Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 10de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 25

DAILY PRAYER FOR THE COUNTING OF THE OMER:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is vyf-en-twintig dae, wat drie weke en vier dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 25 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het 3 weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot

Terwyl ons Sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA Oorwinning Kom wanneer ons in SY Teenwoordigheid Vertoef

Psalm 91 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ps 01:2 Ek sal tot YAHUVEH sê: My toevlug en my bergvesting, my ELOHIM op wie ek vertrou.

Die enigste plek van veiligheid is Daagliks in SY Teenwoordigheid. Ons moet in SY teenwoordigheid vertoef 24/7. SY Teenwoordigheid is ons stad van toevlug, ons Skuilplek. Ons moet LEEF in SY Teenwoordigheid want dit is waar ons krag vandaan kom.

Ons moet verklaar, en SY Woord daagliks spreek asook SY beloftes, want HY waak oor SY Woord om dit uit te voer en die engele luister alleenlik na SY Woord. Ons moet waak oor ons woorde omdat YAHUVEH ook luister.

SY woord is ons beskutting en ons daaglikse voedsel. Dit is ons wapen teen die teëstander.

Matteus 4:4-23


Matteus 4
Satan Versoek YAHUSHUA

4 Toe is YAHUSHUA deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. 2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: “As U die Seun van ELOHIM is, sê dat hierdie klippe brode word.
Maar Hy antwoord en sê: “Daar is geskryf: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van YAHUVEH uitgaan.’”

5 Toe neem die duiwel Hom saam na die afgesonderde stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan

6 en sê vir Hom: “As U die Seun van ELOHIM is, werp Uself af; want daar is geskryf: ‘Hy sal sy boodskappers bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.’”

7 YAHUSHUA sê vir hom: “Daar is ook geskryf: ‘Jy mag YAHUVEH jou ELOHIM nie versoek nie.’”

8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle voortreflikheid,

9 en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.”

10 Toe sê YAHUSHUA vir hom: “Gaan weg, Satan! want daar is geskryf: ‘YAHUVEH jou ELOHIM moet jy aanbid en Hom alleen dien.’”

11 Daarna het die duiwel Hom laat staan, en kyk, boodskappers het gekom en Hom gedien.

12 En toe YAHUSHUA hoor dat Yahuganan in die gevangenis gesit was, het Hy na Ghaliel teruggegaan.

13 En Hy het Natsaret verlaat en gaan woon in Kefar-Nagum aan die see, in die gebied van Zevulon en Naftali,

14 sodat vervul sou word wat verklaar is deur YeshaYahu, die profeet, toe hy gesê het:

15 “Die land Zevulon en die land Naftali, na die see toe, oorkant die Yarden, Ghaliel van die heidene –

16 die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n Lig opgegaan.”

17 Van toe af het YAHUSHUA begin om te preek en te sê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Vier Vissermanne Geroep as Dissipels

18 En terwyl YAHUSHUA langs die see van Ghaliel loop, sien Hy twee broers, Shiemón wat genoem word Kefa, en Andreas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

19 En Hy sê vir hulle: “Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.

21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Yaákov, die seun van Zavdi, en Yahuganan, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Zavdi, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.

22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg. YAHUSHUA Maak ‘n Groot Menigte Gesond

23 En YAHUSHUA het deur die hele Ghaliel rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees. 24 En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sirië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerlei siektes en pyne en wat demoon-besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak. 25 En groot menigtes het Hom gevolg van Ghaliel en Dekapolis en Yerushalayiem en Yehudah en van oorkant die Yarden af.”

Spreuke 30:5 Elke woord van ELOHIM is gelouter. ‘n Skild vir die wat by HOM skuil.

SY toevlug is ‘n plek van Geloof/Vertroue en gebed tot Die Allerhoogste.

“Geloof vind sy egte uitdrukking in die aksie van gebed, want alleenlik iemand wat opreg glo in ELOHIM en SY gewilligheid om SY skepping te bevriend, sal versoeke tot HOM rig.”

“ELOHIM gee ons nie geloof vir enige versoek wat in teenstelling is met SY woord nie. HY sal nie gebede verhoor wat selfsugtig is nie. (Jakobus 4:3) Ons kom voor YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA want alleenlik deur SY verlossing en SY magtiging het ons die reg om te kom.”

Glo jy die Slegte Nuus of SY Woord? Wie se verslag sal jy glo? Ons sal die verslag van YAHUVEH glo wat SY Woord is.

Lees Psalm 119:18-25 Psa 119:25 ד (Dalet) My siel kleef aan die stof; maak my lewend na U woord.



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 62
Die Koning Kom!


Profesie 136
Die HEILIGE DRIE EENHEID het ook Vertroosting Nodig!


Profesie 138
Manlike Masturbasie, bekeer jou voor YAH se aangesig!