Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 15de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 30

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 30ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 30 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot,

Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA Wandel in Toewyding aan YAHUVEH.

Esegiël 44:23 “’En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat afgesonder en onafgesonderd is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.

Eksodus 28:4 “En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte rok, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir Aharon, jou broer, afgesonderde klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

Effesiërs 6:13-17


13 Daarom, neem die volle wapenrusting van ELOHIM op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van rampspoed en, nadat julle alles vervul het, staande kan bly.

14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die goeie nuus van vrede.

16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees - dit is die Woord van ELOHIM;

Eksodus 15:11 o YAHUVEH, wie is soos U onder die magtiges? Wie is soos U, voortreflik in afgesonderdheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

YAHUVEH het ons geroep om heilig en toegewyd aan HOM te wees op elke gebied in ons lewens.

Daar is ten minste 522 verse met betrekking tot die woord “Heilig” en 43 verse met betrekking tot Heiligheid in die Heilige Skrifte.

Die Tabernakel was apart gesit as heilig. Die Klere van die Priesters was heilig. Die Gereedskap was heilig. Die Meubels was heilig. Alles wat gebruik was om YAHUVEH te dien was heilig. Ons is apart gesit om YAHUV EH te dien, daarom is ons heilig/apart gesit vir SY diens.

Hierdie Heilige dinge behoort vir ons ‘n herinnering te wees van die Versoening van YAHUSHUA ons Hoë Priester wie ons geroep het tot ‘n heilige wandel...

Wandel in SY geregtigheid, aangesien dit wit is en dit die hele liggaam bedek, dit verteenwoordig die sonde in ons lewens wat sal probeer om ons daagliks dood te maak, en dus is dit alleenlik die bloed van MASHIACH wat ons so wit soos sneeu was.

Wandel verlos van seksuele oortredings

Wandel verlos van hoogmoed

Wandel verlos van Sondes van die Hart

Wandel in regverdige oordeel

Wandel verlos van afgodery in ons lewens

Wandel verlos van LaShon Hara – Bose Spraak

Wandel verlos van Arrogansie maar wandel nederig voor YAHUVEH

1 Petrus 1:13-16


13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die guns wat julle deel word by die openbaring van YAHUSHUA die Messias.

14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

15 Maar soos Hy wat julle geroep het, afgesonder is, moet julle ook in jul hele lewenswandel afgesonder word,

16 omdat daar geskryf is: “Wees afgesonder, want Ek is afgesonder.”

1Petrus 2:9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n afgesonderde volk, 'n volk as eiendom ontvang, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig,”

************************************************************

Lees Psalm 119: 65 - 72

Psa 119:65 ט (Tet) U het goed gedoen aan u kneg, YAHUVEH, na u woord.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 4
Moenie Moed Verloor As Julle My Nie Langs Julle Sy Kan Voel Nie!


Profesie 9
Preek Dit, Onderrig Dit, Beweeg Ander Om Dit Te Glo!


Profesie 71
Wat Verseël Was, Word Nou Bekend Gemaak!


Profesie 82
Laaste Roeping Van Die Bruid Van Yahushua Messias!


Profesie 150
ABBA YAH EL SHADDAI SE Onsigbare Mantel van Beskerming Teen die Bose Verworpelinge