Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 26ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 41

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 41ste dag, wat 5 weke en 6 dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 41 Omer Leesstuk:


Majesteit/Eerbaarheid (Malchut) Ons het ses weke voltooi in die aftelling na Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

Deuteronomium 18:15,17-19


15 “'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal YAHUVEH jou ELOHIM vir jou verwek; na Hom moet julle luister –

17 Toe het YAHUVEH vir my gesê: ‘Dit is goed wat hulle gesê het.

18 ‘'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal My woorde in Sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

19 ‘En die man wat nie luister na My woorde wat Hy in My Naam praat nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.

Hebreërs 3:1 - 6


1 Daarom, afgesonderde broers, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, die Messias YAHUSHUA,

2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Mosheh ook in Sy hele huis.

3 Want YAHUSHUA is meer eer waardig geag as Mosheh, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis;

4 Want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is ELOHIM.

5 En Mosheh was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gepraat sou word,

6 Maar die Messias, as Seun, oor Sy huis. En ons is Sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop onwrikbaar vashou.

Daar is ten minste 79 verse in die Brit Hadasha wat na Moses verwys, en hulle het ook geweet dat die Torah wat aan Moses gegee was heengewys het na YAHUSHUA wie die Woord is wat vlees geword het Johannes 1:1

YAHUSHUA is groter as Moses want YAHUSHUA is YAHUVEH in die vlees en al die tipes en voor-af skadu’s van die Tabernakel en offers in die Torah het heen gewys na HOM. Die woorde van die Tanakh profete het ook heengewys na HOM, sowel as David homself, die grootste Koning van Israel wat self ook ‘n Profeet was, het geweet dat daar ‘n groter Koning sou kom as hy was, en dat HY in die Torah, wat aan Moses gegee was, openbaar was en daardie Koning was Messias YAHUSHUA.

Johannes 1:17-18


17 Want die Torah is deur Mosheh gegee; die guns en die waarheid het deur YAHUSHUA die Messias gekom.

18 Niemand het ooit ELOHIM gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, Hy het Hom verklaar.

Want Moses het vooruit gesien na die Messias, wie YAHUSHUA is, wat sou kom.

Ons moet onthou dat die Torah heen wys na YAHUSHUA en dat ons moet wandel in Torah gehoorsaamheid deur die genade van YAHUSHUA die Messias. YAHUSHUA is die Skrywer van die Torah en het Torah onderrig daarom moet alle Torah studie geleer word soos YAHUSHUA dit onderrig het. Dit is baie maklik om vasgevang te word om wetties te wees, maar YAHUSHUA het gesê dat SY Torah nie ‘n las was nie.

Dit is alleenlik deur die krag van die RUACH HA KODESH, gestuur deur YAHUSHUA op Shavuot, dat ons kan wandel in die Gees van RUACH HA KODESH.

Een van die verwagtinge van die MASHIACH was dat HY sou kom en die Torah korrek sou onderrig. YAHUSHUA het presies dit gedoen! HY het dit nie gekanselleer nie, maar het gekom om ons te wys hoe om dit te leef deur HOM. Tydens Shavuot is die Torah nou op die harte geskryf van hulle wat HOM liefhet en dit is ‘n natuurlike uitdrukking van ons geloof om te wandel in Torah gehoorsaamheid omdat ons HOM liefhet.

Ons moet ons lewens skoei volgens YAHUSHUA en wandel in SY voetstappe en by SY voete sit.

Moses, so groot Profeet as wat hy was, het geweet dat daar Een sou kom wat groter is as hy. YAHUSHUA se lewe was perfek en sondeloos en HY het gewandel in volmaakte Torah gehoorsaamheid wat deur HOM aan Moses gegee was.

YAHUSHUA het die Woord van YAHUVEH aan Israel openbaar toe HY op hierdie aarde geloop het en HY doen dit steeds vandag, soos ons SY Woord bestudeer gaan die RUACH HA KODESH voort om daagliks aan ons openbarings en kennis te gee.

“Ek glo met algehele geloof dat YAHUSHUA die Profeet en Messias is waarvan Moses gepraat het, wat die Woord van YAHUVEH /Torah aan Israel sou openbaar. Moses was die werktuig wat YAH gekies het om te gebruik om SY Torah/Leerstellings aan Israel te gee, en YAHUSHUA was die SEUN VAN YAH wie genade en Waarheid aan Israel gebring het saam met Torah.

Net soos wat Moses getrou was in God se Huis, so Is YAHUSHUA Getrou oor GOD se Huis. YAHUSHUA verdien meer Eer as Moses omdat YAHUSHUA die bouer van daardie Huis was, en ons is daardie Huis.”

Selfs Moses self sou saamstem met die woorde van Johannes/Yochanon die Doper.

Johannes 1:14 - 17


14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy [Sh'khinah] voortreflikheid aanskou, 'n [Sh'khinah] voortreflikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van guns en waarheid.

15 Yahuganan getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat na my kom, het voor my tot stand gekom, want Hy was groter as ek.

16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, guns op guns.

17 Want die Torah is deur Mosheh gegee; die guns en die waarheid het deur YAHUSHUA DIE MASHIACH gekom.

Alle Majesteit, Heerlikheid en Eer behoort aan YAHUSHUA ons Koning

Lees Psalm 119: 153-160 Sien my ellende aan en red my, want u Torah vergeet ek nie.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 63
O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?


Profesie 76
Geliefde Bruid Van Yahushua, Staan Op En Maak Julleself Gereed, Julle Bruidegom Is Op Pad!


Profesie 102
“Yahushua Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"


Profesie 148 (Engels)
YAHUSHUA HA MASHIACH'S se BLOED is vir jou! Een Minuut voor Middernag