Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 23ste van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 8

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:


Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die agste dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!




Dit is ons konstante gebed om behaaglik gevind te word vir ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en DIE RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES en om ‘n getuienis te hê soos Henog. Henog is lewendig opgeneem in die Hemel omdat hy behaaglik gevind was tot ABBA YAHUVEH.

Net soos Henog opgeneem is in die Hemel, bid ons om waardig geag te word om die bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH te wees terwyl ons wag vir SY terugkoms om SY bruid te neem. Mag HY ons gereed en gretig wagtend vind wanneer YAHUSHUA kom vir ’n gehoorsame bruid sonder vlek of kreukel.

Dag 8 Omer Lesing:

WEEK 2 /KENMERK 2 - STRENGHEID/DISSIPLINE (GEVURAH) Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Levitikus 11:44-45
Want Ek is YAHWEH julle ELOHIEM; toon dan dat julle afgesonder is en wees afgesonder, want Ek is afgesonder; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. 45 Want Ek is YAHWEH wat julle uit Mietsrayiem laat optrek het om julle ELOHIEM te wees. So moet julle dan afgesonder wees, omdat Ek afgesonder is.

1 Pet. 1:13-16
Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die guns wat julle deel word by die openbaring van YAHUSHUAdie Messias.

14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. 15 Maar soos Hy wat julle geroep het, afgesonder is, moet julle ook in jul hele lewenswandel afgesonder word, 16 omdat daar geskryf is: Wees afgesonder, want Ek is afgesonder.

Is ons energiek besig om SY Weë na te volg, SY heiligheid? Wandel ons in die Dissipline en teregwysings van YAHUVEH deur gehoorsaam te wees en die vorige lewens weë te verlaat waarin ons gewandel het? Of hou ons stewig vas aan die tradisies van van mense teenoor die Weë van YAHUVEH GOD.

In Openbaring 2 & 3 roep YAHUSHUA SY Liggaam tot Bekering. Is sommige van hierdie teregwysings op ons van toepassing? Het ons ore om te hoor wat HY sê of het ons , ons harte verhard vir die waarheid van YAHUSHUA Ha Mashiach.

Lees asseblief die Hoofstukke van Openbaring 2 en 3.

Openbaring 2

Die liefdelose Kerk

1 Skryf aan die boodskapper van die gemeente in Efese:

Dit sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars: 2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy diegene op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; 3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. 4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. 5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. 6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.

7 “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat in die Paradys van ELOHIEM is.” Die Vervolgde Kerk

8 En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Smirna:

Dit sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en lewend geword het: 9 Ek ken jou verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Yehudiem is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die satan. 10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

11 “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.” Die Kerk wat Kompromie Aangaan

12 En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Pergamus:

‘Dit sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het: 13 Ek ken die plek waar jy woon, waar die troon van die satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae van Antipas, my getroue getuie, wat doodgemaak is by julle waar die satan woon. 14 Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bielám wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Yiesraél te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. 15 So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, op soortgelyke wyse. 16 Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.

17 “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op hierdie steen 'n nuwe naam geskryf wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.” Die Korrupte Kerk

18 En skryf aan die boodskapper van die gemeente in Thiatire:

‘Dit sê die Seun van ELOHIEM wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper: 19 ”Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof [b] en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste. 20 Maar Ek het dít teen jou; dat jy die vrou [d] Isebel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat [c] om te leer en my diensknegte te verlei [e] om te hoereer en afgodsoffers te eet. 21 En Ek het haar tyd gegee om haar te bekeer, [f] en sy wou haar nie van haar hoerery bekeer nie. 22 Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle [g] hul nie van haar werke bekeer nie. 23 En haar kinders sal Ek beslis doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens julle werke.

24 “En ek sê vir julle - [h] die res wat in Thiatire is - almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. 25 Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. 26 En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

27 ‘en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed [j] word hulle verbrysel,—

net soos Ek ook van my Vader ontvang het. 28 En Ek sal hom die môrester gee.

29 “Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê”. Hierdie selfde woorde praat Hy vandag deur Sy RUACH HA KODESH tot die Gelowige Gemeenskap. As ons kyk na hierdie Gemeenskappe wat YAHUSHUA liefhet, tog reggestel en gedissplineerd, sien ons onsself? Het ons ore om te hoor wat Hy sê?

Openbaring 3

Die Dooie kerk

3 “En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis:

‘Dít sê Hy wat die sewe Geeste van GOD en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood. 2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor GOD gevind nie. 3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. 4 Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is. 5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

6 “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” Die Getroue Kerk

7 “En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía:

Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: [c] 8 “Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, [d] want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. 9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. 10 Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. 12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my GOD maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my GOD skrywe en die naam van die stad van my GOD, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van My GOD neerdaal, en My nuwe Naam.

13 “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”’ Die Louwarm Kerk

14 “En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense:

‘Dít sê die Amen, die Getroue en Waaragtige Getuie, die Begin van die skepping van GOD: 15 “Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug. 17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. 19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. 21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op sy troon gaan sit het.

22 “Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”’”

Gedurende hierdie tyd, van die aftelling van die Omer tot by Shavuot , laat die RUACH HA KODESH toe om HAAR werk in jou lewe te doen. HY roep ons tot bekering! Let op dat HY met gelowiges praat in die volgende verse: Dit is tyd om huis skoon te maak. HY begin om die koring van die kaf te skei.

Mense roep uit na Herlewing. Wat hulle nodig het is om Herstel te word of om te Herstel terug na Sy Weë, die Torah en SY Waarheid SY SEUN wie Lewe gee.

Volgens “Websters Dictionary (the 1800 Version)” beteken herstel:

HERSTEL:. teruggekom; teruggebring; opgespoor; herwin; genees; hernu; her-vestig.

Die ware Herlewing waarna Die Kerk vra is besig om reg onder hulle neuse oor die Wêreld te gebeur maar hulle kan dit nie sien nie...Dit is ‘n terugkeer na SY Weë en Sy Waarheid, SY Tye en SY Vasgestelde tye, Sy Kringlope van Geregtigheid, Sy Torah deur SY Seun ons Messiah YAHUSHUA! Dit is ‘n terugkeer na ons Hebreeuse Erflating in Messiah!

Herstel-RESTORA'TION, n. [L. restauro.]

1. Die daad om iets terug te sit in ‘n vorige posisie.

2. Hernu; herlewing; hervestig;

3. Opspoor; hernuwing van gesondheid en welstand, soos die heerstel van ‘n siekte of kranksinnigheid.

4. Herstel van ‘n afwyking of enige slegte toestand , soos om ‘n mens te herstel van affaligheid.

5. In teologie, universele herstel, die uiteindelike herstel van alle mense van sonde en vervreemding van ELOHIEM, tot ‘n toestand van geluk, universele verlossing.

Openb. 14:12
Hier kom die lydsaamheid van die afgesonderdes te pas; hier is hulle wat die gebooie {Torah) van ELOHIEM en die geloof in YAHUSHUA bewaar.

Skryf neer wat die RUACH Ha KODESH Vir Jou Sê Vandag, Bekeer waar jy bekering nodig het en gehoorsaam wat Sy jou in Haar Woord beveel om te doen .

“Die Eerste Vrugte Van Sion”

“Die Torah is die handboek om die gelowige in die Messias in-te-oefen vir lewe- soveel so dat dit die fondament is waarop die leringe van die Brit Hadasha gebou is”