Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 24ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 39

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 39ste dag, wat 5 weke en 4 dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 39 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod). Ons het 5 weke voltooi met die Aftelling tot Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

Matteus 6:6


Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou beloon.

Johannes 14:13-14


13 “En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun grootgemaak kan word.

14 “As julle My iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.

Johannes 15:16


“Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Johannes 16:24


“Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees

1 Timoteus 2:5


Want daar is een ELOHIM en een Middelaar tussen ELOHIM en die mense, die mens die YAHUSHUA HA MASHIACH,

“Ek glo met algehele geloof dat ons tot ons Hemelse Vader moet bid in die Naam van YAHUSHUA ons Middelaar en Messias. Deur in Sy Naam te bid betree ons die AllerHeiligste want HY is ons Cohen HaGadol en dit is in SY Naam dat ek voor die troon van YAHUVEH mag kom en by SY voete sit en my gebede, my lofprysing, my danksegging bring aan my VADER voor Sy troon.”

Daar is niks so lieflik as om tyd alleen te spandeer saam met ons Heilige Drie-Eenheid: ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH SHKHINYAH GLORY in gebed nie. Daar is niks so kragtig as wanneer ons as ‘n Gemeenskap in gebed saamkom nie. Ons het byde nodig. Ons het nodig om daagliks tyd te spandeer saam met die Heilige Drie-Eenheid en ons het nodig om tyd saam te spandeer as ‘n Gemeenskap in gebed. YAHUSHUA het alleen gebid en saam met SY broeders en Talmidim in die Sinagoge.

Wanneer ons voor SY Troon kom, storm ons nie net by die deur in nie. Ons moet Sy Poorte binnegaan met Danksegging en SY voorhowe ingaan met Lofprysing. Wanneer ons begin bid, gaan ons die AllerHeiligste binne, en is ons in die einste Teenwoordigheid van DIE KONING. Wanneer ons saam bid as ‘n Messiaanse Gemeenskap, word ons saam gebind as

Een In Messias. Dra ons mekaar se laste en ons verbind met mekaar terwyl ons voor Die Troon Van Genade kom en is ons werklik Een In Messias.

Aangesien YAHUSHUA Die Messias GOD in die Vlees is, is HY alleen die Middelaar tussen GOD YAHUVEH en die mens.

Deur in SY Naam te bid is ons in staat om die AllerHeiligste binne te gaan deur die Bloed van die Verbond. Jy kan nie in die AllerHeiligste ingaan sonder dat jy bedek is deur die Bloed van YAHUSHUA, ons Offer, nie. Deur in YAHUSHUA se Naam te bid is om te sê ek is gemagtig om in die Troon Kamer in te gaan omdat ‘n offer gebring was namens my.

Hebriërs 9:11 - 14


11 Maar die Messias, wat opgetree het as Hoëpriester/Cohan gadol van die toekomstige weldade, het deur die groter en meer volmaakte tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, (dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie),

12 ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal ingegaan in die Plek van Afsondering en 'n ewige verlossing teweeggebring.

13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, afgesonder maak tot reiniging van die vlees,

14 hoeveel te meer sal die bloed van die Messias, wat Homself deur die ewige Gees aan ELOHIM sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende ELOHIM te dien!

Hebriërs 10:19- 22


19 Terwyl ons dan, broers, vrymoedigheid het om in die Plek van Afsondering in te gaan deur die bloed van YAHUSHUA

20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel (parokhet) heen, dit is Sy vlees,

21 en ons 'n groot Priester oor die huis van ELOHIM het,

22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

Ons is Gereinig deur die Bloed van YAHUSHUA en kan nou toetree tot die AllerHeiligste Plek as SY Gekose, Gewyde volk, Sy Heilige Priesterdom.

Jakobus 5:16


Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Lees Psalm 119: 137-144

Psa 119:137 YAHUVEH, U is regverdig, en reg is U verordeninge.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 24 Deel 1
Pasop, Die Ark Se Deur En Boek Van Die Heidene Maak Toe!


Profesie 37
Seën En Bid Vir Die Vrede Van Jerusalem!


Profesie 81
O, Yisrael! Ek, Yahuveh, Wys Julle Tereg!