Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 29ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 44

Vandag is die 44ste dag, wat 6 weke en twee dae van die Omer is.

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Today is the 44th day, which is 6 weeks and two days of the Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 44 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

“Ek glo met algehele geloof dat die Skepper, geseënd is HY, hulle wat SY mitzvot onderhou, beloon met die goeie, maar hulle wat dit oortree straf HY.”

2 Tessalonisense 1:4 - 12


4 Sodat ons self in die gemeentes van YAHUVEH oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur –

5 'n Teken van die regverdige oordeel van ELOHIM, dat julle die Koninkryk van ELOHIM waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;

6 Aangesien dit reg is by ELOHIM om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergeld,

7 En aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Meester YAHUSHUA uit die hemel met sy magtige boodskappers

8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat ELOHIM nie ken nie en op die wat aan die goeie nuus van ons Meester YAHUSHUA nie gehoorsaam is nie.

9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige vernietiging, weg van die aangesig van die Meester en van die grootheid van Sy sterkte,

10 wanneer Hy kom om lof toegebring te word in Sy afgesonderdes en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat ons ELOHIM julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle behae in wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,

12 sodat die Naam van ons Meester, YAHUSHUA die Messias in julle lof toegebring kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die guns van ons ELOHIM en die Meester, YAHUSHUA die Messias.

Selfs al lyk dit dit by tye of die bose besig is om te wen, sal ons regverdige Koning op die ou end diegene oordeel wat SY Woord verwerp het en wat SY volk Israel vervolg het.

HY het ons nooit belowe dat ons nie sal ly of verdrukking sal hê nie, of dat ons gewild sal wees nie maar HY het ons belowe dat die bose op die ou end hul Regter uiteindelik sal aanskou. GOD is die EEN wat ons vyande sal straf, hulle sal die ewigheid in die Hel sien (ek weet dit is nie meer gewild om dit te leer nie, maar dit is die waarheid) en ons sal ‘n ewigheid deurbring en regeer en heers saam met Messias.

Openbaring 2:11


Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die Messiaanse gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Openbaring 20:6 - 15


Geseënd en afgesonder is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van ELOHIM en van die Messias wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

14 En die Dood en die Doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood, die poel van vuur.

Openbaring 21:8


Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Dit is nie die wil van GOD of SY welbehae dat enige mens vergaan nie. HY smeek die mens daagliks deur Die Woord en SY RUACH HA KODESH om te bekeer/Teshuvah en terug te keer na HOM. Tog sal daar baie wees wat ‘n ewigheid weg van HOM sal wees, wat nie nodig sou gewees het nie as hulle net bekeer en die knie vir HOM gebuig het.

Ons moet aanhoudend die waarheid preek van SY Woord aan wie HY ookal op ons pad stuur, dat Vandag die dag van redding is want môre kan dalk nooit kom nie.

Laat ons ywerig bid vir hulle wat nie Messias YAHUSHUA ken nie, veral ons geliefdes, en dat hulle dieselfde Shalom, Genade en Barmhartigheid sal vind wat ons gevind het in Messias.

YAHUSHUA Die Messias het ook geleer dat daar ‘n beloning is vir die getroues en straf vir die ongelowiges. Lees Matteus 5

Openb 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor die troon sien staan, en die boekrolle is geopen; en 'n ander boekrol, die boekrol van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle werke.

Openb 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die Doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

Openb 20:14 En die dood en die Doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood, die poel van vuur.

Openb 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boekrol van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Openbaring 11:18 - 19


18 “En die nasies was vertoornd, en U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die afgesonderdes en aan die wat U Naam vrees, klein en groot, en om die vernietigers van die aarde te vernietig”

Openb 20:19 En die tempel van ELOHIM wat in die hemel was, is oopgemaak, en Sy verbondsark is in Sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

“Ek glo met algehele geloof dat almal voor die Oordeels troon van Messias sal staan, beide die vernames en die geringes en hulle wat HOM liefhet sal beloon word en hulle wat HOM en SY Woord haat sal gestraf word.

Psalm 1:1 - 6


1 Geseënd is die man wat nie wandel in die raad van die afvallige en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie!

2 maar sy behae is in die Torah van YAHUVEH, en hy oordink Sy Torah dag en nag.

3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

4 So is die afvallige mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.

5 Daarom sal die afvallige nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

6 Want YAHUVEH ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die afvallige sal vergaan.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 9
Preek Dit, Onderrig Dit, Beweeg Ander Om Dit Te Glo!


Profesie 44
Staan Op Wagters Op Die Mure!