Gaan terug na die Omer Kalender

Omer telling van die 3de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 18

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met SY gebooie en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is agtien dae, wat twee weke en drie dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 18 Omer Leesstuk:


Week 3/Kenmerk 3 - Krag/Dissipline (Gevurah) Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA . Ahavat ha Emet –

Liefde vir die Waarheid. Moenie jou mond oopmaak wanneer dit tyd is om te luister nie Spreuke 13:1

'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n sptoter hoor nie na berisping nie.

Wanneer ons tereggwys word deur ‘n woord van ons Pastoor of boeties en sussies in die Messiah, moet ons gehoor gee, bid oor dit wat gesê was, wys wees en bekeer en veranderinge maak waar nodig sonder om maklik aanstoot te neem.

As die terregwysing in liefde gegee was om jou te help groei in jou wandel met Messiah, ontvang dit dan so. Moenie jouself toelaat om aanstoot te neem deur korreksie nie. Trots sal veroorsaak dat jy nie korreksie sal aanvaar nie en sal jou geestelike groei belemmer. Ek verkies dit om eerder deur ‘n Woord van liefde gekorrigeer te word deur ‘n broer of suster in Messiah as iemand wat niks sê nie al is ek verkeerd oor iets wat ek gedink het of gesê het. Onthou ELOHIEM gebruik altyd SY woord om ons te korrigeer en ‘n wyse seun aanvaar sy Vader se dissipline.

Ons sal die eerstes wees om te erken dat, wanneer ons gekorrigeer word, ons nie noodwendig daarvan hou nie, maar ek het geleer om wys te wees en te luister na teregwysing en om die nodige veranderinge te maak in my lewe sodat ek kan groei in my wandel met YAHUVEH,YAHUSHUA en IMMAYAH RUACH HA KODESH.

Ons as ouers, wanneer ons ons kinders teregwys, doen ons dit uit liefde en omdat ons wil hê hulle moet suksesvol wees en nie misluk nie, en wat ‘n vreugde wanneer daardie kind die teregwysing erken en gehoorsaam, en hoe hartseer as daardie kind rebelleer en nie wil luister na die teregwysing nie, maar kies om te rebelleer, en homself te bedroef asook sy familie. Laat ons nie rebelse kinders van YAHUVEH wees nie, maar laat ons die kinders wees wat dissipline aanvaar wat HY ons gee omdat HY ons liefhet, sodat ons suksesvol kan wees in alles wat HY ons geroep het om te doen. Amen

Dit neem barmhartigheid om tereg te wys want jy wil nie jou kinders of boeties en sussies in Messiah ‘n pad sien loop wat lei tot vernietiging nie.

Ons moet waarlik berou hê en bekeer indien ons ander vernietig het deur ons woorde in plaas daarvan om korreksie te gee met barmhartigheid. Lewe en dood is in die mag van die tong...! Dit is so maklik om vasgevang te word in die web van skinder in plaas van genade en barmhartigheid.

**********************************************************

ABBA YAHUVEH Gee my ‘n tong van barmhartigheid en nie LaShon Hara/bose taal nie, sodat ek nie skade aan ander berokken nie.

Hierdie verhaal demonstrer hierdie gedagte. ‘n Man het in ‘n gemeenskap rondgegaan en veskriklike leeuns van sy pastoor vetel. Later het hy die verkeerde wat hy gedoen het besef, en begin jammer voel. hy het na die pastoor gegaan en sy vergifnis gesmeek, en gesê dat hy enige iets sou doen om dit reg te maak. die pastoor het vir die man gesê: Neem ‘n verekussing, sny dit oop, en strooi die vere in die wind. die man het gedink dat dit ‘n vremde versoek was , maar dit was ‘n maklik genoeg opdrag, en hy het dit gewillig uitgevoer. toe hy terugkom om vir die pastoor te sê dat hy dit gedoen het, sê die pastoor vir hom: Gaan nou en maak al die vere bymekaar, want jy kan net so min die skade herstel wat jou woorde veroorsaak het as wat jy die vere bymekaar kan maak.

Bose woorde van ander word vergelyk me ‘n pyl : wat, wanneer dit eers geskiet is, nie weer gestop of herroep kan word nie. Net so kan die woorde wat gespreek was nie gestop word om skade te berokken aan die bestemde teiken nie. Die karakter en siel van ‘n ander.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 33
Die Gruwel, Die Gruwel, Die Gruwel Soos Dit In Die Tyd Van Hitler Was, So Sal Dit Weer Wees!


Profesie 117
Ek, Yahuveh Sê, “oordeel Is Vasgestel!”


Profesie 132
Israel EK Het Jou Lief, EK Bestraf Jou!