Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 23ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 38

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 38ste dag, wat 5 weke en 3 dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 38 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod).

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

YAHUVEH/GOD Is Die Eerste en Die Laaste.

“Ek glo met algehele geloof dat die Skepper, geseënd is SY Naam, die Eerste en die Laaste Is”.

YAHUSHUA Is Die Eerste en Die Laaste, Die Aleph en die Tav

Jesaiah 41:4


“Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; ‘Ek, YAHUVEH, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde’”.

Jesaiah 43:10 - 13


10 “Julle is My getuies,” se YAHUVEH, en My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is - voor My is geen magtige geformeer nie, en na My sal daar geeneen wees nie.

11 “Ek, Ek is YAHUVEH, en daar is geen Verlosser buiten My nie.

12 “Ek het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander onder julle nie; en julle is My getuies, se YAHUVEH, en Ek is EL.

13 “Ook van Vandag af is Ek dit, en niemand red uit My hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?

Openbaring 1:8


Ek is die Alef en die Tav, se YAHUVEH ELOHIM, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Openbaring 1:11


Wat sê: Ek is die Alpha and Omega, die Eerste en Die laaste, skryf wat jy sien in 'n boekrol en stuur dit na die sewe gemeentes: na Efese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en Filadelfia en Laodicea.

Openbaring 1:17 - 18


17 En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan Sy voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en gese: “Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. En Ek het die sleutels van die dood en van die hel.

Openbaring 21:6


En Hy het vir my gesê: Dit is volbring! Ek is die Alef en die Tav, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

Openbaring 22:13


Ek is die Alef en die Tav, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

“Ek glo met algehele geloof dat YAHUSHUA die Aleph en Tav is, die Eerste en Die Laaste, wat is en wat was en sal kom, die Almagtige. Daar is geen Redder behalwe Hy nie”.

YAHUSHUA Is YAHUVEH, daar is geen twyfel uit die skrif dat die groot EK IS dieselfde Een is as die EEN wat spreek in die Tanach en in die Brit HaDasha.

HY is die skrywer en waarmaker van ons geloof en ons redding. HY is ons Meester en ons Koning wat was, en wat is en wat sal kom! HY is Mashiach. HY is die skrywer en waarmaker van ons geloof en redding, ons Meester en ons Koning wat was, en wat is en wat sal kom!

Die eeu oue simbool van die Aleph is die van ‘n Os en staan vir- Krag, Sterkte, Leier, Eerste

Die Tav se eeu oue simbool is die van ‘n gekruisde stok en staan vir–Verbond, Kruis, om te verseël, teken.

HY moet die Aleph en Tav in ons lewens wees.

- Ons Krag
- Ons Sterkte
- Ons Leier
- Ons Eerste Liefde en Ons Laaste Liefde

Die Een wie aan die Kruis SY Verbond onderteken het en verseël het met Sy Bloed.

2 Korintiërs 1:20 - 22


20 Want hoeveel beloftes van ELOHIM daar ook mag wees, in Hom is hulle “JA” en in Hom “Amein”, tot eer van ELOHIM deur ons.

21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in die Messias en ons gesalf het, is ELOHIM,

22 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het as ‘n waarborg vir die toekoms.

Lees Psalm 119: 129-136

Psa 119:129 U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 26
Hoor My, Vrees My, Glo My!


Profesie 49
Wees Versigtig, Julle Is Soos Skape Wat Na Die Slagpale Gelei Word!


Profesie 76
Geliefde Bruid Van Yahushua, Staan Op En Maak Julleself Gereed, Julle Bruidegom Is Op Pad!