Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 6de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 21

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is een-en-twintig dae, wat drie weke van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 21 Omer Leesstuk:


Week 4 /Kenmerk 4 - Oorwinning/Uithouvermoë/Vasberadenheid (Netzach)

Ons het drie weke voltooi van die aftelling tot by Shavuot, Terwyl ons sit by die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA

Openbaring 2


2:7 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat in die Gan-Eden van YAH is.

2:11 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

17 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op hierdie steen 'n nuwe naam geskryf wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

1 Johannes 5:2-5


2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van YAH liefhet: wanneer ons YAH liefhet en sy gebooie bewaar.

3 Want dit is die liefde tot ELOHIM, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie moeilik nie.

4 Want alles wat uit ELOHIM gebore is, oorwin die wêreld en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat YAHUSHUA die Seun van YAHUVEH is? Ons leef in gevaarlike tye maar HY het ons uitgeroep om in oorwinning te leef deur dit alles.

Nou moet ons meer as ooit ywerig wees om...

Nie die samekomste met mekaar te versuim nie Daagliks SY Woord te Bid vir Beskerming In Liefde te Wandel Op te let dit Wat Ons Spreek SY Woord Daagliks Lees Ons Beywer om HOM te gehoorsaam in Alle Dinge Leer om SY Stem Te Hoor Vir Leiding Geloof Te Hê in SY Beloftes Dat HY Sal Omsien na ons en ons families Wegbly van Bakleiery Bid, Bid, Bid Nugter en Waaksaam Wees Nie Vrees Nie Hom Daagliks Loof en Aanbid Gehoorsaam Aan SY Torah Bly Die Sabbat Heilig Hou Wees Heilig soos HY Heilig Is in Alles wat jy sê en doen Hoe vertoef ons onder Die Skadu Van SY Vleuels? lees Ps 91 Ons moet in Geloof en Volharding Staan Ons Moet ‘n Lewe van Gehoorsaamheid leef volgens SY Bekende Wil Ons Moet ‘n Lewe van Nederigheid lei, ‘n Lewe van Onselfsugtigheid, ‘n lewenswandel wat stap in die Liefde vn YAH en Sy Nederigheid Ons moet onsself skei van die Wêreld en dinge van die Wêreld Ons Moet ons aan HOM en SY Woord Onderwerp Ons Moet ons Siele Reinig van die liefde vir die dinge van die Wêreld Onsself Ledig van Selfliefde

Nader Tot ELOHIEM deur SY Heilige Torah/Woord te lees, te Loof, te Aanbid en Bid Skrifgedeeltes Om Jou Te Troos en Herstel te bring ten opsigte van Wie Jy Is In Messias YAHUSHUA.

*************************************************************

Die veiligste plek in die wêreld is onder die skadu van SY Vleuels. HY sê vandag vir ons dat ons nie hoef te vrees vir dit wat rondom ons gebeur nie, want HY is met ons. Ons hoef nie angstig te wees nie want HY is Ons ELOHIM!

Gedurende hierdie tye van verdrukking op die aarde het HY belowe om ons te versterk en te help en ons staande te hou as ons in eenheid bly met HOM.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 53
Ek Het Aan Julle Die Oorwinning Gegee!


Profesie 95
Yahushua Ha Mashiach Sê, Neem Op Julle Wapens, Ek Lewe!


Profesie 120
Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie! Sukkot Restourasie Profesie!