Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 1ste dag van die Hebreeuse Maand Sivan
Dag 45

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 45ste dag, wat 6 weke en drie dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 45 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

“Ek glo met algehele geloof in die Wederkoms van die Messias, en al talm HY, maak dit nie saak nie ek wag vir sy koms elke dag.”

Handelinge 1:11 wat sê: “Ghaliliese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie YAHUSHUA wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”

Ons Bruidegom YAHUSHUA Sal Terug kom vir SY Bruid!

Ons Bruidegom het vir ons ‘n Huweliks kontrak gegee wat die “Torah” genoem word. YAHUSHUA het gekom en daardie Huweliks kontrak hernu as die Bruidegom omdat Israel die verbond en kontrak verbreek het, GOD het nooit die verbond verbreek nie, Israel het deur haar ontrouheid. Maar deur SY Genade en Barmhartigheid het HY die verbond hernu met Israel deur die Bloed van Messias.

Die “Christen Kerk” het nie en sal ook nooit vir Israel vervang nie. Inteendeel is hulle deur Messias ge-ent OP die Olyf Boom van Israel. Dit is deur Messias dat ons ge-ent was op die Olyf Boom van Israel. Dit is ook deur Messias YAHUSHUA dat Judah en Efraim herstel word en EEN STOK SAL WORD IN SY HAND (Esegiël 37).

GOD se verbonde is alleenlik met Israel, en as jy in Messias is, dan is jy ook deel van die verbonde van Israel. Dit is alleenlik deur Messias YAHUSHUA dat die HELE Israel herstel kan word-Judah, Efraim- wat ook die Nasies insluit wat ook in ge-ent is.

Romeine 11-Lees die HELE Romeine 10, 11 & 12, sowel as Effesiërs 5:25-27

‘n Joodse Bruid gaan deur ‘n Mikveh ter voorbereiding vir haar Troudag

Effesiërs 5:25-27


25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos die Messias ook die Messiaanse Gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het

26 om dit af te sonder, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord

27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, voortreflik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit afgesonder en sonder gebrek sou wees.

Esegiël 16:8-9


8 “’En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond aangegaan, sê; die Meester YAHUVEH, en jy het myne geword.

9 Daarna het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf.

Ons is die Bruid van Messias en ons het ook nodig om deur die Mikveh te gaan ter voorbereiding van die Huweliks Dag wanneer ons verenig sal word met ons Messias YAHUSHUA onder die Chupah.

SY Woord Mikveh ons en was ons skoon. SY bloed maak ons huweliks gewaad so wit soos sneeu.

As SY bruid moet ons angstig wag op die terugkeer van ons Bruidegom. Is ons wyse of dwase maagde, is ons lampe gevul met olie of is hulle leeg. Kyk ons uit vir SY wederkoms of is ons verlei deur ander verlokkers, hulle wat ons probeer weglok van ons WARE Bruidegom en Sy Torah/Huweliks Kontrak wat verseël is deur met SY Bloed?

Matthew 25:1-13


1 “Dan sal die koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2 “En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3 “En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5 “En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. 6 “En middernag was daar 'n geroep: Kyk, die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!’

7 “Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8 “En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.’

9 “Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.’

10 “En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. 11 “Later kom toe die ander maagde ook en sê Meneer, meneer, maak vir ons oop!’

12 “Maar hy antwoord en sê: Amein ek sê; vir julle, ek ken julle nie.’

13 “Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

“Ek glo met algehele geloof in die wederkoms van YAHUSHUA HA MASHIACH, ons Bruidegom na die aarde, en al mag HY talm, maak dit nie saak nie, ek wag vir SY terugkeer elke dag.”

Is ons gereed vir die Huweliks Dag? Verlang ons na Sy terugkoms? Glo ons met algehele geloof dat HY sal terugkom net soos HY belowe het HY sou doen?

Baruch Haba B’Shem YAHUVEH – Geseënd Is HY Wie Kom In Die Naam Van YAHUVEH, JA KOM YAHUSHUA KOM GOU! ONS VERLANG DAARNA OM U GESIG TE SIEN EN TE WEES SAAM MET

U VIR EWIG.

Openbaring 19:4-9


4 En die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval en ELOHIM aanbid wat op die troon sit, en gesê: “Amein, HalleluYah!”

5 En 'n stem het uit die troon uitgegaan en gesê: Prys ons ELOHIM, al sy diensknegte, en julle wat Hom vrees, klein en groot!”

6 En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: “HalleluYah! want YAHUVEH ons ELOHIM, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.

7 “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom en SY vrou het haar gereed gemaak.”

8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die afgesonderdes.

9 Toe sê; hy vir my: “Skryf: ‘Geseënd is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: “Dit is die waaragtige woorde van ELOHIM.”

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 76
Geliefde Bruid Van Yahushua, Staan Op En Maak Julleself Gereed, Julle Bruidegom Is Op Pad!


Profesie 80
Bruid Van Yahushua, Bid Dat Ek, Yahuveh, Julle Vyande Na Die Parskuip Van My Woede Sal Stuur


Profesie 83
Ek, Yahuveh, Se "Maak Gereed! Die Einde Is Naby"


Profesie 87
Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat Ek, Yahuveh, Wil Sê!


Profesie 92
Wees Vrolik, Ek Yahushua Ha Mashiach, Is Die Enigste Goeie Herder En Ek Slaan Die Wolwe Weg!


Profesie 102
“Yahushua Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"


Profesie 103
Ek, Yahuveh, Oordeel Julle Volgens Julle Vrugte!


Profesie 146
YAHUSHUA Ons Wag Vir U Om Ons Te Kom Wegraap!