Nie 'n Speletjie Nie!”


GESKRYF EN GESPREEK ONDER DIE SALWING VAN DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) DEUR PROFEET GRACE ONTVANG: 5 FEBRUARIE 2025 – VRYGESTEL 1 MAART 2025


Hierdie nuwe Profesie 155 het voortgekom toe ons gebid het oor 'n belangrike Bediening saak en ABBA YAHUVEH gevra het vir wysheid, leiding en instruksies. Die hele dag deur kon ek hierdie droefheid in my gees voel en tog terselfdertyd 'n vuur wat gereed was om te bars. Toe ons eens bymekaar gekom en begin bid het oor hierdie Bediening saak, het hierdie woord voortgekom.

Ons kosbare redding wat ons het moet nie ligtelik opgeneem word nie en is geheel en al die moeite werd om te beskerm. Redding is nie 'n speletjie nie en geen iemand of ding is dit werd om jou redding oor te verloor nie. YAHUSHUA gee om vir jou, HY is lief vir jou. HY jubel oor jou oorwinnings, en HY vertroos jou deur jou verliese en mislukkings bemoedig jou om op te staan en weer te probeer. Dit is deur HOM en HOM alleen wat ons direk kan praat met die VADER, dit is deur HOM en HOM alleen wat ons gered en vergewe kan word. Ek moedig jou aan om HOM eerste te stel in jou lewe en liefde, jou hart oor te gee aan HOM terwyl daar nog tyd is om dit te doen want HY is lief vir jou.

Net soos ek geleer het deur al hierdie jare van Apostel, Profeet, Onderwyser, Berader, Pastoor en meeste van alles die persoon wat ek en baie ander lief is om Mamma Elisheva te noem, sal hierdie Profesie sommige aanstoot gee en sal ander bemoedig en verlig. Ek is net 'n Boodskapper en doen my bes om die HEMEL te gehoorsaam. Aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en MAMMA IMMAYAH kom toe al die Heerlikheid, Eer en Lof!!!

Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH ons HERE en KOSBARE REDDER,
Grace

Kliek hieronder om die Profesie te lees




BELANGRIKE HOOGS HEILIGE DAE WAT KOM!

~Rosh ha Shanah~

Rosh ha Shanah is een van die Heilige Shabbatte waar geen werk  gedoen word, daarom is dit belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoë Heilige Shabbat dae af te kry. (Levitikus 23:24-25, Numeri 29:1, Levitikus 23:25, Numeri 29:2-5)

Begin: Sononder Maandag, September 22, 2025
Eindig: Sononder Woensdag, September 24, 2025
Dae om af te vat: Dinsdag, September 23, 2025 en Woensdag, September 24, 2025




~Die Dag van Versoening / Yom Kippur~

Die Dag van Versoening/Yom Kippur is 'n Hoog Heilige Shabbat waar geen werk gedoen moet word nie op hierdie dag. Dit is baie belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie Hoog Heilige Shabbat dag af te kry. (Levitikus 23:26-27, Levitikus 16:3, Levitikus 16:29, Levitikus 16:2)

Begin: Sononder Woensdag, Oktober 1, 2025
Eindig: Sononder Donderdag, Oktober 2, 2025
Dae om af te vat: Donderdag, Oktober 2, 2025

(Vanaf Rosh HaShanah tot Yom Kippur is die 10 dae van ontsag)




~Sukkot~

Sukkot is een van die Hoogs Heilige Feeste wat twee Hoog Heilige Shabbat dae het waar geen werk gedoen moet word nie. Dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie twee Hoog Heilige Shabbat dae af te kry. (Numeri 29:12, Deuteronomuim 16:13, Levitikus 23:40, Levitikus 23:37)

Begin: Sononder Maandag, Oktober 6, 2025
Eindig: Sononder Maandag, Oktober 13, 2025
Dae om af te vat: Sukkot dag 1 (Okt 7, 2025)
Werk toegelaat: Sukkot dae 2-7 (Okt 8, 2025 - Okt 13, 2025)
(* sabbatte uitgesluit )




~Die Shemini Atzeret~

Die Shemini Atzeret ('Die Agste [Dag] van Samekoms' in Hebreeus) is 'n Hoog Heilige dag wat direk volg na die laaste/sewende dag van Sukkot, soos in Levitikus 23:36. Dit is soos 'n verdere aanhegging van Sukkot, maar is sy eie dag.

Begin: Sononder Maandag, Oktober 13, 2025
Eindig: Sononder Dinsdag, Oktober 14, 2025
Dae om af te vat: Dinsdag, Oktober 14, 2025









Shabbat Shalom en Geseënde 10 Dae van Ontsag (Awe) aan julle almal Amightywind Gemeente







~Die Dag van Versoening - Yom Kippur~

Begin: Sononder Woensdag 1 Oktober 2025
Eindig: Sononder Donderdag 2 Oktober 2025
Dae om af te vat: Donderdag 2 Oktober 2025
(Vanaf Rosh HaShanah tot Yom Kippur is die 10 dae van ontsag)




Gedurende hierdie 10 dae van ontsag, is dit die tyd wanneer ons ons verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA in oënskou neem of ons ‘n liefdevolle en gehoorsame verhouding met HULLE het. Ons almal het gesondig en kom kort aan YAH se Heerlikheid omdat daar geen perfekte persoon is wat die oppervlak van hierdie aarde bewandel het behalwe vir YAHUSHUA ons MASHIACH. Selfs ‘n verkeerde gedagte is ‘n sonde. Die Ortodokse Jode glo nie dat die Messias reeds gekom het nie daarom het hulle geen bloed offer vir die versoening van hulle sondes nie. Hulle verwerp YAHUSHUA ons MASHIACH as die MESSIAS en die enig verwekte SEUN van ABBA YAHUVEH.

