Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 12de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 27

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is sewe-en-twintig dae, wat drie weke en ses dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 27 Omer Leesstuk:


Week 5 /Kenmerk 5 - Nederigheid/Toewyding (Hod)

Ons het vier weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

NEDERIGE LEWENSWANDEL

Numeri 12:1-3


1 En MierYam en Aharon het teen Mosheh gepraat vanweë die Kushitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kushitiese vrou geneem.

2 En hulle het gesê: Het YAHUVEH dan maar alleen met Mosheh gepraat? Het Hy nie ook met ons gepraat nie? En YAHUVEH het dit gehoor.

3 Maar die man Mosheh was baie ANaV (sagmoedig), meer as al die mense op die aardbodem.

Spreuke 22:4 Die loon van nederigheid is die vrees van YAHUVEH, is rykdom en eer en die lewe.

Hoe groot is nederigheid? So groot dat die Heilige EEN dit uitsonder om te eer en te prys.

Waar iemand ookal die magtigheid van die Heilige EEN vind, vind hy ook SY nederigheid. Dit word gevind in die Torah en word herhaal in die Profete en weer herhaal in die Skrifte van die Bybel, in die Torah is daar geskryf:

Want YAHUVEH julle ELOHIM is die ELOHA van die elohiem en MEESTER VAN DIE MEESTERS...” (Deuteronomium 10:7)

Hierdie vers word gevolg deur “...wat reg verskaf aan die wees en die weduwee.”

In die Profete is dit geskryf: “Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon…” (Jesaja 57:15)

Dit word dadelik opgevolg met, “...laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes...”

In die Psalms is geskryf: “...YAHUVEH is SY Naam; en jubel voor sy aangesig!”

(Psalm 68:5) gevolg deur, “...'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees…”

Daarom moet ‘n persoon die eienskappe van sy Skepper met alle mag agterna doen om sodoende te styg tot die hoogste sport en vas te klou aan nederigheid. Dit sal hom die reg gee om geliefd te wees deur ELOHIM sowel as mense.

Wanneer ‘n persoon die waarde van nederigheid besef, sal hy homself distansieer van baie van die vuilheid wat aangetref word in die mense, en hy sal jaag na die waarde wat gevind word in heiligheid, reinheid en onthouding.

************************************************************

Daar was nie ‘n nederiger persoon as YAHUSHUA ons MASHIACH nie, YAHUVEH In die Vlees, Wie ons so lief gehad het dat HY gewillig was om ons plek te neem en vir ons te sterf!

Ons moet in SY voetspore volg en SY juk (Torah/Leerstellings en Instruksies) op onsself neem. Ons leef in ‘n wêreld waar “self‘ verhoging” die plek gevat het van nederigheid voor ELOHIM.

Ons vlees begeer dat die “Ek” en “My” verhoog moet word. Ons wil hê dat almal moet sê hoe wonderlik ons is, wanneer ons lewens in der waarheid veronderstel is om te weerspieël hoe wonderlik YAHUVEH is.

Ons het arrogant en trots geword en YAHUSHUA het ons geroep om sagmoedig en nederig te wees. Ons wil bevorder word en ‘n naam vir onsself maak, terwyl YAHUSHUA gesê het dat HY die EEN is wie bevorder. Ons wil onsself verhoog, terwyl daardie voorreg alleenlik aan HOM behoort. Ons wil leef maar HY het ons geroep om te sterf aan die ‘self.’

Ongelukkig is die van ons, wat gelowiges is, die skuldigste hieraan.

Ons het opgeblase geword en vol trots. Ons moet bekeer! Want sonder YAHUSHUA is ons niks!

Ons het trots begin raak, terwyl HY ons geroep het om te wandel soos HY gewandel het, en ander voor HOMSELF gestel het.

Johannes 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Matteus 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.

Matteus 23:12 Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

Lukas 14:11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

Filippense 2:8 …het HY Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood – dood aan ‘n folterpaal soos ‘n misdadiger!

Spreuke 11:2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.

Jakobus 4:10 Verneder julle voor YAHUVEH, en Hy sal julle verhoog.

Jakobus 3:13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. Laat ons gebede wees, YAHUSHUA leer my U nederigheid!

************************************************************

Lees Psalm 119: 41 - 48

Psa 119:41 ו (Vav) En laat u gunsbewyse oor my kom, o YAHUVEH, u verlossing ooreenkomstig u belofte,

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 1
Oordeel Begin By Die Huis Van YAHUVEH!


Profesie 141
Die Hemel se Hofsaal: Hoe Pleit Jy?


Profesie 145
Oorlogs-Kreet - Moet MY, YAHUVEH, Se Geduld Nie Toets Nie!