Gaan terug na die Omer Kalender

Omer aftelling van die 4de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 19

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is negentien dae, en dit is twee weke en vyf dae van die Omer

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 19 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet)

Ons het 2 weke voltooi in die aftel tot by Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

Harmonie & Eensgesindheid in Messias

2 Timoteus 2:19-25


19 Ewenwel, die fondament van ELOHIEM staan vas met hierdie seël: YAHUVEH ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van die Messias noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

20 Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.

21 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, afgesonder en bruikbaar vir die Meester, voorberei vir elke goeie werk.

22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag na geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat YAHUVEH uit 'n rein hart aanroep.

23 En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24 en 'n dienskneg van ELOHIM moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of YAH hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

1 Korintiërs 1:10

Maar ek vermaan julle, broers, in die Naam van ons MEESTER YAHUSHUA die MASHIACH, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

HY het ons uit duisternis (Egipte en Babilon) uit geroep na SY WONDERBAARLIKE Lig, SY Torah/Leerstellings en instruksies deur die Bloed van YAHUSHUA die Messias. Ons sal een stok in SY Hand word omdat HY SO GESÊ HET!

Ons is byna halfpad in ons aftelling van die Omer, om ons harte voor te berei om hervul te word, dit is, sodat SY Torah selfs dieper in ons harte geskryf word en SY Vurige Salwing op ons sal rus, asook binne-in ons, op ‘n groter manier!

Ons moet bekeer van LaShon Hara teenoor mekaar, want ons gaan mekaar meer as ooit nodig kry terwyl ons wag op SY Wederkoms. Ons moet gaan na die Mikveh want HY kom vir SY Bruid!

Effesiërs 5:27

Sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, voortreflik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit afgesonder en sonder gebrek sou wees.

Ek was vertel dat, in Israel, sal ‘n Rabbi nie ‘n huwelik voltrek sonder dat die bruid deur die Mikveh gegaan het nie! Die Mikveh van die bruid is ‘n baie heilige proses.

Daar moet ‘n Bekering wees Voor Die Mikveh. As ons tonge ons besmet, moet ons bekeer en gereinig word.

Daar is twee komponente van die bekering uit spraak van Lashon Hara/Die Bose.

Tong:(1) Die sonde tussen die mens en YAH: vir die oortreding van enige gebod; ‘n persoon bekeer deur:
(a) berou te hê oor sy dade
(b) sy oortreding te erken aan YAH
(c) toegewy wees om sy weë ten goede te verander

(2) Die sonde wat mense teenoor mekaar doen: vir enige skade wat een persoon aan ‘n ander veroorsaak het, moet die skuldige party ‘n poging aanwend om die skade te herstel en om vergifnis vra.

Matteus 18:21-35

21 Toe kom Kefa na Hom en sê: Meester, hoe dikwels sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?

22 YAHUSHUA antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe!

23 Daarom word die Koninkryk van die Hemel vergelyk met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

24 En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.

25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy meester bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat die skuld betaal moet word.

26 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Meester, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.

27 En die meester van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

28 Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy mede diensknegte vind wat hom honderd denarii skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.

29 Sy mede dienskneg val toe neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.

30 En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.

31 En toe sy mede diensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle meester meegedeel alles wat gebeur het. 32 Daarna roep sy meester hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;

33 moes jy nie jou mede dienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?

34 En sy meester het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

35 So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 6
Eers Ween Ek, Dan Is Ek Kwaad!


Profesie 101
Ek, Yahuveh Sê, "Julle Dade Praat Harder As Julle Woorde"