Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 3de dag van die Hebreeuse Maand Sivan
Dag 47

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 47ste dag, wat 6 weke en vyf dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 47 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

Bring Die Gerwe In (Omer Lied)

Saai in die môre, saai die saad van barmhartigheid, Saai in die middag en in die skemer dou; Wagtend op die oestyd, en die tyd van dors, Ons sal kom met blyskap, bring die gerwe in.

Koor:
Bring die gerwe in, bring die gerwe in, Ons sal kom met blydskap, bring die gerwe in;
Bring die gerwe in, bring die gerwe in, Ons sal kom met blydskap, bring die gerwe in.

Saaiend in die sonskyn, saai in skaduwees, Vrees nie wolke of winter se ysige bries; Net nou sal die oestyd, en die werk voleindig, Ons sal kom met blydskap, bring die gerwe in.

Terwyl ons saai in trane, saai vir die Meester, Al het verlies geseëvier ons geeste was in rou; As ons droefheid oor is, gaan HY ons welkom heet, Ons sal kom met blydskap, bring die gerwe in.

Ons kom nader aan Shavuot, wat die meeste tel, is nie wanneer ons begin het om die Omer na Pasga te tel nie, (want hierdie argument is alreeds aan die gang vanaf die dae van YAHUSHUA) maar wandel ons in die Liefde van Messias teenoor mekaar. Die mens kyk na die uiterlike maar YAHUVEH/GOD kyk na ons harte.

Gaan ons feesvier tydens die Fees van Shavuot en HOM dank vir SY Torah, Vir YAHUSHUA en vir RUACH HA KODESH wat HY ons gegee het? Of gaan ons toelaat dat die vyand ons blydskap steel deur krities en selfregverdigend te wees teenoor ander.

Het ons gedurende hierdie 49 dae van aftelling van die Omer/Gerwe, onsself leeggemaak van die “self” sodat ons gevul kan word met HOM?

Watter soort vrug sal ons voortbring? Bitter of Soet?

Bitter Vrugte:
Galasieërs 5:17-21


17 Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die Torah nie.

19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;

20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;

21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die Koninkryk van ELOHIM nie sal beërwe nie!

Soet Vrugte:
Galasieërs 5:22-26


22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

23 Teen sulke dinge is die Torah nie.

24 Maar die wat aan die Messias YAHUSHUA behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede doodgemaak.

25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Die Megilat wat gelees moet word vir Shavuot is Die Boek van Rut

Hier het ons ‘n verhaal van onselfsugtige liefde, toewyding aan familie, toewyding aan die GOD van Israel en ‘n vrou wat Israel laat omkeer het tot die GOD van Israel, vrou, weduwee, geliefde, skoondogter, vriendin wat ‘n groot, groot ouma geword het van Lieflike Koning Dawid homself, en wat genoem word in die geslagsregister van YAHUSHUA.

Die storie van Rut speel af tydens die fees van Shavuot. Sy was nie van die saad van Abraham nie, maar van die nasies, ‘n Moabiet, maar vandag word sy beskou as net so deel van Israel, en ‘n Jood, as enige een wie van nature een is.

Is dit nie ‘n pragtige voorstelling van die Wilde Olyf Tak wat in geënt word op die Olyf Boom nie? Boaz was van die saad van Abraham ‘Die Natuurlike Tak’ en Rut die “Wilde Olyf Tak” uit die nasies, toe hulle trou het hulle een geword. (‘n voorstelling van die 2-stokke wat Een Stok word In SY Hand-Romeine 11) en vanuit daardie eenheid het Koning Dawid gekom...Koning YAHUSHUA.

Rut 1:16-17


16 Maar Rut sê: “Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u ELOHIM is my ELOHIM.

17 Waar u sterf, sal ek sterf en daar begrawe word! Mag YAHUVEH so aan my doen en so daaraan toedoen - net die dood sal skeiding maak tussen my en u.”

Haar liefde was onvoorwaardelik in elke opsig en sy het heeltemal geïdentifiseer met die GOD van Israel en SY volk. Dit is nou Soet Geestelike Vrug!

Boaz is ook ‘n man wat wou handel volgens die Torah, deur met Rut te trou, deur haar Naasverwante Verlosser te word, ‘n tipe van Messiah ons Verlosser.

Rut 4:8-15,22


8 Daarom het die losser vir Boáz gesê: “Koop dit vir jou”; en hy het sy skoen uitgetrek.

9 Toe sê; Boáz aan die oudstes en al die mense: “Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kielyon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop.

10 En ook Rut, die Moávitiese, die vrou van Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies.”

11 Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: “Ons is getuies; mag YAHUVEH die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Leáh wat saam die huis van Yiesraél gebou het; en verwerf mag in Efrata en maak 'n naam in Betlegem!

12 En mag jou huis word soos die huis van Perets wat Tamar vir Yehudah verwek het - uit die nageslag wat YAHUVEH jou uit hierdie jong vrou sal gee!”

13 So het Boáz Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en YAHUVEH het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun verwek.

14 Toe sê die vroue vir Naómi: “Geseënd is YAHUVEH wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag SY naam in Yiesraél geroem word!

15 Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom verwek, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.

Boaz was die vader van Oved,

22 en Oved van Yieshai, en Yieshai van Dawied.

Mattheus 1:5-6,16


5 en Salmon die vader van Boáz (sy moeder was Ragav), en Boáz die vader van Oved (sy moeder was Rut), en Oved die vader van Yieshai,

6 en Yieshai die vader van Dawied die koning, Van Koning David Tot Messias YAHUSHUA

16 en Yaákov die vader van Yosef, die man van MierYam uit wie gebore is YAHUSHUA wat die Messias genoem word.

Dit is ‘n pragtige Liefdesverhaal, maar die mooiste Liefdes Verhaal van almal is díé een tussen YAHUSHUA en SY Bruid. Mag ons ‘n hart soos Rut hê (vroue) en regverdige dade soos Boaz (mans) Sodat ons kinders kan terugkyk op ons lewens en sê “Hulle was werklik manne en vroue van YAH en dit was as gevolg van hulle voorbeeld dat ek vandag YAHUSHUA dien.”

ONS SAL KOM MET BLYDSKAP EN ONS BRING DIE GERWE IN!

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 76
Geliefde Bruid Van Yahushua, Staan Op En Maak Julleself Gereed, Julle Bruidegom Is Op Pad!


Profesie 101
Ek, YAHUVEH Sê, "Julle Dade Praat Harder As Julle Woorde"