Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 14de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 29

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 29ste dag van die Omer.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 29 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Nederigheid in Leierskap

Esegiël 34:1-4


1 En die woord van YAHUVEH het tot my gekom en gesê:

2 Seun van Adam, profeteer teen die herders van Yiesraél; profeteer en sê vir hulle, die herders: So sê YAHUVEH ELOHIM: Wee die herders van Yiesraél wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?

3 Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie;

4 Julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. (Lees die hele Esegiël 34)

Leiers, ons moet ag gee op hierdie waarskuwing van die Profete en nederig en vreesagtig wandel voor YAHUVEH. Die begin van wysheid is die vrees vir YAHUVEH [Spreuke 9:10]. ‘n Ware leier van ‘n bediening is gesalf deur die RUACH HA KODESH om of ‘n Apostel, Profeet, Evangelis, Pastoor of Leermeester te wees [Effesiërs 4:11].

‘n Ware Apostel loop gelyk in al 5 ampte. ‘n Ware apostel het YAHUSHUA gesien van aangesig tot aangesig. Ek Elisheva Eliyahu, die leier van Amightywind bediening [26 jaar op die internet] het YAHUSHUA vele kere van aangesig tot aangesig gesien asook Aartsengel Michael. DIE HEILIGE DRIE EENHEID YAHUVEH YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH is die ware Hoof van hierdie bediening. Ek sê dit nie uit trots uit nie, die skrif sê Toe het YAHUSHUA vir hulle gesê, "Omdat julle MY gesien het, het julle geglo; geseënd is hulle wat nie gesien het nie en tog geglo het" [Johannes 20:29].

‘n Ware apostel stig bedienings in ander dele van die wêreld. Amightywind Bediening vir die LOF, EER en GLORIE van YAHUVEH YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH is in 50 tale en meer, want dit is deur die salwing van die RUACH HA KODESH dat enigiets hiervan moontlik kan wees.

Jakobus 3:1 Moenie baie leermeesters wees nie, my broers, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.

Die enigste een wat in ons lewens opgehemel moet word is YAHUSHUA. YAHUVEH het in die verlede gewys dat, indien ‘n leier nie nederig voor HOM wil wandel nie, sal HY hom verwyder. Ons kan nie dink dat ons in die geheim kan sondig en dit sal nie aan die lig kom nie.

YAHUSHUA het gewaarsku oor hulle wat sou veroorsaak dat ander struikel as gevolg van hul optrede. Hulle wat onder goeie leierskap sit, moet wees soos die “Bereans” en die Woord self bestudeer om seker te maak dat, dit wat ons hoor, in lyn is met die Woord. Dit hou ons ook wedersyds verantwoordelik.

Ons moet leer van diegene in die Bybel wat nederig gewandel het voor YAHUVEH,

Lees Hebreërs 11

Leiers ons moet nederig wandel voor ons ELOHIM en dit as ‘n voorreg beskou om HOM en SY mense te dien.

Bid Psalm 51

Ons moet YAHUVEH vra dat HY ons vul met SY nederigheid en ‘n nederige hart in ons sal herstel.

************************************************************

Lees Psalm 119: 57 - 64

Psalm 119:57 YAHUVEH is my deel; ek het gesê dat ek U woorde sal bewaar.

Ek wil elke vertaler bedank wie elke profesie, lering en openbaring geneem het wat aan my gegee is, en julle het daardie saad geplant in 52 tale rondom hierdie wêreld. Groot sal julle seëninge wees in die Hemel. Aan die gemeente van Amightywind Bediening, vra ek julle om aan te hou bid vir ‘n Hebreeuse vertaler om navore te kom. Ek het profesieë vir Israel en tog nog geen vertaler op hierdie tydstip nie.

Indien enigeen wat hierdie lees gewillig is om vrylik hulle tyd op te offer om die profesieë in Hebreeus te vertaal as ‘n geskenk vir YAHUSHUA of as jy iemand ken wie vlot Engels praat sowel as Hebreeus, skryf asseblief vir my deur op hierdie kontak knoppie te druk.

Dit het baie werk geneem terwyl die salwing uitgestort was op die grafiese kunstenaar om hierdie pragtige kalender te ontwerp vir die aftel van die omer. Daar is niks soos dit op die internet nie. As hierdie omer ‘n seen vir jou was, laat my asseblief weet deur die gasteboek te teken deur die knoppie te druk.



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 141
Die Hemel se Hofsaal: Hoe Pleit Jy?


Profesie 142
Huil & Weeklaag, Ezra! Jy, Soos Israel, Het Bevryding Nodig Van Narcisme


Profesie 143
‘n Einde Word ‘n Nuwe Begin! Purim Woord 2019


Profesie 144
Berou Bose Ezra, Jy’s ‘n Toon Weg van Lastering!


Profesie 145
Oorlogs-Kreet - Moet MY, YAHUVEH, Se Geduld Nie Toets Nie!