Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 18de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 33

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 33ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 33 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA Toegewy aan Gebed

Matteus 6:5-13


5 “En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Amein EK sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou beloon.

7 “En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle HOM vra.

9 So moet julle dan bid: ‘Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam afgesonder word; Mat 6:10 Laat U Koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11 Gee ons Vandag ons daaglikse brood;

12 En vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

13 En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. [Die laaste helfte van vers 13 word nie gevind in die oudste manuskripte nie.] Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die grootheid tot in ewigheid. Amein.’

Lees Psalm 119: 89-96

Psa 119:89(Lamed) Vir ewig, o YAHUVEH, staan U Woord vas in die Hemel.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 8
Sal Julle Bewys Dat Julle My Liefhet?


Profesie 11 Staan Op, Praat, Sê Aan Die Duiwel Om Stil Te Bly In My Naam!

Profesie 65 Maak Gereed! Maak Gereed! Maak Gereed! Wees Voorbereid, Die Bose Dae Is Op Julle!