Hierdie Heilige tyd is nie net ‘n tyd van feesviering nie maar dit is ‘n tyd van groot vrees vir diegene wie nie weet of hulle naam ingeskryf is in die LAM Se Boek van Lewe nie. Ons wie ons OPGESTANE MESSIAS YAHUSHUA dien en aanbid weet daar is net EEN Intersessor voor ons SKEPPER YAHUVEH en net EEN weg na die Hemel deur YAHUSHUA ons MASHIACH se Naam en gestorte Bloed by Golgota. YAHUSHUA ons MASHIACH is ons bloed offer. Ons Messiaanse Jode het nie nodig om te ween en te weeklaag op Yom Kippur nie omdat ons ‘n bedekking het vir ons sondes, anders as diegene wie vir YAHUSHUA verwerp het. Ons moedig jou aan op hierdie Heilige tyd om nader te kom aan YAHUSHUA ons MASHIACH as wat jy ooit tevore was.

Dit is nie verpligtend vir jou om te vas met weeklaag gedurende Yom Kippur soos die Ortodokse Jode doen nie. As jy graag wil vas en gelei voel om te vas kan jy vas, maar jy sal nie vas in weeklaag soos die Ortodokse Jode doen nie, jy vas vir die redding van diegene wie verlore is, dat hulle vir YAHUSHUA HA MASHIACH sal leer ken, as jy ‘n versoek het wat jy wens om na YAHUSHUA HA MASHIACH te bring, kan jy dit oplig in gebed na HOM deur jou vas.

Onthou dat jy ook Nagmaal kan doen gedurende hierdie vas, ek weet dat tradisioneel eet of drink die Ortodokse Jode nie om die liggaam te straf, ons straf nie ons liggame as ons gelei is deur YAHUSHUA HA MASHIACH om te vas en julle gesondheid dit kan hanteer nie, jy vas om nader te kom aan YAHUSHUA, om in te tree vir diegene wie redding nodig het. Gebruik asseblief hierdie tyd om julle harte te deursoek en nader te kom aan YAHUSHUA HA MASHIACH. As jy teruggeval het en wens om terug te kom na YAHUSHUA HA MASHIACH toe, is dit nou jou tyd, vandag is die dag van redding, want more mag te laat wees.

Jesaja 53
1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die Arm van YAHUVEH geopenbaar?
2 HY tog het soos ‘n loot voor SY aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. HY het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons HOM sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons HOM sou begeer nie.
3 HY was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; HY was verag en ons het HOM nie geag nie.
4 Nogtans het HY óns krankhede op HOM geneem, en óns smarte—dié het HY gedra; maar óns het HOM gehou vir een wat geplaag, deur GOD geslaan en verdruk was.
5 Maar HY is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is HY verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op HOM, en deur SY wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar YAHUVEH het die ongeregtigheid van ons almal op HOM laat neerkom.
7 HY is mishandel, hoewel HY onderworpe was, en HY het SY Mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, HY het SY Mond nie oopgemaak nie.
8 Uit die druk en uit die strafgerig is HY weggeneem; en onder SY tydgenote—wie het daaroor gedink dat HY afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op HOM.
9 En hulle het HOM SY graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was HY in sy dood, omdat HY geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in SY Mond gewees het nie.
10 Maar dit het YAHUVEH behaag om HOM te verbrysel; HY het HOM krank gemaak; as SY Siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal HY ‘n nakroos sien; HY sal die dae verleng, en die welbehae van YAHUVEH sal deur SY Hand voorspoedig wees.
11 Weens die moeitevolle lyde van SY Siel sal HY dit sien en versadig word; deur SY kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en HY sal hulle skuld dra.
12 Daarom sal EK HOM ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal HY buit verdeel; omdat HY SY Siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl HY tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

Profesie 101 EK, YAHUVEH Sê, 'Julle Dade Praat Harder As Julle Woorde'

Hierdie is toe YAHUVEH begin spreek het.

So spreek EK, YAHUVEH, moenie wag om te bekeer van julle sondes nie, doen dit dadelik. Moenie 'n vorm van godsaligheid hê nie, maar hê Goddelikheid van binne. Laat elke gedagte gevange gehou word tot MY, YAHUVEH. Moenie sonde voor-af bedink nie, draai weg van boosheid, en moenie verskonings maak vir sonde nie. Hou op om die duiwel te blameer vir julle gedagtes en dade, want hy kan nie enige iets doen wat julle hom nie toelaat om te doen deur julle nie. Ek spreek hierdie woorde tot die van julle wat sê hulle behoort aan YAHUSHUA ha MASHIACH, wat sê hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat bid in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH en nogtans waarsku EK, YAHUVEH julle nou aan diegene wat hul liefde verklaar aan MY en MY Seun YAHUSHUA, EK ken julle harte en julle dade spreek harder as julle woorde!

Hou op om die RUACH ha KODESH te toets, hou op om MY Gees te bedroef. Hierdie wêreld staan nou by die rand van 'n afgrond, die afgrond is die Groot Verdrukking. Roep YAHUSHUA ha MASHIACH nou aan terwyl daar nog tyd is. Op Yom Kippur gedurende hierdie 10 dae van Ontsag onthou, EK hoor slegs die gebed van die nederige van hart. Moenie selfvoldaan wees in jou eie verlossing nie.

In tye van ouds het die kinders van Israel grootliks gesondig teen MY. Hulle het hul goud en silwer gevat wat EK vir hulle gegee het as 'n seën en 'n goue kalf gemaak om te aanbid en voor neer te buig, dit is geensins anders nou nie. Hierdie wêreld vat die goud en silwer en buig neer voor die rykes en aanbid hulle, maar EK wys vir julle terwyl EK hierdie wêreld skud asof jy springmielies gaarmaak op 'n stoof en diegene wat so opgepof is in hoogmoed wat gesê het hulle is god, hulle het geen ander god nodig nie, hulle smaad MY Heilige Woorde, hulle smaad MY Heilige Gebooie, hulle besmet alles wat Heilig is en soos oorgaar springmielies sal julle die stank ruik terwyl julle hul sien verskroei en brand.

