Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 11de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 26

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is ses-en-twintig dae, wat drie weke en vyf dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 26 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het 3 weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot

Terwyl ons Sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Is jy ‘n Gideon Kryger?

Rigters 6:12-16


12 En die Boodskapper van YAHUVEH het aan hom verskyn en vir hom gesê: “YAHUVEH is met jou, dapper held!”

13 Toe vra Ghiedón Hom: “Ag, my meester, as YAHUVEH met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: ‘Het YAHUVEH ons nie uit Mietsrayiem laat optrek nie?’ Maar nou het YAHUVEH ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Miedyaniete.”

14 Toe draai YAHUVEH na hom toe en sê: “Gaan in hierdie krag van jou en verlos Yiesraél uit die hand van die Miedyaniete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?”

15 Maar hy vra Hom: “Ag, YAHUVEH, waarmee sou ek Yiesraél verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Menasheh, en ek self die geringste in my familie.”

Ek weet nie van jou nie maar ek het ook al dieselfde gevoel. Vader as U my geroep het, waarom gaan ek dan deur al hierdie probleme, waar is die wonderwerke sodat Farao kan weet dat U YAHUVEH is? Waarom is dit so moeilik om te vermag wat U my gegee het om te doen? Waarom sou U my in die eerste plek wil gebruik? Weet U nie dat ek die geringste is nie, daar is baie ander wat baie slimmer as ek is.

Wat is SY Antwoord aan ons?

Rigters 6:16 Toe sê YAHUVEH vir hom: “Ek sal met jou wees, sodat jy die Miedyaniete soos een man sal verslaan.”

Dan hoor jy die volgende: Daar is te veel van julle! Wat? Maar YAH verstaan U nie, ons het ‘n magtige groot stryd voor ons? Hoe gaan ons dit regkry om dit waarvoor U ons geroep het te doen, die werk te doen met so min van ons?

Rigters 7:2-7


2 Toe sê YAHUVEH vir Ghiedón: “Die manne by jou is te veel vir My om die Miedyaniete in hulle hand te gee; anders kan Yiesraél hom teen My beroem deur te sê: ‘My eie hand het my verlos.’

3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die manne en sê: ‘Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die berge van Ghielád af.’” Toe het daar van die manne twee en twintig duisend omgedraai, en tien duisend het oorgebly.

(Wat baat dit om ‘n MEGA-Kerk te hê!)

4 Daarna sê YAHUVEH vir Ghiedón: “Die manne is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: ‘Hierdie een mag met jou saamgaan’ - hy mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: ‘Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie’ - hy mag nie gaan nie.”

5 Hy bring toe die manne af na die water; en YAHUVEH sê vir Ghiedón: “Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.”

6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand na hul mond toe, was drie honderd man; en al die ander manne het op hulle knieë vooroor gebuig om water te drink.

7 Toe sê YAHUVEH vir Ghiedón: “Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Miedyaniete in jou hand gee; maar al die ander manne kan elkeen na sy woonplek gaan.”

Waarvoor het YAHUVEH gesoek? Dieselfde waarna HY vandag soek. Hulle wat nie angstig of te bang is om SY opdragte uit te voer nie, en diegene wat waaksaam en gereed is vir die stryd. Hulle wat nie die eer sal vat vir dit wat YAHUVEH gedoen het nie. Hulle wat nie beïndruk is deur groot getalle nie maar wie gewillig is om te doen waarvoor HY hulle geroep het ongeag hoe min hulle lyk in getalle.

Ons moet besef dat, wanneer HY ons roep om iets te doen sal HY seker maak dat HY ons gee wat ons nodig het om die stryd te wen, op SY manier en nie ons manier nie.

YAHUVEH se Woord, SY Gebooie is nie ‘n 'Burger King' waar jy dit op jou manier kan hê nie.

Dit is SY manier of geen manier nie. Maar SY manier sal waarborg dat jy die oorwinning sal hê in HOM.

***********************************************************

Lees Psalm 119:26-34

Psa 119:33 ה (Heh) YAHUVEH, leer my die weg van U insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 22
Geliefdes, Moenie Self Julle Grootste Vyand Word Nie!


Profesie 33
Die Gruwel, Die Gruwel, Die Gruwel Soos Dit In Die Tyd Van Hitler Was, So Sal Dit Weer Wees!


Profesie 93
2008 En Vorentoe Sal 'n Oorlog Wees Soos Nog Nooit Tevore, Teen Die Vals Profete Van Baäl!


Profesie 102
“Yahushua Sê, "Dis Net 'n Kwessie Van Tyd"