Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 24ste van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 9

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:


Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die negende dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die negende dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!

Dit is ons konstante gebed om behaaglik gevind te word vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en DIE RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES en om ‘n getuienis te hê soos Henog. Henog is lewendig opgeneem in die Hemel omdat hy behaaglik gevind was tot ABBA YAHUVEH.

Net soos Henog opgeneem is in die Hemel, bid ons om waardig geag te word om die bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH te wees terwyl ons wag vir SY terugkoms om SY bruid te neem. Mag HY ons gereed en gretig wagtend vind wanneer YAHUSHUA kom vir ’n gehoorsame bruid sonder vlek of kreukel.

Dag 9 Omer Lesing:

Week 2 /Kenmerk 2 - Strengheid/Dissipline (Gevurah) Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

‘n Uitdaging aan ‘n Toegeeflike Samelewing

Neh 13:23 – 31
23 In daardie dae het ek ook Yehudiem gesien wat Ashdodiese, Ammonitiese, Moávitiese vroue getrou het.

Neh 13:24 En van hulle kinders het die helfte Ashdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Yehudies praat nie.

Neh 13:25 Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by ELOHIEM besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

Neh 13:26 Het Shelomoh, die koning van Yiesraél, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie 'n koning gewees het soos hy nie en hy 'n liefling van sy Elohiem was, sodat Elohiem hom as koning aangestel het oor die hele Yiesraél, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.

Neh 13:27 Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen ELOHIEM deur vreemde vroue te trou?”

Neh 13:28 En een van die seuns van Yahuyada, die seun van die hoëpriester (cohen hagadol) Elyashiev, was 'n skoonseun van Sanballat, die Goroniet; daarom het ek hom van my af weggeja.

Neh 13:29 Dink aan hulle, my ELOHIEM, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap (cohanim) en met die Lewiete.

30 So het ek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters (cohanim) en die Lewiete vasgestel, vir elkeen in sy werk,

Neh 13:31ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my ELOHIEM, ten goede!

2 Kor. 6:14 – 17
14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die wetteloosheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? 2 Kor 6:15 En watter ooreenstemming het die Messias met Beliál, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

2 Kor 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van ELOHIEM met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende ELOHIEM, soos ELOHIEM gesê het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle ELOHIEM wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

2 Kor 6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, sê YAHWEH; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

2 Kor 6:18 en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, sê YAHWEH, die Almagtige.YAHUVEH-Tzva'ot."

Ons doen tans ‘n studie oor Ezra/Nehemiah en daar is so ‘n sterk ooreenkoms met dit wat YAHUVEH Vandag doen, om ons voor te berei om na die Land terug te keer en vir die Wederkoms van Messiah YAHUSHUA.

YAHUVEH roep ons uit Babilon en die Heidense gebruike uit wat SY Gemeentes binne gesypel het wat hulself by SY Naam noem en HY beveel ons om Uit Babilon te Kom en apart te wees! Ons moet terugkeer na SY Weë en bekeer (Teshuvah) van ons toegewings t.o.v. SY Torah

Openb 18:1–5
1 Na hierdie dinge het ek 'n ander boodskapper sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy voortreflikheid. Openb 18:2 En hy het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: “Geval, geval het die groot Bavel, en dit het geword 'n woonplek van demone en 'n versamelplek van allerlei onreine geeste en 'n versamelplek van allerlei onreine en haatlike voëls,

Openb 18:3 “omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. “

Openb 18:4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk!, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Openb 18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en ELOHIEM het haar ongeregtighede onthou

YAHUVEH roep SY mense uit Babilon uit, net soos HY gedoen het in Ezra en Nehemia se tyd. As ons daarop aandring om Babilon se weë te onderhou sal ons ook haar oordeel ontvang. As ons Uit Haar Uit Kom sal ons wandel in die geheime skuilplek van die Allerhoogste!

Psalm 91

Veiligheid in die Voortdurende Teenwoordigheid van ELOHIEM

1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. 2 Ek sal tot YAHWEH sê: My toevlug en my bergvesting, my ELOHIEM op Wie ek vertrou.

3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat beDays vlieg nie, 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie. 8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die afvallige sien.

9 Want U, YAHWEH, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 10 Geen rampspoed sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; 11 want Hy sal sy boodskappers aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. 12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. 13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

14 “Omdat hy My liefhet, sê ELOHIEM, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. 15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. 16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my verlossing (YAHSHUAH) laat sien.”

Profesieë wat gelees word gedurende die aftel van die Omer

Profesie 111
EK, YAHUSHUA MASHIACH, Vergun Julle ‘n HEILIGE Egskeidings Gebod, vir Hulle Wie dit Nodig Het.

Profesie 106
EK, YAHUVEH, Sê, “MAAK SKOON JOU HUIS”!!!