Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 16de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 31

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 31ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 31 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Is Jy Gewillig Om Die Prys Te Betaal?

Matteus 10:32-39


Matteus 10:32 “Elkeen dan wat MY sal bely voor die mense, hom sal ek ook bely voor MY Vader wat in die hemele is.

Matteus 10:33 Maar elkeen wat MY verloën voor die mense, hom sal EK ook verloën voor MY Vader wat in die hemele is.

Matteus 10:34 Moenie dink dat EK gekom het om vrede op die aarde te bring nie. EK het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Matteus 10:35 Want EK het gekom om tweedrag te verwek

Matteus 10:36 tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder. En 'n mens se huisgenote sal sy vyande wees.

Matteus 10:37 Wie vader of moeder bo MY liefhet, is MY nie waardig nie; en wie seun of dogter bo MY liefhet, is MY nie waardig nie.

Matteus 10:38 En wie sy martelpaal nie neem en agter MY volg nie, is MY nie waardig nie.

Matteus 10:39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om MY ontwil, sal dit vind.”

Hierbo beskryf YAHUSHUA’n ware Talmidim/dissipel van HOM. HY vertel duidelik aan ons dat daar ‘n prys sal wees om HOM te volg. Baie wil die seëninge hê maar is nie gewillig om die prys te betaal nie. Hierdie is baie sterk woorde en gedurende hierdie tyd van die aftel van die Omer, moet ons ons harte deursoek en om vergifnis vra as ons ander, insluitende ons families, voor HOM gestel het. Ek sê nie dat ons, ons families moet ignoreer nie, maar ons moet alles in die korrekte volgorde hou. Ons moet DIE KOSTE BEREKEN.

************************************************************

Ons wil die seëninge hê maar ons wil nie die “AS” hê nie want die “AS” is voorwaardelik en verg gehoorsaamheid. Dit is alleenlik gehoorsaamheid aan SY Woord wat seëninge tot gevolg het.

Die van julle wat voel dat julle geroep is om Pastoor, Rabbis, Leermeester ens. te wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is jy bereid om HOM te dien selfs al word jy nie betaal nie, en om HOM te vertrou om in jou behoeftes te voorsien?

Is jy bereid om deursigtig te wees voor hulle wat jy bedien, om te erken as jy verkeerd is en om te bekeer as jy iemand aanstoot gegee het? Is jy gewillig om aanspreeklik te wees vir ander? Is jy gewillig om ‘n dienskneg te wees? Is jy bereid om HOM te dien selfs al kry jy geen wêreldse erkenning nie? Is jy bereid om te gee en te gee aan diegene wat HY op jou pad stuur selfs al sê hulle nooit dankie nie en loop wanneer korreksie gegee word of wanneer dinge begin rof raak?

Ja daar is ‘n prys om te betaal wanneer die Meester gedien word, maar die seëninge hier en in die Toekomstige Wêreld/Olam Ha Ba oorskry die opofferings by verre.

Het jy die Meester YAHUSHUA ons Messias Ons Koning meer lief as wat jy jou familie of selfs jou kinders het? Besef jy dat HY jou kinders selfs liewer het as jy? As HY jou roep om op te offer vir SY Koninkryk, dink jy nie HY weet hoe om ook na jou kinders om te sien nie? Indien nie, ken jy nie die Vaderhart van YAHUVEH nie. Terwyl ons HOM dien, vertrou ons HOM biddend om na ons belange om te sien.

Is jy gewillig om verlaat, verneder en bespot te word deur jou vriende en familie omdat jy kies om gehoorsaam te wees aan SY Torah en YAHUSHUA? Baie is nie. Hulle hou daarvan om met die “Joodse Dinge” te speel maar hulle wil nie leef wat hulle verteenwoordig of onderrig wat hulle bedoel nie of hulle menslike tradisies opgee en gehoorsaam aan SY Woord te word nie.

HY gebruik SY Swaard van SY RUACH/Gees om die skape van die bokke te skei. HY begin skeiding bring tussen diegene wat HOM liefhet en HOM dien uit die hart en diegene wat net lippetaal aanbied.

HY skei hulle wat net "Burger King" Christenskap wil hê, waar hulle dit op hulle manier kan kry, van diegene wat sê Laat U wil Geskied en NIE myne NIE!

Ons het die besluit geneem om HOM te dien op SY manier, nie ons manier nie. Ons sal nie mense behaag nie, maar ons sal HOM behaag. Dit is alleenlik wanneer ons totaal uitverkoop is, en eensgesind as SY liggaam is dat ons soos hulle sal wees wat die voorlopers was in die vroeë Messiaanse Gemeenskap van Handelinge 2.

Die voorbeeld wat ons volg is díé van die vroeë Messiaanse Gemeenskap wat YAHUSHUA en Die Torah liefgehad het en gevloei het in die Gawes van die RUACH HA KODESH. Ons is nie beskaamd om hardop te jubel, voor HOM te dans en toe te laat dat die RUACH HAAR gang gaan tydens ons Dienste nie. Ons is geskape om HOM te Aanbid in Gees en In Waarheid.

Ek sal nie Toegee nie, Selfs Nie Eens Te Midde van Babilon (Artikel) nie

Johannes 14:21 Wie my gebooie het en dit bewaar, dit is hy wat MY liefhet; en wie MY liefhet, hom sal MY Vader liefhê, en EK sal hom liefhê en MY aan hom openbaar.”

2 Korintiërs 4:5-12


5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar die Messias YAHUSHUA as Meester, en onsself as julle diensknegte om YAHUSHUA wil.”

6 Want ELOHIM wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn - dit is HY wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die grootheid van ELOHIM in die aangesig van YAHUSHUA die Messias.

7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van ELOHIM mag wees en nie uit ons nie.

8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;

9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.

10 Gedurig dra ons die doding van die Meester YAHUSHUA in die liggaam om, sodat ook die lewe van YAHUSHUA in ons liggaam openbaar kan word.

11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om YAHUSHUA wil, sodat ook die lewe van YAHUSHUA in ons sterflike vlees openbaar kan word.

12 So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.

************************************************************

Lees Psalm 119: 73 - 80

Psa 119:73 י (Yud) U hande het my gemaak en my voorberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie [mitzvot].kan leer.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 35
Verraai Met 'n Soen!


Profesie 86
Weg Van My, Jou Ongehoorsame Sogenaamde Bruid!


Profesie 113 So Spreek Yahushua Ha Mashiach, Sal Jy My Toelaat Om Te Skei Wat My Hand Nie Saamgebind Het Nie?

Profesie 129
Pasop Vir Die Toorn Van Die Lam! Yahushua Bring Sy Skeidende Swaard!