Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 17de dag van die Hebreeuse Maand Nissan
Dag 2

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:

Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die tweede dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.
Dag Twee Omer Leesstuk:


Week 1 Kenmerk 1 - Liefde/Ahava En Goedertierenheid/Chesed

1 Korintiërs 13:4-8, 13
4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5 handel nie onwelvoeglik (arrogant en opgeblaas met trots); nie, soek nie sy eie belang (ongemanierd) nie, word nie verbitterd nie, Liefde (God se liefde in ons) reken die kwaad nie toe nie, [dit gee geen aandag aan die verkeerde fout nie]

6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles [sonder verswakking] .

8 Die liefde vergaan nimmermeer [vervaag nooit of verouder nie of kom tot ‘n einde nie]; maar profesieë (die gawe om die goddelike wil en doel te interpreteer); - hulle sal tot niet gaan; of tale - hulle sal ophou; of kennis - dit sal tot niet gaan. [dit sal sy waarde verloor en word deur die waarheid vervang].[4]

13 En nou bly geloof, hoop, liefde [geloof-oortuiging en geloof met betrekking tot die mens se verhouding tot God en goddelike dinge; hoop-vreugdevol en selfversekerde verwagting van ewige redding; iefde-ware toegeneentheid vir God en mens, wat groei uit God se liefde vir en in ons] - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.[5]

Drie dinge is blywend: vertroue, hoop, liefde. Die formule van “drie groot dinge” is algemeen in Joodse litteratuur. Dieselfde drie verskyn in Kolossense 1:4-5. Die wêreld word onderhou deur drie dinge: beoordeling, waarheid en vrede, soos daar gesê word: Sagaria 8:16 “Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte” (Sagaria 8:16)

Hierdie is die ware soort liefde waarin die eerste gemeente van Messiah gewandel het. YAHUSHUA ons Messiah is die perfekte voorbeeld van liefde. HY was liefde gemanifesteer in die vlees.

Liefde is die basis van die Wortel waarvan alle ander vrug hul voeding ontvang. Liefde is die fondament van al die 9 ander geestelike vrugte en YAHUSHUA is die Wynstok waarvandaan ons, ons voeding en krag ontvang.

Johannes 13:35
35 Hieraan sal almal [mense] weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het [as julle aanhou liefde onder mekar betoon].

Johannes 15:12
12 Dit is My gebod, dat julle mekaar moet liefhê [net soos] Ek julle liefgehad het. [7] Mattheus 19:19 19 Eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê [net ]soos jouself. [Lev. 19:18; Matt. 22:39].

Mattheus 22:37-40
37 En YAHUSHUA antwoord hom: Jy moet YAHWEH jou ELOHIEM liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand (intellek). [Deut. 6:5]. 38 Dit is die eerste en groot gebod (mees belangrike beginsel). 39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê [net] soos jouself. [Lev. 19:18]. 40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele Torah en die Profete. [9]

Hebreeus vir die verse hierbo word weekliks herhaal in die Messiaanse Gemeentes om hulle te herinner dat hul YAHUVEH moet liefhê asook ander saam met die Shema.

Veahav'tah et Adonai Eloecha b'chol l'vov-cha u-v'chol naf-she-cha u'v'chol m'oh-de-cha. Veahav'tah l'rei-acha kamocha. Bish'tak hamitsvot ha-eileh kol ha- to-rah t'lu-yah v'gam ha- n'vi-im

Jy moet YAHWEH jou ELOHIEM liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele Torah en die profete.

Sh'ma Yisrael, Adonai Eloheynu, Adonai echod. Baruch shem k'vod malchuto l'olam voed

Hoor, Yiesraél, YAHWEH is ons ELOHIEM; YAHWEH is een. Loof SY Naam, Wie se Heerlikheid en Majesteit vir ewig is.

Jakobus 2:8
8 As julle ewenwel [werklik] die koninklike Torah vervul volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself [jy jouself liefhet] - dan doen julle goed.[Lev. 19:18].

Terwyl ons die Omer aftel tot by Shavuot, vra vir YAHUVEH /GOD om SY vrug op ‘n groter wyse as ooit tevore te openbaar in jou lewe om meer Heerlikheid te bring tot SY Heilige Naam.

Ons het nodig om die VADER te vra om ‘n Geestelike Hart-operasie op ons te doen want ons harte kan geblok en verhard word. Bid Psalm 51

‘n Gebed van Bekering Tot die Musiekleier. ‘n Psalm van Dawid toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Batsheva ingegaan het.

51. Bewys guns aan my, o ELOHIEM, na U goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van U barmhartigheid. 2 Was my volledig van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde .

3 Want ek ken my oortredinge, en my sonde is voortdurend voor my. 4 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U praat, rein as U gerig hou.

5 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. 6 Kyk, U het 'n behae in waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

7 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. 8 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die beendere juig wat U verbrysel het. 9 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

10 Skep vir my 'n rein hart, o ELOHIEM, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. 11 Verwerp my nie van U aangesig nie en neem nie U RUACH ha KODESH van my weg nie.

12 Gee my weer die vreugde van U verlossing, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. 13 Ek wil die oortreders U weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

14 Red my van bloedskuld, o ELOHIEM, ELOHIEM van my verlossing! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. 15 YAHWEH, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. 16 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. 17 Die offers van Elohiem is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o Elohiem, nie verag nie!

18 Doen goed aan Tsion na u welbehae; bou die mure van Yerushalayiem op. 19 (21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

Doen goed aan Tsion na u welbehae; bou die mure van Yerushalayiem op. 19 (21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.