Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 9de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 24

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is vier-en-twintig dae, wat drie weke en drie dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 24 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het 3 weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot Terwyl ons Sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

LEWENSWANDEL

"Orach_Chayim"

Spreuke 4:10-13


10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

12 as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.”

WYSHEID sal jou die oorwinning gee, uithou vermoë en vasberadenheid sodat jy die Lewenswandel kan doen in Messias YAHUSHUA.

SY sal ‘n lied in jou hart sit omdat YAHUVEH ons sterkte is.

Jubel tot eer van ELOHIM, ons sterkte! Juig tot eer van die ELOHIM van Yaákov!

Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

Psalms 81:1 En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse ELOHIM. Baie sal dit sien en vrees en op YAHUVEH vertrou.

Psalms 40:3 SY woord versterk ons en gee aan ons moed. Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want YAHUVEH jou ELOHIM is met jou, oral waar jy heengaan.

Joshua 1:9 Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker kos en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is afgesonder aan onse YAHUVEH. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in YAHUVEH- dit is julle beskutting.

“Lofprysing skep en versterk geloof. Lofprysing is kragtig. Wanneer ons ELOHIM noukeurig loof vir Wie HY is en wat HY gedoen het, wanneer ons HOM gedurigdeur loof, verslaan ons satan.Word ons gees verlewendig en is ons in staat om sonder moeite die beloftes van SY Woord te glo.”

Beproewings is geleenthede om ELOHIM se eer uit te beeld, om HOM aan die werk te sien, “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie...YAH sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee.

1 Kor. 10:13 Die gelowige kan YAH loof in alle omstandighede; finansiële terugslae, verraad, en selfs die dood, omdat hy die Woord van YAH ken en glo. Die beloftes van YAH is so wonderlik!”

Lees Psalm 119:17-24

Psa 119:17 ג (Gimel) Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek U woord bewaar.



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 53
Ek Het Aan Julle Die Oorwinning Gegee!


Profesie 90
Wat Is Die Naam Van Die Heilige Gees? Wat Is Die Naam Van Die Ruach Ha Kodesh?