Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 2de dag van die Hebreeuse Maand Sivan
Dag 46

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 46ste dag, wat 6 weke en vier dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 46 Omer Leesstuk:


Dag 46
Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

“EK glo met algehele geloof dat daar ‘n opstanding van die dooies sal wees, wanneer die Skepper wil, geseënd is SY Naam en verhewe SY gedagtens vir altyd en ewig.”

Hebreërs 11:17 Deur die geloof het Avraham, toe hy op die proef gestel is, Yietsgak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,

Heb 11:18 aan wie gesê; is: “In Yietsgak sal jou nageslag genoem word” - want hy het gereken dat ELOHIM mag het om selfs uit die dode op te wek;

Heb 11:19 daaruit het hy hom ook, deur so te praat, terug ontvang.

YAHUSHUA het ons ‘n voorsmaak gegee van die Opstanding deurdat HY Lasarus opgewek het uit die dood!

Johannes 11 23:YAHUSHUA *sê vir haar: “Jou broer sal opstaan.”

Joh 11:24 Marta *antwoord Hom: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.”

Joh 11:25 YAHUSHUA sê vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterf;

Joh 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterf tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”

Joh 11:39 YAHUSHUA *sê;: “Neem die steen weg.” Marta, die suster van die oorledene, *sê vir Hom: “YAHUSHUA, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.”

Joh 11:40 YAHUSHUA *sê vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die grootheid van YAHUVEH sien nie?”

Joh 11:41 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê En YAHUSHUA het sy oë opgerig en gesê, “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;

Joh 11:42 “en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.“

Joh 11:43 En nadat Hy dit gesê het, het Hy met 'n groot stem geroep: “Elázar, kom uit!“

Joh 11:44 En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai met 'n doek. YAHUSHUA *sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”

Joh 11:45 En baie van die Yehudiem wat na MierYam gekom het en aanskouers was van die dinge wat YAHUSHUA gedoen het, het in Hom geglo.

Hebreërs 11:35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om 'n beter opstanding te kan ontvang.

1 Thessalonians 4 Maar, broers, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

1Th 4:14 Want as ons glo dat YAHUSHUA gesterf en opgestaan het, dan sal Elohiem ook so die wat in YAHUSHUA ontslaap het, saam met Hom bring.

1Th 4:15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Meester, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Meester, die ontslapenes hoegenaamd nie sal voor wees nie.

1Th 4:16 Want die Meester self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van Elohiem; en die wat in die Messias gesterf het, sal eerste opstaan.

1Th 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Meester tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Meester wees.

1Th 4:18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Ons geloof is gebaseer op die Opstanding van ons Messias YAHUSHUA en die Beloofde Messias, en het die Hel, Dood en die Graf vir ONS oorwin!

1 Korintieërs 15 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word!

1Ko 15:52 in 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

1Ko 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

1Ko 15:54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die Tanakh wat geskryf is: “Die dood is verslind in die oorwinning.

1Ko 15:55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”

Bid ook dat, indien jy dood is in jou geloof, dat HY jou vuur sal opwek (Terug Bring Na Die Lewe) gedurende hierdie Shavuot! Bid dat…..

• HY jou ‘n Opgewekte Begeerte sal gee om SY Woord te Deel met Ander.

• HY jou Eerste Liefde sal Opwek

• HY jou vuur sal Opwek

• HY jou liefde vir die broeders sal Opwek

• Hy jou begeerte sal Opwek om by geesgenoot gelowiges te wees

• HY jou begeerte om HOM te dien sal Opwek

• HY jou begeerte om die broeders te dien sal Opwek

• HY jou begeerte sal Opwek om die verlorenes na HOM te sien kom

• HY jou dienskneg gesindheid sal Opwek

• HY die gees van nederigheid in jou sal Opwek

• HY die vuur wat jy in jou gehad het toe jy HOM eerste leer ken het sal Opwek

• HY die krag van SY opstanding binne jou sal Opwek

• HY jou dapperheid sal Opwek

• HY jou gees, siel en liggaam sal Opwek sodat dit eer aan HOM sal bring

• HY ‘n LIEFDE vir SY Torah/Woord sal Opwek

• HY jou vreesloosheid sal Opwek

• Hy die liefde vir YAHUVEH in jou LEWE sal Opwek

• HY jou toegewydheid sal Opwek om HOM te dien , ongeag die omstandighede

• HY jou liefde vir Israel en die Joodse mense sal Opwek

• HY JOU SAL HELP OM ‘N OPSTANDINGSLEWE TE LEI IN HOM

“Ek glo met algehele geloof in die opstanding van die dooies en dat hulle wat in Messias gesterf het, eendag ‘n verheerlikte liggaam sal hê en dat ons vir altyd by YAHUSHUA sal wees. Ek glo met algehele geloof die woorde van my Meester YAHUSHUA toe HY gesê het: “EK is die opstanding en die lewe; hy wat in MY glo sal leef al het hy ook gesterf, en almal wat leef en in MY glo sal nooit sterf nie.”

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 76
Geliefde Bruid Van Yahushua, Staan Op En Maak Julleself Gereed, Julle Bruidegom Is Op Pad!


Profesie 80
Bruid Van Yahushua, Bid Dat Ek, Yahuveh, Julle Vyande Na Die Parskuip Van My Woede Sal Stuur


Profesie 83
Ek, Yahuveh, Se "Maak Gereed! Die Einde Is Naby"


Profesie 87
Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat Ek, Yahuveh, Wil Sê!