Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 18de van die Hebreeuse maand Nissan
Dag 3

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTEL VAN DIE OMER:


Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered & geheilig het met SY YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED, ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die derde dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig terug te keer na ons gedurende ons dae, in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!







Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.
Dag 3 Omer Lesing:


Week 1 Kenmerk 1 - Liefde/Ahava En Goedertierenheid/Chesed

Markus 12:31
30 En jy moet YAHWEH jou ELOHIEM liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel (jou lewe) en uit jou hele verstand (met jou denkvermoë en jou morele begrip) en uit jou hele krag. Dit is die eerste en grootste gebod. [Deut. 6:4, 5].

31 En die tweede is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as hierdie nie. [Lev. 19:18].

Nog ‘n uitdrukking van dieselfde idee is die volgende: “Watter boodskap het die Torah aan Israel gebring?” Neem op julleself die juk van die koningkryk van die hemel , leef met mekaar in die vrees van YAH en beoefen liefdevolle dade teenoor mekaar” (Deut. 323; 138b)

Mattheus 5:43-44
43 "Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”

Die grootste uitdaging wat ons as Messiaanse Gelowiges daagliks in die gesig staar is waarskynlik om in liefde te wandel met ander, vernaamlik diegene buite die huishouding van YAH. Dit is maklik om hulle lief te hê wat jou liefhet, maar die uitdaging kom wanneer ons beveel word om hulle, wat ons haat, lief te hê. Maar as ons ware volgelinge gaan wees van Messiah YAHUSHUA, moet hierdie ‘n prioriteit wees in ons lewens.

Wat het YAHUSHUA gesê oor hoe ons moet wandel. HY was en is steeds die grootste leermeester van Torah wat ooit geleef het omdat HY die Lewende Torah is en ons gewys het hoe ons moet wandel en leef in die RUACH/GEES.

Galasiërs 5:13-16
13 Want julle is [inderdaad] tot vryheid geroep, broers; gebruik net [moenie toelaat dat julle] vryheid as 'n aanleiding vir die vlees is nie, (en ‘n geleentheid of verskoning [vir selfsug], maar dien mekaar deur die liefde. 14 Want die hele Torah [rakende mense verhoudings] word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê [net soos jy] jouself [liefhet]. [Lev. 19:18].

15 Maar as julle mekaar byt en opeet [in partydige twis], pas op dat julle [en julle hele gemeenskap] nie die een deur die ander verteer word nie.

16 Maar ek sê: Wandel (en lewe) [gewoonlik] deur die [HEILIGE] RUACH/GEES [reageer op en beheer en gelei word deur die Gees]; dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees vervul nie (van die menslike natuur sonder GOD).

Help my Vandag om die dienskneg te wees wat U wil hê ek moet wees, en reinig my van die werke van die vlees sodat ek my broers en susters in Messiah YAHUSHUA kan dien.

Bid Psalm 23

YAH is the Herder van Sy Mense ‘n Psalm van Dawid.

YAHWEH is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen rampspoed vrees nie; want U is met my: U stok en U staf, dit vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van YAHWEH bly in Lengte van dae.