Wee die bose, bose manne wat hulself pastore noem. Julle wat die naam kerk gevat het en die geestelik verhongerde mense gebruik om julle eie finansiële ryke te bou. Julle sal skroei en julle sal brand en julle finansiële ryke sal EK, YAHUVEH, afbreek met MY eie hand en julle sal ontbloot word vir die boosheid wat julle is. EK sal nie om verskoning vra vir Sodom en Gomorra nie, wee die wêreld wat volg in hulle voetspore! Julle is op die rand van 'n afgrond en net diegene wat waarlik 'n liefdevolle en gehoorsame verhouding het met MY, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH, sal gered word. Bekeer vandag want môre mag te laat wees.

Die planne wat die vyande het, in beide die regering en in satan se koninkryk is vir boosheid, om te steel, moor en te vernietig. Om uit te honger, om die einste lug te vergiftig wat julle inasem. Om te eksperimenteer met die water wat julle drink, waar allerhande soorte gifstowwe alreeds julle water besoedel. Die rykes wil die aarde ontvolk, om al die hulpbronne te spaar vir hulle, maar EK, YAHUVEH sê, EK sal die laaste woord hê. EK sal nie bespot word nie. EK sal diegene beskerm wat MYNE is en die vyande se eie wapens sal hulle verteer.

Dit is nou die tyd om op te staan en standpunt in te neem vir Heiligheid terwyl julle nog kan. Hou op skik met die duiwel en met die diensknegte van satan. Vrees om MY, YAHUVEH aanstoot te gee meer as om blote sterflike mense aanstoot te gee (Galasiërs 1:10).

Einde van Profetiese Woord.

Deut 31:8 - En dit is YAHUVEH self wat voor jou uit trek; HY sal met jou wees, HY sal jou nie begewe of verlaat nie. Jy mag nie bevrees of verskrik wees nie

Gegee deur Apostel Profeet Elisheva Eliyahu

Rosh ha Shanah 2 Oktober 2008 om 3 vm.

As jy meer wil weet oor Yom Kippur, klik asseblief op die skakel hieronder:




~ NUWE VIDEO ~
Profesie 106
EK YAHUVEH sê: "Maak Skoon jou Huis!"
4 Januarie 2009





Hierdie Profetiese Woord het na vore gekom terwyl ons vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA gebid het. Die hele Woord word nie geplaas nie want dit is persoonlik maar dit is deel van daardie Woord wat op baie ander van toepassing is en ons word deur YAH opdrag gegee om dit te plaas tot hulle voordeel. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit vir net een persoon nie maar vir baie.

Ons bid dat hierdie Profesie jou sal seën en baie na YAHUSHUA HA MASHIACHS liefdevolle arms sal roep. Beledigend vir baie en verligtend vir sommiges, mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën.




~ PROFESIE 140 ~
“Israelitiese Bruid Verrys Leef Heilig”






Gelukkige Verjaarsdag AMIGHTYWIND Bediening en Apostel Profeet Elisheva Eliyahu!





AmightyWind Ministry se 31ste Bestaans Herdenking en Gelukkige Verjaardag Elisheva Eliyahu
Deel 1




Deel 2



Deel 3




ABBA YAHUVEH het die feesviering verleng vir 30 Dae! Van 4 April, 2025 tot 4 Mei, 2025! LOOF ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die KOSBARE RUACH HA KODESH!

Hierdie is die HEILIGE DRIE EENHEID Se Bediening en ons gee HULLE EER en GLORIE vir sy 31ste jaar. HULLE is die HOOF van hierdie Gesalfde Heilige Bediening. Vir diegene van julle wat videos en groete wil stuur, julle kan hulle stuur vanaf 4 April 2025 tot 4 Mei 2025 soos YAHUVEH ons vertel het om fees te vier vir 30 dae.

4de April 2025, vir 31 jaar het hierdie bediening net sterker en sterker gegroei, verder en verder vertak met nuwe Profesieë, leringe en openbaringe om die 4 hoeke van die wêreld te bereik vir YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH ha KODESH se Lof Eer en Glorie!

Ons is opgewonde terwyl ons die tyd neem om YAHUVEH GOD, YAHUSHUA HA MASHIACH en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) te dank vir alles wat HULLE gedoen het. Die ontelbare siele wat na vore gekom het, die bemoediging, die liefde en julle gebede. Dankie aan die hele Bruid en Gaste van YAHUSHUA ons MASHIACH wat hierdie Bediening beskou as ‘n seen.

Nie alleen is dit AMIGHTYWIND Bediening se herdenking op die 4de April nie, dit is ook Apostel Profeet Elisheva Eliyahu se verjaardag! Gelukkige Gelukkige Gelukkige Geseënde Verjaardag Geliefde Momma Elisheva van al jou geestelike kinders regoor die wêreld!!!

Ons vier hierdie dag, die geboorte van ‘n Bediening en die geboorte van Apostel Profeet Elisheva Eliyahu. Opgerig deur YAH Se Hand alleen, wat uitreik na die einde van die aarde Gesalf om die Goeie Nuus van die Evangelie te verkondig, baie te lei in YAHUSHUA HA MASHIACH Se Liefdevolle Arms in.

Hoewel onder vuur, floreer dit Hoewel vervolg, groei toenemend Laat ons juig en sê, “HalleluYAH! Amightywind Bediening is 31 jaar oud hierdie dag!”

