Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 20ste van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 5

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:


Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die vyfde dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dag 5 Omer Lesing:


Week 1 Kenmerk 1 - Liefde/Ahava En Goedertierenheid/Chesed/Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

1 Kor. 13:1-14
Al sou ek die tale van mense en boodskappers praat, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.

2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. 11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê

12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

1 Kor.13:13
En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

13:1-14:1a Hierdie gedig wat enkel kan staan en tog perfek pas by die konteks, is die groot “liefdes hoofstuk”, die “groot geloof hoofstuk”, en die groot “opwekkings hoofstuk” Liefde is die uitnemendste weg van alles (12:31) omdat dit die hele Torah vervul” (Ro 13:8-10, Ga 5:14; sien ook Mt 22:34-40, Jakobus 2:8).

Die woord vir liefde in Grieks is "agapeÆ," beskryf in die Nuwe Testament (in gedeeltes soos hierdie hoofstuk, Johannes 3:16, 17:23-26 en 1 Johannes 2:5 tot 4:21) as om te gee van jouself en uit jouself; liefde word uitgebeeld in dade van welwillendheid, goedertierenheid, barmhartigheid waardeur die hart, verstand en wil vereinig word omdat hulle gemotifeer en gemagtig word deur ELOHIEM.

Sulke liefde oorskry dit wat deur die mens self voortgebring kan word omdat die oorsprong daarvan in ELOHIEM is. Wanneer sulke liefde ervaar word van een persoon tot ‘n ander, word die ervaring van die liefde van YAH gekanaliseer deur die ander. Sommige Christen verklaarders beklemtoon die unieke en meerderwaardigheid van agapeÆ bo-kant die van ahavah ("liefde") en chesed ("liefdevolle-goedertierenheid") van die Tanakh. Maar dit is sekerlik ‘n vals onderskeid, want die liefde van ELOHIEM is tans nie anders as wat dit voorheen was nie, en dit is ook nie meer bekombaar nou as voorheen nie.

Om sodoende Nuwe Testamentiese godsdiens as meer romanties aan te bied, gebaseer op blote gevoel. Die Nuwe testamentiese openbaringe van agapeÆ maak dit eerder duidelik wat die natuur is van die einste ahavah (liefde in Hebreeus) en chesed waarvan die Tanakh praat [3].

YAHUVEH/ die almagtige GOD is dieselfde Gister, Vandag en vir Ewig! YAHUSHUA is SY Liefdes geskenk aan die wêreld. Joh 3:16

“Want so lief het ELOHIEM die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”

Johannes 15:8-9
8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.

Johannes 15:10
“Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.”

Johannes 15:11
“As julle My gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly. “

Johannes 15:12
“Dit het Ek vir julle gesê, dat MY blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.”

Johannes 15:13
“Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Kan ons as gelowiges in Messiah YAHUSHUA, ons Meester, enigsins minder liefde betoon aan mekaar?

Johannes 17
YAHUSHUA Bid vir Homself:

1 Dit het YAHUSHUA gepraat, en Hy het Sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verhoog u Seun, sodat U Seun U ook kan verhoog - 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die een, waaragtige ELOHIEM, en YAHUSHUA die Messias wat U gestuur het. 4 Ek het U groot gemaak op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek vervul. 5 En nou, Vader, verhoog My by Uself met die grootheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

YAHUSHUA bid vir SY disippels:

6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. 8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 10 En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verhoog. 11 En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Afgesonderde Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons. 12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die vernietiging, sodat die Skrif vervul sou word. 13 Maar nou kom Ek na U toe; en Ek sê hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê. 14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. 16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. 17 Sonder hulle af in u waarheid; u woord is die waarheid. 18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. 19 En Ek sonder Myself af vir hulle, sodat hulle ook in waarheid afgesonder kan wees.

20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo - 21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22En Ek het hulle die grootheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my grootheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. 24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my grootheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. 25 Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. 26 En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.

1 Korinthiërs 13
Die Grootste Gawe

Al sou ek die tale van mense en engele praat, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. 10 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê 12 Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

13 En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.