Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 19de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 34

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 34ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 34 Omer Leesstuk:


Fondament/Samehang/Verbintenis (Yesod).

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA. HY is ons Fondament

Matteus 7:24 - 29




24 “Elkeen dan wat na hierdie woorde van MY luister en dit doen, hom sal EK vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.Matteus

25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

26 En elkeen wat na hierdie woorde van MY luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot!”

28 En toe YAHUSHUA hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; Matteus

29 want HY het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.

1 Korintiërs 3:11-15




11 Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is YAHUSHUA die Messias.

12 En as iemand op hierdie fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels –

13 Elkeen se werk sal aan die lig kom, want die Dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Effesiërs 2:20-22




20 Gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl YAHUSHUA die Messias self die hoeksteen is,

21 In wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n afgesonderde tempel in die Meester,

22 In wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van ELOHIM in die Gees.

Die enigste manier om ‘n stewige fondasie te bou is om die Woorde te hoor van ons Meester YAHUSHUA en daarop te reageer. Hoe kosbaar en waardevol is SY Woorde vir jou?

Dit is die Yesod/foundation van YAHUSHUA wat die toets van vuur sal deurstaan. Gebruik jy Goud, Silwer en Kosbare Gesteentes of hout strooi en stoppels?

Psalm 19:7-19




7 Die Torah van YAHUVEH is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van YAHUVEH is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

8 Die bevele van YAHUVEH is reg: hulle verbly die hart; die mitzvah/gebod van YAHUVEH is suiwer: dit verlig die oë.

9 Die vrees van YAHUVEH is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van YAHUVEH is waarheid - tesame is hulle regverdig.

10 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Lees Psalm 119:97-104. Psalm 119:97 Hoe lief het ek U Torah! Dit is my bepeinsing die hele dag.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 41
Sal My Ware Bruid Asseblief Opstaan!


Profesie 105
Ek, Yahuveh Sê, “in 2009 Gaan Ek Alles Skud Wat Geskud Kan Word!”


Profesie 106
Ek, Yahuveh, Sê, “maak Skoon Jou Huis”!!!


Profesie 123
Verwoesting Gaan Kom! Verwoesting Is Hier!