Juig saam met ons hierdie dag alle julle mense, want ons GOD YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en die Kosbare RUACH HA KODESH het die oorwinning gewen!





~ SplinterNuwe PROFESIE 154 ~
“Waarskuwing! Totalitêre Diktatorskap Bewys”


Gelukkige Geseënde Gesalfde Hanukkah Geliefde Amightywind Gemeente!


Loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH, en die Kosbare RUACH HA KODESH vir hierdie Feestelike tyd van Wonderwerke, seëninge en oorwinnings en vir die konsepsie van ons geliefde MESSIAS en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH!!

Ons Loof die HEILIGE DRIE EENHEID, want nou is ons instaat om vandag aan te kondig dat Profesie 154 nou aanlyn is en vrygestel is vir julle om te lees en daarna te luister. Daar is krag in die gesproke woord en dit is die salwing van die RUACH HA KODESH wat alle jukke en bindings breek. Wees asseblief geseën terwyl julle luister daarna en die SLINTERNUWE PROFESIE 154 lees wat gespreek en ontvang is op hierdie datum drie jaar gelede op die 7de Desember 2020 ‘n paar dae voor Hanukkah, en nou vrygestel is op dieselfde datum 3 jaar later 7de Desember 2023 op die dag wat die eerste nag van Hanukkah begin. HALLELUYAH!! Ons kon nie hierdie profesie vrystel totdat ABBA YAHUVEH vir ons gesê het dit was tyd, en nou is daardie tyd.

Ons bid julle Hanukkah is ‘n geseënde een en dat julle sal ag slaan op al ABBA YAHUVEH Se waarskuwings in hierdie Profesie, immers, om vooraf gewaarsku te wees is om voorbewapen te wees vir so ‘n tyd soos hierdie. Vertrou op ons Geseënde HOOP en REDDER YAHUSHUA HA MASHIACH en onthou solank as wat julle alles gehoorsaam wat YAHUVEH ons beveel het en ons geleer het deur SY HEILIGE Woorde in die Bybel en in hierdie Eind Tyd Profesieë, het julle nie nodig om te vrees nie. Onthou om Psalm 91 toe te eien en te bid altyd vir beskerming, om te wandel en te leef in heiligheid en geregtigheid, en watter wonderwerke julle ookal nodig het, bid ons dat ABBA YAHUVEH hulle sal gee volgens SY wil in die Hemel. Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle almal seën.

Met Baie Liefde en Shalom in YAHUSHUA HA MASHIACH, beledig sommige en seën baie, Apostel Profeet Elisheva Eliyahu.

Kliek hieronder om die Profesie te lees




Die Profesie - Geen Speletjies Meer Nie! YAHUVEH is Kwaad!
2 April, 2023


Julle sal sien hieronder is ‘n nuwe Pasga Profesie wat my geliefde dogter Grace ontvang het vir die mense. Sy was/en is nog steeds besig om gementor te word direk onder my en leer/het alles geleer wat YAHUSHUA HA MASHIACH my geleer het en is deel van hierdie leierskap. ‘n Verduideliking is ook hieronder oor wat gebeur het voordat sy die Profesie ontvang het. Ek kry ‘n volle getuienis dat hierdie Profesie direk van die Hemel is en ‘n Boodskap wat nodig is vir die mense en die gemeente om te hoor en te lees.

Ek weet dat my geliefde dogter senuweeagtig is met hierdie wat geplaas word op ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH en MAMMA IMMAYAH Se webwerf, maar sy vrees PAPPA YAH meer as om te luister na haar vlees en senuwees, terwyl ek haar herinner dat dit die Salwing is wat die jukke en onderdrukking breek en dat dit die Hemel behaag wanneer ons gehoorsaam is.

As ‘n Profeet, is dit ons werk om seker te maak dat die waarskuwings wat ABBA YAHUVEH ons gee, aangegee word na die mense, want HY gebruik ons om die mense te waarsku voor die tyd. Dit is wat ek geroep is om te doen en wat sy geroep is om te doen. Ons is net die Boodskappers, so moenie die Boodskapper stenig nie maar neem dit eerder op met YAHUSHUA HA MASHIACH.

Hierdie is net die begin van baie wat gaan kom vir die Lof Eer en Glorie van ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE KOSBARE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Daar sal ook baie wees wat nie hierdie Profesie van die Hemel gaan aanvaar nie en wie se vlees beledig sal wees daardeur en sal heel moontlik iets te sê het daaroor, maar daardie is tussen jou en ABBA YAH en ‘n prys wat ons moet betaal vir die Salwing en om gebruik te word as YAH se mondstuk om SY woorde en SY waarhede voort te spreek. Dit sal jou of beledig, of jou aankla, jou lei na SY liefdevolle arms waar jy YAHUSHUA HA MASHIACH kan ontvang en bekeer van jou sondes vir ‘n nuwe begin.

Ek wil dit ook baie duidelik maak dat in hierdie Profesie, praat ABBA YAHUVEH nie oor die mense wat nie kan gaan sonder suurdeeg as gevolg van hulle omstandighede nie en waar hulle bly. ABBA YAHUVEH praat oor die mense wat suurdeeg kan verwyder uit hulle huise en wie kan gaan sonder om suurdeeg te eet, maar steeds kies om te wil skik met die wêreld, en wat meer gemaklik en gerieflik is vir hulle.

Julle is wie ABBA YAHUVEH van praat in hierdie Profesie en ek wil hê jy moet regtig luister na hierdie woorde, want HY is klaar met speletjies speel. HY vertel ons om hierdie feeste te hou vir ‘n rede. As jy nie nou tot HOM onderwerp nie, wat laat jou dink dat jy in staat sal wees om dit te doen in die eind tye wanneer die bose mense van hierdie wêreld jou forseer om te kies wie jy wil dien?

