Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 22ste van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 7

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:


Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die sewende dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dag 7 Omer Lesing:


Week 2 /Kenmerk 2 - Strengheid/Dissipline (Gevurah) Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

YAHUVEH/GOD roep ons tot bekering en om Kadosh/Heilig- Apart gestelde Talmidim/Dissipels te word en om daders van die Woord te word en nie net Aanhoorders nie.

Hebreeus vir Dissipline H4148 מ סר mûsâr moo-sawr' Van H3256; Behoorlike tug; figuurlike teregwysing, waarskuwing of instruksie; ook in bedwang hou: - binding, kastyding ([-eth]), straf, ondersoek, korrigeer, dissipline, leerstelling, onderrig, bestraf.

Job 36:10
dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.

2 Timotheus 3:16
Die hele Skrif is deur ELOHIEM ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2 Timotheus 3:17
sodat die mens van ELOHIEM volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”



Na watter Skrif het Paulus hier verwys? Dit was die Tenakh (Torah, Skrifte en die Profete ). Die Nuwe Testament of Brit HaDasah/hernude Verbond is gebaseer op die Torah beginsels.

Alles wat die dissipels onderrig het was gebaseer op YAHUSHUA en SY Torah.

Hoe meer jy die Torah bestudeer hoe meer sal jy sien dat die Brit Chadasha jou leer om in die RUACH van die Torah te wandel in YAHUSHUA. Ons moet leef volgens SY standaarde, nie die standaarde van die wêreld nie. Ons moet Bybels-Korrekte lewens lei, nie Polities-Korrekte lewens nie.

Torah beteken- YAHUVEH GOD se Leerstellings en Instruksies oor hoe ons moet leef as SY apart gestelde mense in Messiah.

HY roep ons om geestelike invanterie te maak van ons lewens. Leef ons ‘n lewe wat HOM behaag? Dit is maklik om mense te flous deur die uiterlike, maar HY sien ons harte. Dit is ons harte wat HY wil hê, ons HELE HART moet aan HOM behoort.

Mense regoor die wêreld is besig om die skoonheid van SY Torah te ontdek en om te bekeer/Teshuvah van hul Babiloniese/ Heidense weë en om waarlik in die voetspore van YAHUSHUA te wandel. HY het gewandel in volkome gehoorsaamheid aan die Torah en het dit duidelik gemaak dat HY nie gestuur was om die Wette van YAHUVEH weg te maak nie.

Mattheus 5:17-20
“Moenie dink dat Ek gekom het om die Torah of die Profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want amein Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een letterdeel van die Torah ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie”

“Elkeen dus wat een van die minste van hierdie mitzvot breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemel; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemel. 20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Perushiem nie, julle nooit in die Koninkryk van die Hemel sal ingaan nie.”

HY Roep SY Bruid om te kom na die Mikveh en om gereed te maak vir die Bruilof! Hierdie week sal ons praat oor dissipline en bekering en die Mikveh proses.

Hebrieërs 12:6 – 14


WANT YAHUVEH TUGTIG HOM WAT HY LIEFHET, EN HY KASTY ELKE SEUN WAT HY AANNEEM

Hebrieërs 12: 7
“As julle die tugtiging verdra, behandel Elohiem julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. “

Hebrieërs 12:9
“Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?”

Hebrieërs 12:10
“Want hulle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy afgesonderdheid kan deelagtig word.”

Hebrieërs 12:11
“Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. “

Hebrieërs 12:12
“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; 13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. 14 Jaag die vrede na met almal, en die afgesonderdheid waarsonder niemand die Meester sal sien nie”

Gebed:

Psalm 51:7-13

“Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. 8 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die beendere juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

Skep vir my 'n rein hart, O ELOHIEM, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Afgesonderde Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u verlossing, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. “

Deuteronomium 28 Seëninge vir Gehoorsaamheid

“As jy dan goed luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIEM om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou Vandag beveel, dan sal YAHUVEH jou ELOHIEM jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. 2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIEM.

