Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 28ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 43

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 43ste dag, wat 6 weke en een dag van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 43 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

“EK glo met algehele geloof dat YAHUVEH die Skepper is, geseënd is SY Naam, HY ken al die dade van die mense en al hulle gedagtes, soos daar gesê word: “HY wat die hart van hulle almal formeer, is HY wat let op al hul werke”

Psalm 139:1-24


1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawied. YAHUVEH, U deurgrond en ken my.

2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë; goed bekend.

4 Want daar is nog geen woord op my tong nie - of U, YAHUVEH, U ken dit geheel en al.

5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê; U hand op my.

6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

7 Waar sou ek heengaan van U Gees en waarheen vlug van U aangesig?

8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9 Neem ek die vleuels van die daglig, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

10 Ook daar sou U hand my lei en U regterhand my vashou.

11 En as ek sê, “Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,”

12 Dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

14 Ek loof U, omdat ek so ontsaglik wonderbaar [geskape] is; Wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed.

15 My beendere was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in U boekrol is hulle almal opgeskryf: Dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17 Hoe kosbaar is dan vir my U gedagtes, o EL! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

19 o ELOHA, as U tog maar die afvallige wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20 Hulle wat arglistig teen U praat, U Naam ydellik verhef - U teëstanders!

21 YAHUVEH, sou ek hulle nie haat wat vir U haat, en 'n weersin hê in die wat teen U opstaan nie?

22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!

23 Deurgrond my, o EL, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

“Ek glo met algehele geloof dat ek so ontsaglik wonderbaar [geskape] is. Dat my Skepper YAHUVEH die Een was wat my geweef het in my moeder se skoot en gawes binne my geplaas het sodat ek HOM sal dien en ‘n seën sal wees vir ander. Hy ken elke hartseer en elke pyn en elke haar op my hoof is getel. Daar is nêrens waar ek heen kan gaan waar HY nie is nie en ek weet met ‘n vaste vertoue dat YAHUSHUA saam met my sal wees selfs tot aan die einde van die eeu.”

Matteus 28:18-20


18 En YAHUSHUA het nader gekom en met hulle gepraat en gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die VADER EN DIE SEUN EN DIE AFGESONDERDE GEES; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”

YAHUVEH het ‘n plan en doel vir elkeen van ons. Terwyl ons Shavuot nader, wees voorbreid om ‘n vars salwing van HOM te ontvang sodat jy vorentoe kan gaan en doen wat HY jou geroep het om te doen; om dissipels te maak van alle nasies.

Lees Psalm 119: 169-176

Psalm 119:169 O YAHUVEH, laat my smeking nader kom voor U aangesig; maak my verstandig ooreenkomstig U woord.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 102
“Yahushua Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"


Profesie 108
Ek, Yahuveh Sal Binnekort Die Gees Van Vernietiging Op Die Aarde Loslaat!


Profesie 123
Verwoesting Gaan Kom! Verwoesting Is Hier!


Profesie 146
YAHUSHUA Ons Wag Vir U Om Ons Te Kom Wegraap!