Dis tyd om baie ernstig te raak met jou geloof as jy dit nog nie gedoen het nie. As jy vind dat jy ‘n gebrek het aan die wil om te bid, om Heilig te leef, om die HEILIGE DRIE EENHEID te gehoorsaam en sukkel met twyfel, dan spandeer jy nie genoeg tyd met YAHUSHUA HA MASHIACH nie. As jy jouself bevind dat jy die wêreld en die wêreld standaarde en opinies meer vrees as wat jy ABBA YAHUVEH vrees, skik met die wêreld, dan spandeer jy nie genoeg tyd met YAHUSHUA HA MASHIACH nie.

Moet nie passief raak met jou verhouding met YAHUSHUA HA MASHIACH nie. Moet nie “gemaklik” bly in jou geloof nie. As jy konstant gemaklik is in jou verhouding met YAHUSHUA HA MASHIACH dan behoort jy te weet iets is verkeerd. Waarom vra jy? Want as jy altyd gemaklik voel en vry van enige beproewinge, verdrukkinge en toetsing, dan beteken dit dat satan jou nie sien as ‘n bedreiging nie en sien geen rede om jou selfs aan te val op enige manier nie.

Ons word elke dag getoets en beproef soos ons aanhou om altyd nader te groei aan YAHUSHUA HA MASHIACH en om altyd SY wil te soek en wat HY vir ons in die vooruitsig het.

YAHUSHUA HA MASHIACH sal terugkom vir SY bruid, maar SY bruid is ‘n gehoorsame bruid wie wag en uitkyk vir SY terugkoms. Want ons almal bid om waardig geag te word om ‘n bruid te wees van YAHUSHUA HA MASHIACH en waardig te wees om HOM te ontmoet in die lug wanneer HY terugkom.

Dit maak die hart van die HEILIGE DRIE EENHEID kwaad en bedroef wanneer mense maniere vind om te skik met sonde en met die wêreld en opsetlik ongehoorsaam is en sonde vooraf bedink. Moet nie ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH en die KOSBARE RUACH HA KODESH Se liefde en genade as vanselfsprekend neem nie. Hou op trap op YAHUSHUA HA MASHIACH Se bloed deur doelbewus te sondig en sonde vooraf te bedink. Ons moet Heilig wees want HY is HEILIG.

Asseblief wees geseënd deur hierdie Profesie en ek loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH die KOSBARE RUACH HA KODESH deur te spreek deur hierdie geliefde dogter van my, en glo my, dit sal nie die laaste keer wees nie. Soos ek gesê het, hierdie is die begin van baie om te kom vir YAHUSHUA HA MSHIACH SE GLORIE Alleen. HY wil jou aandag en gehoorsaamheid hê. Gehoorsaamheid is beter as offer.

Die standard vir die bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is baie hoog. Ons weet almal dat hierdie wêreld net erger en meer boos word met elke komende dag, maar jy hou vas aan YAHUSHUA HA MASHIACH, jy hou styf vas aan jou geloof en staan ferm en onwankelbaar op SY Heilige Woord die Bybel en op SY Heilige Profesieë wat voort gespreek word. Om vooraf gewaarsku te wees is om voorgewapen te wees vir so ‘n tyd soos hierdie.

Ons hardloop en hou vas aan U YAHUSHUA HA MASHIACH en ek Loof U vir hierdie woord voortgespreek deur my geliefde dogter, om U kinders wakker te maak wie steeds in geestelike sluimer is of wie getempteer word om te skik en om ons te herinner hoe belangrik hierdie Heilige Dae en Heilige Feeste is vir U en hoe dit U Eer wanneer ons hulle hou. Loof U ABBA YAHUVEH YAHUSHUA HA MASHIACH EN MAMMA IMMAYAH!

In die naam, bloed en liefde van YAHUSHUA HA MASHIACH,
Apostel, Profeet en Mamma vir baie, Elisheva Eliyahu.


Net ‘n kort verduideliking oor hoe hierdie woord ontstaan het

Die aand voor dit (1 April 2023) het ek die hele nag deur gespandeer deur te bedien aan ‘n paar geliefde susters in YAHUSHUA HA MASHIACH wat bemoediging en leiding nodig gehad het. Teen die tyd toe ek klaar was was dit 6vm en ek was gereed vir die bed.

Ek het bly hoor wat geklink het soos ‘n baie harde hartklop geluid in my ore. Ek het gedink dat miskien was ek net moeg of onder stress en gedink my hart klop vinnig en baie hard daarom het ek dit geignoreer en het probeer om aan die slaap te raak toe die geluid verdwyn het. Terwyl ek aan die slaap raak het ek dit weer so hard gehoor en regop gesit en my hand op my borskas geplaas en besef die geluid van hierdie baie harde hartklop wat klop in my ore was verskillend van die manier waarop my eie hart en pols klop.

Ek het besef dat hierdie nie my eie hartklop was wat ek hoor nie maar dat ek hierdie hoor in die gees. Toe ek besef dat ek so hard en duidelik gehoor het, “EK IS wit van woede en MY hart grief!” het ek gedink dat miskien was daar iets wat ek gedoen of gesê het wat YAH kwaad maak. Ek het begin bid en ABBA YAHUVEH gevra of daar enige iets was wat ek verkeerd gedoen het om HOM so kwaad te maak? Toe was daar vrede en stilte, ‘n stilte en die geklop het opgehou. Nadat ek gebid het het ek geweet ek het nodig om rus te kry, so ek het bed toe gegaan.

Toe ek wakker geword het en reggemaak het vir die dag, het ek dit weer begin hoor en hoor hoe ABBA YAH sê hoe kwaad HY is. Ek kon nie verstaan waarom nie en het aanhou bid terwyl ek op pad was na die kombuis om iets te kry om te eet. Dit was toe dat ek ‘n groot swarigheid in die Gees gevoel het en ek het geweet ek moet bid. Ek het geweet ‘n Woord was besig om voort te kom en vir Mom vertel dat ek kon hoor daar was ‘n Woord wat voortkom. Ek het begin bid in tale en hierdie Woord het voortgekom op die 2de April 2023.