3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. 5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou baksktotel. 6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang. 7 YAHUVEH sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

8 YAHUVEH sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat YAHUVEH jou ELOHIEM jou sal gee.

9 YAHUVEH sal jou vir Hom as afgesonderde volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van YAHUVEH jou ELOHIEM hou en in sy weë wandel. 10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van YAHUVEH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees. 11 En YAHUVEH sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat YAHUVEH aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee. 12 YAHUVEH sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. 13 En YAHUVEH sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van YAHUVEH jou ELOHIEM wat ek jou Vandag beveel om te hou en te doen, 14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle Vandag beveel, om agter ander magtiges aan te loop om hulle te dien nie.

15 Maar as jy nie luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIEM, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou Vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. 16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld.

17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou baksktotel. 18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang.

20 YAHUVEH sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy vernietig is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het. 21 YAHUVEH sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 22 YAHUVEH sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom. 23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees. 24 YAHUVEH sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy vernietig is.

25 YAHUVEH sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug - en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word. 26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak. 27 YAHUVEH sal jou swaar tref met swere van Mietsrayiem en met aambeie en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie. 28 YAHUVEH sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring, 29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal voortdurend net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.

30 Jy sal jou met 'n vrou verloof, maar 'n ander man sal haar verkrag; 'n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; 'n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie. 31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is. 32 Jou seuns en jou dogters word aan 'n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat daar mag in jou hand is. 33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal 'n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal voortdurend net verdruk en hard behandel word. 34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. 35 YAHUVEH sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene - waarvan jy nie gesond kan word nie - van jou voetsool tot jou skedel.

36 YAHUVEH sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander magtiges, hout en klip, dien. 37 En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen YAHUVEH jou sal wegvoer.

38 Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit afeet. 39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn drink of wegbêre nie; want die wurm sal dit opeet. 40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval. 41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan. 42 Al jou bome en die vrugte van jou land sal die sprinkaan in besit neem.

43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak. 44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.

45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy vernietig is, omdat jy nie geluister het na die stem van YAHUVEH jou ELOHIEM om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie; 46 en hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

47 Omdat jy YAHUVEH jou ELOHIEM nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, 48 sal jy jou vyand wat YAHUVEH teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou vernietig het. 49 YAHUVEH sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos 'n arend vlieg - 'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie, 50 'n nasie hard van aangesig, wat 'n grysaard nie ontsien en vir 'n seun geen goedgunstigheid het nie. 51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy vernietig is; wat vir jou geen koring, mos of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat YAHUVEH jou Elohiem jou gegee het. 53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat YAHUVEH jou Elohiem jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak. 54 Die vertroetelde en baie verwende man by jou - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk; 55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie. 56 Die vertroetelde en verwende vrou by jou wat van verwendheid en weekheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie - haar oog sal die man wat sy liefhet en haar seun en haar dogter skeef aankyk, 57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete uitgaan, en haar kinders wat sy sal verwek; want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak.

58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie Torah hou wat in hierdie boekrol geskryf is, om hierdie roemryke en gedugte Naam, YAHUVEH jou ELOHIEM, te vrees nie, 59 dan sal YAHUVEH oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; 60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Mietsrayiem waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. 61 Ook allerlei siektes en allerlei plae wat in die boekrol van hierdie Torah nie geskryf is nie, dit sal YAHUVEH teen jou laat opkom totdat jy vernietig is. 62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in getal, omdat jy nie geluister het na die stem van YAHUVEH jou ELOHIEM nie. 63 En soos YAHUVEH oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal YAHUVEH oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te vernietig; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

64 En YAHUVEH Sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander magtiges, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. 65 En onder daardie nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar YAHUVEH sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.

66 En jou lewe sal voor jou aan 'n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. 67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! - vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

68 En YAHUVEH sal jou op skepe na Mietsrayiem terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.”