Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 8ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 23

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is drie-en-twintig dae, wat drie weke en twee dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 23 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het 3 weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Uithou Tot die Einde

Romeine 5:1-5


1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by ELOHIM deur ons MEESTER, YAHUSHUA die MESSIAS;

2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang ontvang het tot hierdie guns waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die grootheid van ELOHIM.

3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,

4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van ELOHIM in ons harte uitgestort is deur die RUACH ha KODESH wat aan ons gegee is.

Volharding produseer karakter...

Jeremiah 18:1-6


1 Die woord wat van YAHUVEH tot YermeYahu gekom het:

2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.

3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak.

4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk - soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker - maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

5 Toe het die woord van YAHUVEH tot my gekom en gesê,

6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Yiesraél? sê YAHUVEH. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Yiesraél!

Is ons gewillig om Klei te wees in die Hand van die Pottebakker, sodat Hy ons kan modelleer en vorm in SY beeld van heiligheid deur YAHUSHUA ons Messias en Meester?

Hebreërs 12:1-3


1 Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

2 die oog gevestig op YAHUSHUA, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die folterpaal verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van ELOHIM gaan sit het.

3 Want julle moet ag slaan op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Yacov/Jakobus 1:2-4


2 Ag dit louter vreugde, my broers, wanneer julle in allerlei versoekinge val,

3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Jy sal nooit weet wat jy kan deurstaan of hoe sterk jou geloof is as dit nooit getoets word nie.

YAHUVEH sal ons roep om die onmoontlike te vermag, dinge bo ons natuurlike vermoë, maar dit verg 100% geloof/vertoue in HOM om dit te laat gebeur sodat HY die eer sal kry en dat ons sal leer om die druk te deurstaan wat plaasvind wanneer ons SY wil doen.

Daar is nie een magtige man of vrou in die Bybel wat nie moes leer hoe om aan te hou nie. Sotdat hulle die oorwinning kon sien.

Lees Hebrieërs 11

Deur Geloof Verstaan Ons

Hebrieërs 11:1-39


1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.

3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van ELOHIM voorberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. Geloof met die Aanbreek van Geskiedenis

4 Deur die geloof het Hevel 'n beter offer aan ELOHIM gebring as Kayien, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat ELOHIM oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof praat hy nog nadat hy dood is.

5 Deur die geloof is Ganog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat ELOHIM hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy ELOHIM behaag het. 6 En sonder geloof is dit onmoontlik om ELOHIM te behaag; want hy wat tot ELOHIM gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

7 Deur die geloof het Noag, toe hy 'n waarskuwing van ELOHIM ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en 'n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. Getroue Abraham

8 Deur die geloof het Avraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in 'n vreemde land en in tente gewoon met Yietsgak en Yaákov, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan ELOHIM die boumeester en oprigter is.

11 Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.

12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit 'n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is. Die Hemelse Hoop

13 In die geloof het hulle almal gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en verwelkom, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

14 Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle 'n vaderland soek.

15 En as hulle bly dink het aan daardie vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.

16 Maar nou verlang hulle na 'n beter een, dit is 'n hemelse. Daarom skaam YAH Hom nie vir hulle om hulle ELOHIM genoem te word nie, want Hy het vir hulle 'n stad berei. Die Geloof van die Patriarge

17 Deur die geloof het Avraham, toe hy op die proef gestel is, Yietsgak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer,

18 aan wie gesê is: In Yietsgak sal jou nageslag genoem word - want hy het gereken dat ELOHIM mag het om selfs uit die dode op te wek;

19 daaruit het hy hom ook, om so te praat, terug ontvang.

20 Deur die geloof het Yietsgak vir Yaákov en Esau geseën met die oog op die toekoms.

21 Deur die geloof het Yaákov op sy sterfbed altwee die seuns van Yosef geseën; en hy het aanbid terwyl hy leun op die knop van sy staf.

22 Deur die geloof het Yosef aan die einde van sy lewe melding gemaak van die uittog van die kinders van Yiesraél en bevel gegee aangaande sy gebeente. Die Geloof van Moses

23 Deur die geloof is Mosheh na sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie.

24 Deur die geloof het Mosheh, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word,

25 omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van ELOHIM as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê,

26 en die smaad van die YAHUSHUA groter rykdom geag het as die skatte van Mietsrayiem, want hy het uitgesien na die beloning.

27 Deur die geloof het hy Mietsrayiem verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.

28 Deur die geloof het hy die Pesag gehou en die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.

29 Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Mietsrayimiete, toe hulle dit probeer, verdrink het. Deur Geloof het Hulle Oorwin

30 Deur die geloof het die mure van Yerigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.

31 Deur die geloof het Ragav, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Ghiedón, Barak en Shiemshon en Yieftag, Dawied en Shemuél en die profete sou verhaal,

33 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes ontvang, bekke van leeus toegestop,

34 die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, Ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om 'n beter opstanding te kan ontvang.

36 Ander weer het die proef van besptotinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

37 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel

38 die wêreld was hulle nie werd nie - hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in grotte en skeure in die grond.

39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie ontvang nie, 40 omdat ELOHIM iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.

Lees Psalm 119:9-16

Psalm 119:9 ב (Bet) Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U Woord.



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 7
Hou Styf Vas Aan Die Soom Van My Kleed!


Profesie43 – Deel 1
‘ek Is’ God, Die Pottebakker, Julle Is My Klei! My Gawes Is Nie Te Koop Nie!


Profesie 116
Julle Moet Geloof-waterlopers Wees!