Ek bid dat jy sal weet dat YAHUSHUA HA MASHIACH wil hê ons moet ‘n verhouding hê met HOM. Dis nie oor godsdiens of rituele nie, dis oor ‘n verhouding en om in staat te wees om ten volle ons harte oor te gee aan HOM. Ons kan nie bly sê, “Hier is my hart YAHUSHUA HA MASHIACH,” en dan reik in SY hande om dit terug te vat nie.

Ek verstaan baie goed dat hierdie Profesie sommige mag beledig en ander seën. Soos Momma Elisheva gesê het, daardie is die prys wat ons moet betaal vir die Salwing, maar dit is niks in vergelyking met wat YAHUSHUA HA MASHIACH moes deurgaan toe HY SY lewe gegee het vir ons gedurende hierdie Heilige tyd nie. Ek is geseënd en absoluut nederig dat ABBA YAHUVEH selfs sou kies om deur my te spreek vir SY Glorie en Eer alleen.

Mag YAHUSHUA HA MASHIACH julle seën terwyl ons saam die Fees van Ongesuurde Brood vier om die Hemel te Eer. In YAHUSHUA HA MASHIACH Se naam en liefde, Grace.


Die Profesie - Geen Speletjies Meer Nie! YAHUVEH is Kwaad!
2 April, 2023

Grace bid in Heilige Tale, huilende.

O EK IS KWAAD! EK IS WIT VAN WOEDE! MY hart is bedroef vir mense – julle wat julself MYNE noem, proberend om verskonings te maak om nie MY Heilige Feeste hoef te hou nie!

EK IS WIT VAN WOEDE! Hoe rou MY hart vir hierdie generasie! En jy MY dogter het MY toorn gevoel heeldag, my griewe.

Julle mense wat MY feeste gehou het vir jare, HOE DURF JULLE MY VRA OF DIT REG IS AS JULLE SUURDEEG EET!

JULLE MENSE WAT VERSKONINGS MAAK OM NIE HEILIGE FEESTE TE HOU NIE, HOE DURF JULLE!

AS JULLE DIE WÊRELD SO VURIG VERLANG, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

AS JULLE WEIER OM MY YAHUVEH TE GEHOORSAAM, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

JULLE WAT DIE WÊRELD MEER VREES AS VIR MY YAHUVEH, JULLE IS NIE MY BRUID NIE! WANT MY BRUID KEN MY STEM! HULLE GEHOORSAAM DIE HEMEL!

AS JULLE WEIER OM TE WANDEL IN GEHOORSAAMHEID, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

AS JULLE NIE MY HEILGE FEESTE HOU NIE, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

AS JULLE NIE WEGDRAAI VAN SONDE NIE, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

AS JULLE WEIER OM TE ONDERWERP AAN MY YAHUVEH EN DIE DUIWEL TE WEERSTAAN, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

EK HET GENOEG GEHAD! DIE TYD TEL-AF! EK SPEEL NIE MEER HIERDIE SPELETJIE MET JULLE NIE WANT MY SEUN IS SPOEDIG OM TE KOM! EN NET MY BRUID EN MY KINDERS, HULLE HOOR MY STEM TERWYL HULLE KOM! WANT MY HART IS SEER! DIT IS SEER! DAT JULLE SO SELFSUGTIG SOU WEES WANNEER EK, EK MY ENIGSTE SEUN GESTUUR HET, MY ENIG VERWEKTE SEUN VIR JULLE SONDES EN JULLE DURF VRA OF DIT REG IS AS EK NET SUURDEEG EET MAAR STEEDS DIE PASGA HOU? WATTER SOORT VRAAG IS DIT?! DIT IS NIE MEER DIE FEES VAN ONGESUURDE BROOD NIE WANT JY HET GEKIES OM SUURDEEG TE EET!

WEG! WEG! WEG! WEG! JULLE WERKERS VAN DIE DUIWEL WANT EK HET JULLE NOOIT GEKEN NIE!

AS JULLE NET HIER IS OM MY TYD TE MORS, DAN WEG MET JULLE!

MOET MY YAHUVEH NIE VERTOORN NIE! AS JULLE KIES OM NIE HIERDIE HEILIGE FEESTE TE GEHOORSAAM NIE, SAL JULLE MY ALLEEN TROTSEER WANT HIERDIE IS SO ‘N HEILGE TYD! EN TOG, AL WAARAAN JULLE DINK IS JULSELF!

SKAAM JULLE! SKAAM JULLE! SKAAM JULLE!

AS JULLE HIERDIE WÊRELD VURIG VERLANG, GAAN! MOENIE TERUGKOM NIE!

JULLE MENSE WAT SÊ JULLE IS LIEF VIR YAHUVEH, MAAR NIE GEHOORSAAM NIE, JULLE IS NIE MYNE NIE!

JULLE WAT SOU TRAP OP DIE BLOED VAN MY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH, JULLE IS NIE MY BRUID NIE!

DIE VAN JULLE WAT SONDE VOORAF BEDINK, JULLE IS NIE MY BRUID NIE!

AS JULLE WEIER OM ONTSLAE TE RAAK VAN JULLE SONDE EN WEG TE DRAAI VAN BOOSHEID, IS JULLE NIE MY BRUID NIE!

MOENIE MY TYD MORS NIE! MOENIE MY BEDIENAARS SE TYD MORS NIE WANT DAAR IS ANDER SIELE WAT BEDIENING NODIGER HET! KIES VANDAG WATTER GOD JULLE SAL DIEN!

