Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 19de van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 4

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die vierde dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dag 4 Omer Lesing:


Week 1 Kenmerk 1 - Liefde/Ahava En Goedertierenheid/Chesed/Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Markus 12:28 - 31
En toe een van die skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en sien dat Hy hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: “Wat is die belangrikste gebod/mitzvah van almal?”

Mar 12:29 En YAHUSHUA antwoord hom: Die belangrikste is: 'Sh'ma Yisra'el, YAHUVEH Eloheinu, YAHUVEH echad [Hoor, Yiesraél, YAHWEH is ons ELOHIEM, YAHWEH is een],

Mar 12:30 En jy moet YAHWEH jou ELOHIEM liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag.'

Mar 12:31 En die tweede is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander mitzvah groter as dit nie.”

Mattheus 5:38 - 48
"Julle het gehoor dat daar (vir ons vaders) gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.'

Mat 5:39
39 Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry!

Mat 5:41 En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie. 43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg!

Mat 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?

Mat 5:47 En as julle net jul broers groet, wat besonders doen julle dan? Doen die heidene nie ook so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is.

Moontlik die grootste uitdaging wat ons as Messiaanse Gelowiges daagliks in die gesig staar is waarskynlik om in liefde te wandel met ander, vernaamlik diegene buite die huishouding van YAH. Dit is maklik om diegene lief te hê wat jou liefhet, maar die uitdaging kom wanneer ons beveel word om hulle, wat ons haat, lief te hê.

Maar as ons ware volgelinge gaan wees van Messiah YAHUSHUA, moet hierdie ‘n prioriteit wees in ons lewens. So hoe moet ons ons vyande liefhê? Deur vir hulle te bid dat hulle YAHUSHUA sal leer ken as hul redder en Meester! Deur te bid dat hulle verlos sal word van hul haat en gevul sal word met SY Liefde.

Ons moet in die voetspore volg van ons Rabbi en Meester YAHUSHUA.

Mattheus 10:24
"'n Talmid is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy meester nie. 25 Dit is vir die talmid genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Baálzevul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!

HY was en is steeds die grootste leermeester van Torah wat ooit geleef het omdat HY die Lewede Torah is en ons gewys het hoe ons moet wandel en leef in HOM.

Galasiërs 5:13-16
13 Want julle is [inderdaad] tot vryheid geroep, broers; gebruik net [moenie toelaat dat julle] vryheid as 'n aanleiding vir die vlees is nie, (en ‘n geleentheid of verskoning [vir selfsug], maar dien mekaar deur die liefde. 14 Want die hele Torah [rakende mense verhoudings] word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê [net soos jy] jouself [liefhet]. [Lev. 19:18].

15 Maar as julle mekaar byt en opeet [in partydige twis], pas op dat julle [en julle hele gemeenskap] nie die een deur die ander verteer word nie.

16 Maar ek sê: Wandel (en lewe) [gewoonlik] deur die [HEILIGE] RUACH/GEES [reageer op en beheer en gelei word deur die Gees]; dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees vervul nie (van die menslike natuur sonder GOD).

Help my Vandag om te wandel in die voetspore van my Meester YAHUSHUA. Ek weet my gees is gewillig maar my vlees is swak. Help my om te wandel in die krag van die RUACH HA KODESH sodat ek ‘n dader van die Torah/ Die Woord kan wees en nie net ‘n aanhoorder nie

Bid Psalm 23

YAH is the Herder van Sy Mense ‘n Psalm van Dawid.

YAHWEH is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen rampspoed vrees nie; want U is met my: U stok en U staf, dit vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van YAHWEH bly[a] in Lengte van dae.