Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 7de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 22

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is twee-en-twintig dae, wat drie weke en een dag van die Omer is.

Vandag is die 22ste dag van die Omer,

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 22 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het 3 weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Wees Vasbeslote om te Wandel in die Weë van YAHUVEH se Geregtigheid en in SY Liefde

Yacov/Jakobus 1:19-21


19 So dan, my geliefde broers, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

20 Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor YAH nie.

21 Daarom, doen afstand van alle vuilheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante Woord, wat in staat is om julle siele te red.

Hierdie is Wysheid van Jakobus/Yacov. Vers 19 sê elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat...

Daar is tye wanneer ons die “Taal van Stilte” moet leer, as ons meer sou luister sou ons woorde díé wees van die Gees en nie van die vlees nie.

Dit verg baie selfbeheersing om die tong te bedwing, enige getroude paartjie kan jou vertel dat meeste gevegte binne vyf minute sou stop, as ons nie die een was wat die laaste woord moes inkry nie, daarom, voor mens besef, verander die kleinste geskilletjie in kwetsende woorde en stryery en selfs egskeiding.

Vers 19 sê wees stadig om toornig te word.

Met ander woorde moenie vinnig praat as jy woede in jou het nie. Dit is wanneer jy moet wegstap en kalmeer en bid.

Die vyand geniet dit om ‘n gees van stryery in te bring in ons huwelike, familie en Gemeentes, deur stadig te wees om kwaad te word sal ons nie reageer op die vlees nie maar sal ons toelaat dat ons woore gevul word met wysheid en liefde van YAH, en terwyl ons dit doen sal die Geregtigheid van YAH heers.

Vers 20 sê die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor YAH nie.

Daar is ‘n verskil tussen regverdige toorn soos YAHUSHUA se bestraffing tot die geldwisselaars in die Tempel en SY teregwysing aan sekere Skrifgeleerdes en Fariseers. HY was kwaad oor hulle algehele gebrek aan respek vir YAHUVEH se Huis van Gebed en omdat hulle skynheilig was en omdat HY geweet het dat dit die gees van satan agter hul optrede was.

Die toorn in hierdie vers verwys na uitbarstings van woede, wat kan ontaard in geweld teenoor mekaar. Dit is ‘n woede wat reageer voordat dit dink, en word beheer deur die emosies en nie die gees nie.

Ons mag regverdiglik vertoorn word deur die werke van die vyand en die hartseer wat hy veroorsaak soos bv. oorlog, armoede, siekte en bindings maar met mekáár moet ons in liefde wandel.

Ons moet luister en ‘n sagte antwoord gee want “‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af” jou optrede kan dalk iemand wat YAHUVEH sy hele lewe lank verwerp het, tot ‘n verhouding bring met die Heilige GOD YAHUVEH van Israel, of dit kan hom wegstoot.

Jakobus 1:21 Daarom, doen afstand van alle vuilheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red. Jakobus 1:21 gaan voort deur vir ons te sê om afstand te doen van vuilheid, boosheid, vloekwoorde, vuilgrappe en wulpse grappe, of om selfs daarna te luister na blatante boosheid en om nederig en onderdanig te wees, om onderdanig te wees is om te gehoorsaam, julself te onderwerp, net soos ‘n dienskneg, onderwerp aan sy meester/baas, aan die Torah/Woord van YAHUVEH.

Om in die gees te wandel, en toe te laat dat die Woord jou optrede oorheers, kan ons lewens red! Ontvang met sagmoedigheid die ingeplante Woord binne julle wat jul siele kan red.

Wat het ons Meester YAHUSHUA Ha MASHIACH hieroor te sê gehad...

So, Wie is My Naaste???

Luk 10:29 Maar hy wou homself regverdig, en sê vir YAHUSHUA: En wie is my naaste?

Lees Lukas 10:29-37 vir die antwoord.

Markus 12:28-34


28 En toe een van die Skrifgeleerdes wat bygekom het, hulle hoor redetwis, en sien dat YAHUSHUA hulle goed geantwoord het, vra hy vir Hom: Wat is die belangrikste gebod van almal?

29 En YAHUSHUA antwoord hom: Die belangrikste is: Hoor, Yiesraél, YAHUVEH is ons ELOHIM, YAHUVEH is een;

30 En jy moet YAHUVEH jou ELOHIM liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag.

31 En die tweede is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander mitzvah groter as dit nie. 32 En die Skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat ELOHIM een is en daar geen ander is as HY nie;

33 en om HOM lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.

34 Toe YAHUSHUA sien dat hy verstandig geantwoord het, sê HY vir hom: Jy is nie ver van die Koninkryk van ELOHIM nie.

En niemand het dit meer gewaag om HOM vrae te stel nie.

Matteus 5:44-48


44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?

47 En as julle net jul broers groet, wat besonders doen julle dan? Doen die Heidene/Goyim nie ook so nie?

48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is.

Mag ons gebed vandag wees aan YAHUVEH ons Vader, dat HY in die Naam van YAHUSHUA die werke van ons hande sal bevestig tot SY Eer en vir SY Koninkryk en dat HY ons sal guns gee ten opsigte van die werk wat HY ons geroep het om te doen. Mag HY volkome Herstel en Shalom gee aan beide die Huise van Israel, Judah en Efraim in die Naam van YAHUSHUA Ha MASHIACH, Amen.

***************************************************************

Lees Psalm 119:1-8



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 6
Eers Ween Ek, Dan Is Ek Kwaad!


Profesie 139
”Been van my Gebeente, Vlees van my Vlees” Profetiese Gedig


Profesie 142
Huil & Weeklaag, Ezra! Jy, Soos Israel, Het Bevryding Nodig Van Narcisme