HIERDIE IS GEEN TYD VIR SPELETJIES NIE! EK IS KLAAR MET SPELETJIES SPEEL! EN JULLE DINK EK SIEN NIE, JULLE DINK EK HOOR NIE, JULLE DINK EK SIEN NIE DIE VOORNEMENS IN JULLE HART NIE.

EK WAARSKU JULLE MENSE WEEREENS, DIE HEILIGE GEES, DIE KOSBARE RUACH HA KODESH, JULLE GELIEFDE IMMAYAH, SAL NIE BLY IN ‘N ONHEILIGE WERKTUIG NIE!

KIES VANDAG WATTER GOD JULLE SAL DIEN!

AS DIT DIE WÊRELD IS, PAK DAN JULLE TASSE EN GAAN! MAAR AS JULLE DIE HEMEL KIES BEKEER DAN VAN JULLE SONDES EN DRAAI WEG VAN HULLE EN SONDIG NIE MEER NIE! (1 Petrus 1:16)

Geen speletjies meer nie! Geen speletjies meer nie! Want so ‘n Heilige Tyd kom! En julle onthou wat julle REDDER gedoen het vir julle! Julle onthou wat EK YAHUVEH gedoen het vir julle!

Die van julle wat ‘n eksodus wil hê, as julle jul eksodus wil hê, moet julle eers oorgee. Julle moet julle alles oorgee aan YAHUVEH! EK wil nie half-harte hê nie! EK het genoeg half-harte gehad! (Mat. 12:25)

Sien julle die kranksinnigheid rondom hierdie wêreld! Julle ouers wat jong kinders het, dit is julle verantwoordelikheid om julle kinders te leer terwyl hulle jonk is! Dit is julle verantwoordelikheid om julle kinders te leer van heiligheid, van hierdie Heilige Feeste! Want die begin van Wysheid is die Vrees vir YAHUVEH! (Spreuke 9:10) Moenie julle vrees vir GOD verloor nie!

EK roep uit na MY Bruid, KOM! KOM! Versamel julself bymekaar ! KOM! Net soos daar ‘n groot vloed was van boosheid, kom MY Bruid, want EK sal ‘n standaard oprig daarteen! (Is. 59:19) Maar nie meer sal EK halfhartige mense ontvang nie!

Gee oor! Gee oor! MY skape ken MY stem! En EK sê, kom! Kom! Kom in julle Ark van veiligheid in! Want die vloed van goddeloosheid gaan net erger word. Kom! Kom! Kom in MY arms in! Kom in julle Ark van veiligheid in! (Ps. 132:8) En daardie ondankbare klompie van julle wat ondankbaar is vir wat EK vir julle voorsien het, julle pasop! Moenie dink dat julle donasies alleen julle gaan red nie! Dit is jou hart wat EK wil hê! EK wil jou hart hê! Nie jou geld nie! Julle kan nie sê, “YAHUSHUA ek het U lief” en tog steeds vashou en klou aan die wêreld nie! Gee oor! Gee oor! Gee alles oor! Vandag is julle dag van redding! Môre mag te laat wees!

Einde van Woord

Halleluyah! Dank U! Dank U! Dank U ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH en MAMMA IMMAYAH! Ek’s so jammer dat U harte bedroef is! Mag U heilge kinders, U ware kinders, U Bruid alles oorgee aan U! Amen! Amen!

Skrifgedeeltes:

1 Petrus 1:16
“Omdat daar geskryf is: Wees heilig, want EK is heilig

Mattheus 12:25
“Maar YAHUSHUA het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

Spreuke 9:10
Die beginsel van die WYSHEID is die vrees van YAHUVEH, en kennis van die Afgesonderde is verstand“

Jesaja 59:19
“En hulle sal die Naam van YAHUVEH vrees van die westekant af, en SY grootheid van die opgang van die son af; Wanneer die vyand kom soos ‘n vloed, sal die Gees van YAHUVEH ‘n standaard oprig teen hom.“

Psalm 132:8
“Staan op na U rusplek, YAHUVEH, U en die ark van U sterkte!”




'n Magtige Stormwind wat die Wêreld Oorweldig, en wat Lewens al meer as 27 jaar lank raak




Secrets of the Holy Spirit
(Geheime van die Heilige Gees, boek)

Die 2016, 2de uitgawe van die Engelse boek word nou uitgestuur vir mense, en die nuwe uitgawe van 2017, van die Engelse boek, sal binnekort vrygestel word.

Die Afrikaanse waargawe is tans besig om vertaal te word.

Leer die Heilige Name van YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH HA KODESH, en hoe die antichris die Naam "Jesus" sal gebruik in die Groot Verdrukking. Leer meer van GOD, YAHUVEH se waarskuwings, omtrent die Merk van die Dier, in die komende Groot Verdrukking. YAHUVEH het ons vertel om die Profesieë in boek formaat te kry, en in die mense se hande, omdat daar 'n tyd sal kom wanneer die vryheid van die internet weggeneem sal word. Hierdie boeke is daar vir mense wat in die Groot Verdrukking sal wees.


Neem, Vertrou, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Take, Trust, Elijah, Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)


Dit is die Woorde wat engele op 'n kragboks in Suid Afrika gespuitverf het, en die Heilige Gees het my na daardie kragboks gelei, en so het ek AmightyWind ontdek. En ook Apostel & Profeet Elisheva Eliyahu ontmoet. Kliek die skakel hierbo en lees meer.





YAH Se Kleintjies - Julle Hoef Nie Te Vrees Nie - Aangesig tot Aangesig met Elisheva Eliyah







Profesie 150 - 2 Januarie 2020

PAPPA YAH EL SHADDAI SE DEURSKYNENDE MANTEL VAN BESKERMING TEEN DIE BOSE VERWORPENES!



