Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 25ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 40

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 40ste dag, wat 5 weke en 5 dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 40 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod). Ons het 5 weke voltooi met die Aftelling tot Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

Deuteronomium 13:1 - 5


1 As 'n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou 'n teken of wonder aankondig,

2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander magtiges aan loop - wat jy nie geken het nie - en hulle dien,

3 dan moet jy nie luister na die woorde van daardie profeet of na daardie man wat as dromer optree nie; want YAHUVEH julle ELOHIM beproef julle om te weet of julle werklik YAHUVEH julle ELOHIM liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.

4 Julle moet YAHUVEH julle ELOHIM navolg en Hom vrees en Sy gebooie hou en na Sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. (Die Woord vertel baie van die Vals Profete, veral die een wat in die laaste dae sal verskyn)

Deuteronomium 18:18


'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.

2 Petrus 1:16 - 21


16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van ons Meester, YAHUSHUA HA MASHIACH bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van Sy majesteit.

17 Want Hy het van ELOHIM die Vader eer en grootheid ontvang toe hierdie stem uit die Luisterryke Voortreflikheid tot Hom gekom het: “Dit is My Geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.”

18 En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die afgesonderde berg was.

19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag slaan soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;

20 terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;

21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Afgesonderde Gees gedryf, het mense van ELOHIM gepraat.

Johannes 5:39


Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dit wat van My getuig.

“Ek glo met algehele geloof dat YAHUSHUA HA MASHIACH die Messias is waarvan die Profete gesê het dat HY sou kom. Ek glo dat die woorde van die Profete waar is en dat alles wat in Die Woord gespreek was vervul sal word in SY tydsberekening. Nie een Woord van YAHUVEH, nie een “jot of tittel” sal vergaan nie totdat alles vervul is soos YAHUSHUA gesê het. Ek glo dat YAHUSHUA Profeet, Priester en Koning is en SY Woorde is Waarheid.”

Die Ware Profeet van YAHUVEH:

• Sal jou nooit van die woord af wegdraai om vals te aanbid nie

• Hulle sal ALLEENLIK spreek wat YAHUVEH vir hulle sê om te spreek

• Hulle sal nie mense se ore sreel nie maar alleenlik SY Woord spreek

• ‘n Ware Profeet van GOD sal nooit sê dat die Torah/Leerstellings en Instruksies

van YAHUVEH gekanselleer of nie saak maak nie. As hulle dit doen is hulle vals profete en MOENIE geglo word nie.

• Roep mense tot bekering en om terug te keer tot SY Torah/Leerstellings en Instruksies

• Verklaar die herstel van die Hele Israel

• Oordeel en Straf vir ongehoorsaamheid aan die Woord van YAHUVEH

• Seëninge vir hulle wat sou bekeer/Teshuvah en terug keer na GOD se Leerstellings en

Instruksies Sy Torah en Vloeke vir hulle wat nie SY Woord wil gehoorsaam nie.

• Die einde van Boosheid en die regering en heerskappy van YAHUSHUA HA MASHIACH op die aarde

• Hulle sal sonde bestraf

• Hulle sal spreek van beide Hemel en Hel

• ‘n Nuwe Hemel en ‘n Nuwe Aarde

• Ons sal regeer saam met YAHUSHUA HA MASHIACH vir ewig

• YAHUSHUA HA MASHIACH is die Ware Profeet, Hoëpriester en Koning!

As ons werklik glo dat die woorde van die Profete waar is, dan moet ons dit lees en gehoor gee aan wat hulle sê omdat hulle steeds vandag tot ons spreek en hulle praat van YAHUSHUA HA MASHIACH. Daar is steeds vandag nog profesieë wat vervul moet word in verband met die Eindtye, Israel en YAHUSHUA se terugkoms.

As jy nie die Woord ken nie kan jy mislei word deur hulle wat hulself profete/verklaarders van die Woord noem, maar dit nie is nie.YAHUSHUA het ons hieroor gewaarsku (vals profete en vals messiasse) in Mattheus 24, want YAHUSHUA is Die Hoof Profeet van die Woord, en as ons MASHIACH en Koning moet ons luister na wat HY vir SY Liggaam sê.

Handelinge 3:18 - 26


18 Maar ELOHIM het op hierdie manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat YAHUSHUA HA MASHIACH sou ly.

19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van YAHUVEH mag kom,

20 en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik YAHUSHUA die Messias,

21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die herstel van alle dinge, waarvan ELOHIM van ouds af gepraat het deur die mond van al sy afgesonderde profete.

22 Want Mosheh het gesê: YAHUVEH julle ELOHIM sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal praat.

23 En elke siel wat nie na daardie Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

24 En ook al die profete van Shemuél af en die wat gevolg het, almal wat gepraat het, het ook hierdie dae aangekondig.

25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat ELOHIM met ons vaders gesluit het toe Hy vir Avraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.

26 ELOHIM het, nadat Hy Sy Kind YAHUSHUA opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Lees Mattheus 24 en Openbaring 1-3

YAHUSHUA IS DIE MESSIAH!

Lees Psalm 119: 145-152

Psa 119:145ק(Kuf) Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o YAHUVEH! Ek wil u insettinge bewaar.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie43 – Deel 1
‘ek Is’ God, Die Pottebakker, Julle Is My Klei! My Gawes Is Nie Te Koop Nie!


Profesie 87
Israel, O Israel, Hoor O Israel, Jerusalem En Die Res Van Die Wêreld, Wat Ek, Yahuveh, Wil Sê!


Profesie 106
Ek, Yahuveh, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!