Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 17de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 32

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 32ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 32 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Toegewy aan Gebed

Handelinge. 1:3-8,14


3 aan wie HY ook, na SY lyde, HOM lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl HY gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die Koninkryk van ELOHIM gepraat het.

4 En toe HY nog met hulle saam was, het HY hulle bevel gegee om nie van Yerushalayiem weg te gaan nie, maar om “te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het HY gesê, van MY gehoor het.

5 Want Yahuganan het wel met water gedoop, maar julle sal met die RUACH ha KODESH gedoop word nie lank na hierdie dae nie!”

6 Die wat bymekaar gekom het, vra HOM toe en sê: MEESTER, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Yiesraél weer oprig?

7 En HY antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur SY eie mag bepaal het nie;

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die RUACH ha KODESH oor julle kom, en julle sal MY getuies wees in Yerushalayiem sowel as in die hele Yehudah en Shomeron en tot aan die uiterste van die aarde.

14 Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en MierYam, die moeder van YAHUSHUA, en met SY broers.”

Terwyl ons die Omer aftel, moet ons doen soos hulle wat voor ons was, wie hulself nougeset toegewy het in gebed.

Perek Yomi Tehillim – Gebede uit die Psalms

************************************************************

Lees Psalm 119: 81 - 88

Psalm 119:81 כ (Kaf) My siel smag na U verlossing; op U Woord wag ek.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 10
Neem Terug Wat Satan Gesteel Het!


Profesie 104
Wêreld, Pasop Vir Die Diktator Van Diktators!