Die man wat my in gebed bedek tydens gebeds oorlogvoering, is my Broer in YAHUSHUA. Hy is my manlike Beste Vriend, 'n lid van hierdie Bediening vir 14 jaar. Hy staan tydelik in, totdat 'n ander Gesalfde Heilige Broer na vore kom. Die nuwe gesalfde Goliat verslaner sal 'n Broer en 'n Seun verhouding wees nie.




Profesie 152 - Luister en wees vry van die demoon van Vrees.


Luister en wees vry van die demoon van vrees! Profesie 52, ontvang op 2 Nov 2001, weer gespreek op 20 Maart 2020. YAH praat weer onder 'n sterker salwing wat vrymaak en jou geloof weer opbou. Glo! Ontvang! Lees alle Profesieë wat jou geloof opbou! Hierdie Bediening is gebou op geloof, nie vrees nie! Ons geloof in YAHUSHUA ha MASHIACH word nou getoets!

Wanneer jy met vrees aangeval word, neem dit saggies in gebed. YAHUSHUA verstaan, moet net nie vrees hardop uitspreek nie! Herinner satan "YAH, YAHUSHUA ha MASHIACH, RUACH ha KODESH HEILIGE GEES het nie vir my 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en 'n gesonde verstand". Weg van my satan in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam en Bloed, bestraf ek jou! Gaan nou weg van my af!

Kliek op die audio banier wanneer vrees en paniek jou aanval! Lees Psalm 91, glo & memoriseer dit!







Psalm 91 GEHOORSAAM & wees GELOOFS WATER LOPERS - AANGESIG TOT AANGESIG GESPREK - Apostel Elisheva Eliyahu







Profesie 151 - YAHUSHUA Sê, EK is die MESSIAS! MOENIE VREES NIE! VERTROU MY!







Psalms 91


(1) Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
(2) Ek sal tot YAHUVEH sê: My toevlug en my bergvesting, my GOD op wie ek vertrou.
(3) Want HY is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
(4) HY sal jou dek met SY vlerke, en onder SY vleuels sal jy skuil; SY trou is ‘n skild en pantser.
(5) Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
(6) vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
(7) Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
(8) Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
(9) Want U, YAHUVEH, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
(10) Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
(11) want HY sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
(12) Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
(13) Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
(14) Omdat hy MY liefhet, sê GOD, daarom sal EK hom red; EK sal hom beskerm, omdat hy MY Naam ken.
(15) Hy sal MY aanroep, en EK sal hom verhoor; in die nood sal EK by hom wees; EK sal hom uitred en eer aan hom gee.
(16) Met lengte van dae sal EK hom versadig, en EK sal hom MY heil laat sien.







91 תְּהִלִּים


א יֹשֵׁב, בְּסֵתֶר עֶלְיוֹן; בְּצֵל שַׁדַּי, יִתְלוֹנָן.
ב אֹמַר--לַיהוָה, מַחְסִי וּמְצוּדָתִי; אֱלֹהַי, אֶבְטַח-בּוֹ.
ג כִּי הוּא יַצִּילְךָ, מִפַּח יָקוּשׁ; מִדֶּבֶר הַוּוֹת.
ד בְּאֶבְרָתוֹ, יָסֶךְ לָךְ--וְתַחַת-כְּנָפָיו תֶּחְסֶה; צִנָּה וְסֹחֵרָה אֲמִתּוֹ.
ה לֹא-תִירָא, מִפַּחַד לָיְלָה; מֵחֵץ, יָעוּף יוֹמָם.
ו מִדֶּבֶר, בָּאֹפֶל יַהֲלֹךְ; מִקֶּטֶב, יָשׁוּד צָהֳרָיִם.
ז יִפֹּל מִצִּדְּךָ, אֶלֶף--וּרְבָבָה מִימִינֶךָ: אֵלֶיךָ, לֹא יִגָּשׁ.
ח רַק, בְּעֵינֶיךָ תַבִּיט; וְשִׁלֻּמַת רְשָׁעִים תִּרְאֶה.
ט כִּי-אַתָּה יְהוָה מַחְסִי; עֶלְיוֹן, שַׂמְתָּ מְעוֹנֶךָ.
י לֹא-תְאֻנֶּה אֵלֶיךָ רָעָה; וְנֶגַע, לֹא-יִקְרַב בְּאָהֳלֶךָ.
יא כִּי מַלְאָכָיו, יְצַוֶּה-לָּךְ; לִשְׁמָרְךָ, בְּכָל-דְּרָכֶיךָ.
יב עַל-כַּפַּיִם יִשָּׂאוּנְךָ: פֶּן-תִּגֹּף בָּאֶבֶן רַגְלֶךָ.
יג עַל-שַׁחַל וָפֶתֶן, תִּדְרֹךְ; תִּרְמֹס כְּפִיר וְתַנִּין.
יד כִּי בִי חָשַׁק, וַאֲפַלְּטֵהוּ; אֲשַׂגְּבֵהוּ, כִּי-יָדַע שְׁמִי.
טו יִקְרָאֵנִי, וְאֶעֱנֵהוּ--עִמּוֹ-אָנֹכִי בְצָרָה; אֲחַלְּצֵהוּ, וַאֲכַבְּדֵהוּ.
טז אֹרֶךְ יָמִים, אַשְׂבִּיעֵהוּ; וְאַרְאֵהוּ, בִּישׁוּעָתִי.

En wie is jou REDDING? Daar is net EEN. HY is die WAARHEID, die WEG, en die LEWE.
SY Naam is REDDING, sy Naam is YAHUSHUA HA MASHIACH, en YAHUSHUA in Hebreeus beteken "YAH Red". Leer daardie Naam.

Shalom.






Ons bid dat ons 'n Getuienis soos Henog sal hê!
Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat YAHUVEH hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy YAHUVEH behaag het. Hebreërs 11:5