Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 21ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 36

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 36ste dag, wat 5 weke en 1 dag van die Omer is. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 36 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod). Ons het 5 weke voltooi met die aftelling tot Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA. HY is ons Fondament

YAHUVEH/GOD Is Uniek en EEN

“Ek glo met algehele geloof dat die Skepper, geseënd is SY Naam, uniek is en dat dat geen gelyke aan HOM op enige manier is nie, en dat HY alleen ons GOD is, wat was en is en sal kom" YAHUSHUA Die Aleph en Die Tav, wie was en is en sal kom.

Johannes 10:30


EK en die VADER is EEN.

Johannes 3:18


HY wat in HOM glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore SEUN VAN ELOHIM nie.

Johannes 5:24 - 30


24 Amein, amein EK se vir julle, wie my woord hoor en HOM glo wat MY gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

25 Amein, amein EK se vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die SEUN van ELOHIM sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.

26 Want soos die VADER lewe het in Homself, so het HY aan die SEUN ook gegee om lewe in Homself te he.

27 En HY het HOM mag gegee om ook te oordeel, omdat HY die SEUN van die GOD is.

28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, SY stem sal hoor

29 En sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

30 EK kan uit Myself niks doen nie. Soos EK hoor, oordeel EK; en MY oordeel is regverdig, omdat EK nie MY wil soek nie, maar die wil van die VADER wat MY gestuur het.

Johannes 17:20 - 23


20 “Maar EK bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in MY sal glo –

21 dat almal een mag wees net soos U, VADER, in MY en EK in U; dat hulle ook in ONS een mag wees, sodat die wereld kan glo dat U MY gestuur het.

22 En EK het hulle die grootheid gegee wat U MY gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos ONS een is.

23 EK in hulle en U in MY, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U MY gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U MY liefgehad het.

“Ek glo met algehele geloof YAHUVEH is Echad (Een) en in daardie Eenheid is YAHUSHUA en YAHUVEH en RUACH HA KODESH een. Ek glo en bely dat YAHUSHUA die SEUN van GOD is soos die Skrifte sê en naas HOM is daar niemand anders nie. Net soos die VADER en YAHUSHUA Een is, is ons ook deur geloof as die Liggaam van YAHUSHUA een in HOM. YAHUSHUA is die Weg, Die Waarheid en die Lewe en die enigste Weg na die VADER en dat daar Een VADER is van Alles, YAHUVEH /GOD. Ek glo in die Drie Enige Natuur van die Een Ware GOD en dat YAHUSHUA YAHUVEH is wat in die Vlees gekom het.”

YAHUSHUA se gebed vir ons (Johannes 17) was dat ons sal een wees, net soos HY en die VADER een is. HY sal Israel weer Een maak (Judah en Efraim) onder SY Koningskap (Esegiel 37). Ons is baie in die Liggaam, maar daar is net een Bruid. Wanneer 2 mense trou, word hulle een in die oë van die VADER.

Nie een van ons weet alles nie, ons is elkeen ‘n openbaring gegee terwyl ons SY Woord bestudeer en wanneer ons vergader in die Liggaam, bring daardie openbaring wat elkeen van ons het, ‘n groter begrip. Net soos ‘n legkaart duisende stukkies kan hê, maak al die stukkies wat saam gesit is, een prentjie, maar as een van daardie legkaart stukkies weg is, is die prentjie nie volledig nie.

1 Korintiërs 12 sê dat YAHUSHUA aan elkeen van ons geestelike gawes gegee het, maar die gawes is onvolledig totdat dit bymekaar kom saam met ander gelowiges in Messiah. Met ander woorde ons het

mekaar nodig om die prentjie te voltooi. ‘n Messiaanse Gemeenskap kan nie floreer of oorleef as daar nie eenheid is nie en daardie eenheid moet gebasseer word op die Woord van GOD en geloof in YAHUSHUA alleen.

Effesieërs 4:2 - 6


2 Met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra;

3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

5 Een Meester, een geloof een doop,

6 een ELOHIM en VADER van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.

Echad stel een saamgestelde Eenheid voor

-YAHUVEH/VADER- YAHUSHUA/SEUN -RUACH HA KODESH –HEILIGE GEES. Hierdie tema word vele kere in die Skrifte opgehaal. Die rede waarom daar geen eenheid in die Liggaam van Messias is nie, is omdat ons onsself nie sien as ‘n eenheid in Messias nie. Maar, ek glo dat YAHUSHUA se gebed in Johannes 17 sal waar word in hierdie laaste dae en dat ons waarlik een sal word net soos HY en SY VADER Een Is..

Lees Psalm 119: 113-120

Psalm 119:113 Twyfelaars haat ek, maar U Torah het ek lief.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 36
Ek Is Nie Net Julle God Van Gister En Vandag Nie, Maar Ook More En Selfs In Die Donkerste Uur!


Profesie 92
Wees Vrolik, Ek Yahushua Ha Mashiach, Is Die Enigste Goeie Herder En Ek Slaan Die Wolwe Weg!