Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 5de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 20

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is twintig dae, wat twee weke en ses dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 20 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet)

Ons het 2 weke voltooi in die aftel tot by Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

Abba YAHUVEH...sit U arm on my skouers en U hand oor my mond.

Moenie Jou Mond Oopmaak Nie. Indien jou woorde ‘n swak weerspieëling tot jou vriende en familie gaan wees van die Meester YAHUSHUA.

1 Petrus 2:22-25

22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;

24 wat self ons sondes in sy liggaam op die folterpaal gedra het, sodat ons die sondes kan afsterf en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.

Messiah YAHUSHUA, is ons voorbeeld van hoe ons moet optree wanneer ons vervolg word.

Toe HY uitgeskel en beledig was, het HY nie in antwoord daarop teruggeskel of beledig nie.

Toe HY mishandel was en gely het, het HY geen dreigemente van wraak gemaak nie. Die wêreldse Gelowige wat na die vlees wandel sal altyd reageer met verkeerde woorde wanneer hy uitgeskel of beledig word. Alles wat ons sê en doen is ‘n weerspieëling van die Meester wat ons dien, wys ons lewens en woorde dat ons Messias YAHUSHUA dien? Of wys ons woorde aan die wêreld dat ha satan die meester van ons lewens is?

Ons moet deur RUACH HA KODESH beheer word ten ALLE tye, en dit verg dissipline, maar as ons dit doen sal die vrug van die RUACH HA KODESH duideliker word in ons lewens en vir diegene rond-om ons en Eer bring aan YAH.

As gelowiges wat wandel volgens die Torah, en daarop aanspraak maak dat Messias YAHUSHUA ons Meester is, moet ons verantwoording doen aan mekaar vir ons aksies en woorde en vinnig wees om berou te toon teenoor mekaar.

Ons het nodig om terug te keer na die gebruik in die Brit HaDasha wat vir ons sê om ons foute en sondes aan mekaar te erken sodat ons genees kan word. Ons is so vol trots en vrees vir verwerping dat ons dít níé wil doen nie, maar ás ons dit doen sal daar genesing kom. Dit is waaroor ‘n Messiaanse Gemeenskap gaan en dit is wat ons bymekaar hou; wanneer ons leer om lief te hê, te vergewe en vir mekaar te bid.

Jakobus 5:16

Jakobus 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.

Neem Vandag die besluit om die Messias en SY voorbeeld te volg, en laat HOM die Meester wees van jou lewe, op elke gebied, veral jou woorde. Mag ons lippe woorde voort spreek gevul met Skoonheid, Harmonie en Barmhartigheid terwyl ons wag op SY wederkoms.

***********************************************************

Die eerse stap om Lashon hara te vermy is deur ons foute te erken en om toegewyd te wees om dit te verbeter. Wanneer ek aanvaar dat ek alleen verantwoordelik is vir my tekortkominge, sal ek net so ook minder krities en meer verdraagsaam wees teenoor ander. As jy ondervind dat jy terneergedruk voel oor jouself of ander, probeer om nie te fokus op die foute nie maar op die waardes. Dit sal jou oplig uit negatiwiteit uit. Die Torah sê; “Moenie die maklike uitweg soek nie. Voel jy terneergedruk? Werk hard om jouself te verbeter”



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 13
Vertel Vir Hulle My Kind, Vertel Hulle Namens My!


Profesie 63
O Israel, Waar Is Jou Bloed Offer?


Profesie 77
Aanskou! Ek, Yahuveh Stuur Jou Voort Met 'n Nuwe Salwing Vir Die Pinkster Kerke, Vir Die Wat Wil Glo En Ontvang!