Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 22ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 37

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 37ste dag, wat 5 weke en 2 dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Day 37 Omer Reading:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod). Ons het 5 weke voltooi met die aftelling tot Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

“Ek glo met algehele geloof dat die MEDE-SKEPPERS, YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH SHKHINYAH GLORIE, geseënd is Hulle Heilige Name, aanbid moet word en daar is geen vergelyking van HULLE met enige iets nie”

Brit Chadashah

Johannes 4:23 - 24


23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.

24 “ELOHIM is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”

Johannes 1:18


Niemand het ooit ELOHIM gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, Hy het Hom verklaar.

Johannes 14:9 - 10


9 YAHUSHUA se vir hom: “Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe se jy: ‘Toon ons die Vader’?

10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle praat, praat Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

1 Timoteus. 1:17


Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse ELOHIM, kom toe die eer en die grootheid tot in alle ewigheid. Amein.

Romeine 1:20


Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wereld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en almag, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

“Ek glo met algehele geloof dat die MEDE-SKEPPERS, YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH SHKHINYAH GLORIE HULLE onsigbare eienskappe openbaar gemaak het, beide HULLE ewige krag en Goddelike natuur is duidelik sigbaar. HULLE is ewig, onverganklik, onsigbaar, die enigste GOD wat daar is. GOD is GEES en ons moet HOM aanbid in GEES en Waarheid.

Ek glo dat YAHUSHUA HA MASHIACH die enigste Unieke SEUN van YAHUVEH en die RUACH HA KODESH, IMMAYAH, die HEILIGE GEES is, en HY is GOD HOMSELF as ‘n MEDE-SKEPPER en lid van die HEILIGE DRIE EENHEID, en HY is aan die VADER se sy. YAHUSHUA HA MASHIACH het gekom om die VADER aan ons te openbaar en ons YAHUVEH DIE VADER te wys en dat DIE SEUN YAHUSHUA verenig is met YAHUVEH DIE VADER en DIE VADER YAHUVEH verenig is met YAHUSHUA DIE SEUN”.

YAHUVEH/GOD het HOMSELF aan ons openbaar in SY Woord, deur SY NAAM en deur SY SEUN Ons Messias YAHUSHUA en deur die RUACH HA KODESH

OM YAHUSHUA TE KEN IS OM DIE VADER TE KEN

Lees Psalm 119: 121-128

Psalm 119:121


Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 89
GEHEIME van die RUACH HA KODESH


Profesie 90
Wat Is Die Naam Van Die Heilige Gees? Wat Is Die Naam Van Die Ruach Ha Kodesh?