Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 4de dag van die Hebreeuse Maand Sivan
Dag 48

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 48ste dag, wat 6 weke en ses dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 48 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het 7 weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

Ons Eindig waar Ons Begin Het

Die Einde van Die Aftelling van Die Omer tot by Shavuot.

Die aftel van die Omer eindig by Shavuot, dit is ‘n tyd vir blydskap en danksegging vir SY Torah en Die RUACH HA KODESH.

Johannes 13:16-17


16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster (Raadgewer, Helper, Intersessor, Advokaat, Versterker en Bystaander) gee, dat SY by julle bly tot in ewigheid:

17 die Gees van die Waarheid Wie die wêreld nie kan ontvang nie (verwelkom, in sy hart ontvang), omdat dit HAAR nie sien en HAAR nie ken nie; maar julle ken HAAR, omdat SY by julle bly en in julle sal wees.

Nadat die Kinders van Israel Egipte verlaat het, het 49 dae verby gegaan voordat hulle die Tien Gebooie ontvang het by Sinai Berg. Tradisie vertel dat elkeen van hierdie dae nodig was vir die Kinders van Israel om hulself te reinig en waardig te wees vir hierdie Gawe. Elke dag het hulle mekaar ondersoek en berispe oor hulle innerlike karakter en waardes. Daar was 49 in totaal.

Hierdie 49 eienskappe was saamgestel deur sewe basiese kenmerke. Elkeen van die sewe het die res van die sewe bevat, en dus bestaan uit nege-en-veertig.

Joodse bronne leer ons dat die siel van die mens hierdie sewe basiese kenmerke insluit:

* Liefde /Barmhartigheid (Chessed)

* Krag/Dissipline (Gevurah)

* Skoonheid /Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet)

* Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach) * Nederigheid/Toewyding (Hod)

* Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod)

* Majesteit/Eerbaarheid (Malchut)

Hierdie 7 waardes is ‘n perfekte beeld van YAHUSHUA ons Messias en dit is SY begeerte dat ons verander word na SY beeld deur die Krag van die RUACH HA KODESH. Hopelik was hierdie sewe weke ‘n tyd vir jou waartydens jy meer geestelike vrug gegroei het in jou lewe en die werk van die vlees meer en meer afgesterf het sodat HY verheerlik kan word in die Lewe wat HY

Aan ons gegee het.

HOE GROEI JOU VRUGTE?

Galasiërs 5:22-26


22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

23 Teen sulke dinge is die Torah nie.

24 Maar die wat aan die Messias YAHUSHUA behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede doodgemaak. 25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

2 Petrus 1:1-11


1 Shiemón Kefa, 'n dienskneg en apostel van YAHUSHUA die Messias, aan: Die wat net so 'n kosbare geloof as ons ontvang het deur die geregtigheid van ons ELOHIM en Verlosser, YAHUSHUA die Messias:

2 Mag guns en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van ELOHIM en YAHUSHUA, ons Meester!

3 Immers, sy magtige krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en toewyding dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy grootheid en deug,

4 waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die natuur van ELOHIM, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

5 En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

6 en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die toewyding,

7 en by die toewyding die liefde vir die broers, en by die liefde vir die broers die naasteliefde.

8 Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van ons Meester, YAHUSHUA die Messias nie;

9 want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.

10 Daarom, broers, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

11 Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van ons Meester en Verlosser, YAHUSHUA die Messias.

1 Korintieërs 13:4-8


4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik (arrogant en opgeblase met trots) nie, soek nie sy eie belang (ongemanierd) nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie. Liefde ( GOD se liefde in ons) bestaan nie in sy eie reg of in sy eie manier nie, want dit is nie selfsoekend; dit is nie liggeraak of knorrig of gegrief nie; dit hou geen rekening van die bose wat gedoen is nie [dit gee geen aandag aan ‘n verkeerde een wat ly nie].

6 Is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7 Die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles [sonder verswakking].

8 Die liefde vergaan nimmermeer [raak nooit vaag nie of word nooit uitgedien nie of kom tot ‘n einde nie]; Maar profesieë [die gawe van interpretering van die Goddelike wil en doel), dit sal vervul word en hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan [dit sal sy waarde verloor en deur die waarheid vervang word].

Mag HY ons Tot Oorlopens toe Vul Hierdie Shavuot met die Vrug Van SY Gees van Liefde, Blydskap en Shalom!

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 11
Staan Op, Praat, Sê Aan Die Duiwel Om Stil Te Bly In My Naam!


Profesie 136
Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!