Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 13de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 28

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is agt-en-twintig dae, wat vier weke van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 28 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

LEWENSWANDEL VAN NEDERIGHEID

Psalm 147:1-6


1 Loof YAHUVEH! Want dit is goed om onse ELOHIM te besing, ja lieflik; 'n loflied is gepas!

2 YAHUVEH bou Yerushalayiem op; HY versamel van Yiesraél die wat verdryf is.

3 HY genees die wat gebroke is van hart, en HY verbind hulle wonde. 147:4 HY bepaal die getal van die sterre; HY gee hulle almal name.

5 YAHUVEH is Groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

6 YAHUVEH rig die ootmoediges weer op; die afvallige mense verneder Hy tot die grond toe.

Hy moet hulle vergewe wat hom kwaad aangedoen het en hy kan selfs so ver gaan om hom te vergoed, soos dit geskryf staan: “Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen - ek sal die man vergeld na sy werk. (Spreuke 24:29)

As gevolg van sy nederigheid is hy nie besorg oor die kwaad wat aan hom gedoen was nie

Matteus 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, [hulle roekelose en opsetlike sondes, hulle los, hulle laat gaan, en wrok opgee] sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

As probleme ontstaan met sy finansies of sy gesondheid, of sy seuns en bloedverwante sterf, sal hy die oordeel aanvaar, en die verordeninge van YAHUVEH aanvaar met liefde, want dit is die aard van nederigheid wanneer mens beproef word. Dit is hoe Aaron opgetree het toe sy seuns Nadav and Avihu gesterf het. Hy het die oordeel aanvaar as gevolg van sy nederigheid, en het nie uitgebars in persoonlike wroeging nie, soos dit geskryf is, …“En Aaron het stilgebly.”…

Matteus 5:4 Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

As mense hom eer moet hy nie trots wees nie, maar hy moet eerder deur die weg van nederigheid gelei word, en nie hoogmoedig word in sy hart nie. Ons het hierdie eienskap gevind in Abraham, toe hy Ephron vereer het en hom “My meester, ‘n heerser, ‘n heer...” genoem het.

Hy het selfs homself verneder voor die laagstes, soos geskywe, “En Abraham het hom gebuig voor die die volk van die land…”

Romeine 12:16 Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hovaardige (snobisties, hoogmoedig, kieskeurig) dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;

Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees YAHUVEH, en wyk af van die kwaad [Spr. 3:7]

As dit uitgevind word dat hy ‘n reputasie van wysheid, insig, rykdom, of invloed by die koning het of enige iets anders wat mense hoogmoedig maak, moet hy homself nie verhewe hou bo sy vriende nie, maar hy moet eerder nederig en beskeie wees en hy moet optree soos voorheen, voordat hy bekend geraak het vir hierdie dinge.

Soos dit geskryf is: “As die gees van die heerser na jou opkom, verlaat nie jou pos nie, [Prediker 10:4] Dit verwys na die plek wat jy voorheen was.

Fillipense 2:3-8


3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.

5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in die Messias YAHUSHUA was.

Fillipense 1:6 HY, wat in die gestalte van ELOHIM was, het gelykheid aan ELOHIM nie as iets geag wat aangegryp moet word nie,

7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8 en in gedaante gevind as 'n mens, het HY Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die folterpaal soos ‘n misdadiger!

Wanneer beproewings oor jou kom moet jy nie huiwer om openlik te bekeer nie. Moenie weier om dit te doen as gevolg van persoonlike hoogmoed nie. Ons het die voorbeeld van diegene wat in verstrooïng was gedurende die tyd van Ezra, toe hy hulle bestraf het, het hulle dadelik bekeer. Soos dit geskryf is:

“Ons het ontrou gehandel teen onse ELOHIM, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het...” (Ezra 10:2) Hulle het bekeer en hul vekeerde dade reggestel.

Psalm 32:1-5


1 Geseënd is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is!

2 Geseënd is die mens aan wie YAHUVEH die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

3 Toe ek geswyg het, het my beendere uitgeteer in my gebrul die hele dag;

4 want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. (Selah),br>

5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan YAHUVEH my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Selah.

************************************************************

Lees Psalm 119: 49 - 56

Psalm 119:49 ז (Zayin) Onthou die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 6
Eers Ween Ek, Dan Is Ek Kwaad!


Profesie 108
Ek, Yahuveh Sal Binnekort Die Gees Van Vernietiging Op Die Aarde Loslaat!