Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 20ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 35

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 35ste dag, wat 5 weke van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 35 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod). Ons het 5 weke voltooi met die aftelling tot Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA. HY is ons Fondament

13 Beginsels van die Joodse Geloof.

Beginsel #1 - YAHUVEH/GOD alleen is die Skepper van Alles

“Ek glo met algehele geloof dat, die Skepper, geseënd is SY Naam, alle skepsels maak en rig, en dat HY alleen geskep, en skep en alles sal maak”

Genesis 1:1


In die begin het GOD die Hemel en die aarde gemaak.

Kolossense 1:16 - 17


16 Want in HOM is alle dinge geskape wat in die Hemel en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte - alle dinge is vanweë Hom en tot HOM geskape.

17 En HY is voor alle dinge, en in HOM hou alle dinge stand.

Johannes 1:1 - 4


1 In die begin was die Woord, en die Woord was by ELOHIM, en magtig was die Woord.

2 Die Woord was in die begin by ELOHIM.

3 Alle dinge het daardeur ontstaan, en sonder die Woord het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

4 In die Woord was lewe, en die lewe was die Lig van die mense.

Ek glo met algehele geloof dat YAHUSHUA die Messias is die Aleph en Die Tav, HY is YAHUVEH in die vlees en deur HOM is alle dinge geskape wat in die Hemel is en op die aarde. HY is voor alle dinge en in HOM bestaan alle dinge. En alle dinge was gemaak deur HOM en sonder

HOM was niks gemaak wat gemaak was nie. In YAHUSHUA is Lewe en HY is die LIG van mense. HY is Echad/EEN met die Vader. HY was by YAHUVEH/GOD in die begin en sit nou aan die regterhand van YAHUVEH in alle ewigheid. Geseënd is SY Naam.

Jakobus 1:17


Elke goeie gawe en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.

Elke gawe en vermoë wat ons het kom van HOM. Terwyl ons nog in ons moeder se skoot was, het HY die gawes en talente wat ons het binne-in ons geplaas, om gebruik te word vir SY Koninkryk en SY EER. As jy kan sing, is dit HY wat jou daardie gawe gegee het. As jy kan dans, is dit HY wat jou daardie gawe gegee het. As jy kan onderrig, is dit HY wat jou daardie gawe gegee het. As jy kunstig is, dit is HY wat jou daardie gawe gegee het. Elke vermoë wat ons het kom van HOM. Gebruik jy daardie gawe wat die Skepper in jou geplaas het, vir SY Koninkryk? Of steek jy dit weg. Gee jy HOM die eer vir die vermoë wat in jou is?

Gebruik jy jou gawes om YAHUSHUA Ha MASHIACH aan die wêreld te verkondig?

Lees Psalm 139




HY alleen is die Skepper. Loof HOM vir die lewe wat HY jou gegee het! Loof HOM vir die gawes wat HY binne jou gesit het want hulle is aan jou gegee om gebruik te word tot SY Eer.

Psalm 139:14


Ek loof U, omdat ek so ontsaglik wonderbaar is; wonderbaar is U werke! En my siel weet dit alte goed.

Lees Psalm 119: 105-112




Psa 119:105 U Woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 51
Die Trompet Roeping Vir Die 144 000. Moenie Bang Wees Nie, My Geliefde Klein Mensies, Ek Is Besig Om ‘n Standaard Op Te Rig Teen Die Bose!


Profesie 71
Wat Verseël Was, Word Nou Bekend Gemaak!


Profesie 85
Skree Dit Vanaf Die Huise Se Dakke! Skree Dit Vir Die Wereld! Kom Vorentoe, Internasionale Bruid Van Yahushua!