Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 27ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 42

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 42ste dag, wat 6 weke van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 42 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA YAHUSHUA bevestig dat die Torah nie vernietig sal word nie. “Die Torah is uniek omdat dit‘n verbond is, ‘n Nasionale instelling, en ‘n huweliks ooreenkoms. Maar dit is ook uniek oor die manier waarop YAHUSHUA daarmee verwant was. Alhoewel dit vandag in vele kringe nie as sulks erken word nie, was ons Messias die grootste Torah-onderrigter wat ooit geleef het.” Deur die lering van YAHUSHUA loop die onderlinge aanname dat GOD se Verbondsvolk ‘n lewende betekenisvolle en blywende verhouding moet hê met die Torah. Met ander woorde; YAHUSHUA se idee is dat een van die Torah se hoof doele is om die lewens styl van ‘n vrygemaakte gemeenskap te beskryf. Matteus 5:17 “Moenie dink dat Ek gekom het om die Torah of die Profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Matteus 5:18 Want amein! Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie as een yud (י ) jota of een letterdeel van die Torah ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Matteus 5:19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie (mitzvot) gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die Hemel; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van die Hemel. YAHUSHUA staaf duidelik dat Torah gehoorsaam en onderrig moet word. In teenstelling met gewilde lering in tradisionele Kerke, het YAHUSHUA nie gekom om die Torah te vernietig nie! HY het Torah geleef, HY het die Torah onderig, HY was en IS die Lewende Torah. Studeer ons om te doen? Of soek ons ‘n skuiwergat om as verskoning te gebruik om nie SY Woord te gehoorsaam nie? Deuteronomium 28:1 “As jy dan goed luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIM om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat EK jou Vandag beveel, dan sal YAHUVEH jou ELOHIM jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. Deu 28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIM. Deu 28:15 “Maar as jy nie luister na die stem van YAHUVEH jou ELOHIM, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou Vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. SY Torah wys ons SY standaard van geregtigheid en heiligheid. ‘n Standaard waaraan ons almal te kort skiet, SY standaard van geregtigheid, maar deur YAHUSHUA kan ons nou in gehoorsaamheid wandel aan die Torah omdat HY namens ons voldoen het aan die vereiste van geregtigheid. Om te wandel in gehoorsaamheid tot SY Woord is ‘n vreugde en ‘n voorreg. Ek soek nie skuiwergate in die Wet/Torah nie, maar ek sê Ja en Amen! “Ek glo met algehele geloof dat YAHUSHUA nie gekom het om die Torah te vernietig nie. Die Torah is ewig en is die fondament waarop die hele Woord gegrond is vanaf Genesis tot Openbaring. YAHUSHUA het gekom om ons die Ewige Torah korrek te onderrig en om ons die Vader te toon en om namens ons die eise van die Torah te vervul. Deur HOM kan ons in gehoorsaamheid wandel aan die Torah sonder veroordeling maar in blydskap. SY Sabbat is ewig, SY Feeste is Ewig, SY Woord staan vir Ewig.” Shavuot gaan oor die ontvangs van die Torah op Sinaï Berg en in ons harte. Daar is groot seëninge in gehoorsaamheid aan SY Torah. Dit is waarom ons die afgelope weke ons harte ondersoek het en bekeer het van twyfel, ongeloof en ongehoorsaamheid. Psalm 19:7 Die Torah van YAHUVEH is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van YAHUVEH is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. Psalm 19:8 Die bevele van YAHUVEH is reg: hulle verbly die hart; die (mitzvah) gebod van YAHUVEH is suiwer: dit verlig die oë. Psalm 19:9 Die vrees van YAHUVEH is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van YAHUVEH is waarheid - tesame is hulle regverdig. Psalm 19:10 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. Psalm 19:11 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon. Lees Psalm 119: 161-168 Psalm 119:161ש(Shin) Heersers het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir U woord.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 48
Yisrael, Julle Vyande Wil Hê Dat Julle Ander Se Blaam Moet Dra!


Profesie 111
Ek, Yahushua Mashiach Vergun Julle ‘n Heilige Egskeidingsgebod, Vir Diegene Wat Dit Nodig Het.


Profesie 149
Sonder die Bevrugting op Hanukkah, Kon Daar Geen Geboorte op Sukkot Gewees het van YAHUSHUA HA MASHIACH nie


Profesie 150
ABBA YAH EL SHADDAI SE Onsigbare Mantel van Beskerming Teen die Bose Verworpelinge