Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 2de dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 17

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met SY gebooie en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is sewentien dae, wat twee weke en drie dae van die Omer is.

YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 17 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet) ons het twee weke voltooi in die aftel tot by Shavuot terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA.

1 Petrus 3:8 – 9
En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol liefde vir die broers en ontferming, vriendelik. 1Pet 3:9 Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.

Jakobus 3:2

2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

3 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.

4 Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.

5 Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge - kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.

6 Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit Ghehenna aangesteek.

‘n Meelewende persoon is vinnig om hulself in die skoene te plaas van ander om te probeer verstaan waardeur hulle gaan voordat hulle hul monde oopmaak en te gou praat.

As ons van mense verwag om meegevoel met ons te hê, dan moet ons meegevoel wys en nederig wandel voor ander. Goddelike korreksie moet ook gebalanseer word met meegevoel.

Praat ons sleg/Lashon Hara, veroorsaak ons onmin en bakleiery en dit weerspieël ‘n groot tekort aan meegevoel van ons kant af. Ons moet die waarheid in liefde praat, nie mekaar in repe skeur met ons monde nie. Ek waarborg jou, as jy ‘n broer of suster streng oordeel kan jy dalk jouself in daardie selfde situasie bevind, en self meegevoel nodig hê, en jy sal dit nie kry nie.

Daar is geestelike reëls wat gevolg moet word en dit is ‘n geestelike waarheid dat ons sal maai wat ons gesaai het, goed of sleg.

Woorde van Wysheid.

Wanneer iemand in die verlede geweier het om jou te help of jou kwaad aangedoen het in die verlede, word dit beskou as wraak as jy weier om hom ‘n guns te bewys as antwoord. Dit word beskou as ‘n “wrok koester” – teenoor daardie guns- terwyl jy hom herinner aan die kwaad wat hy jou aangedoen het.

Die bose geneigdheid ("yetzer hara") bewerkstellig dat ‘n persoon kwaad word sodat hy die ander een sal vergeld, indien nie op ‘n groot manier nie, ten minste dan op kleinskaal. Die bose geneigdheid probeer jou vertel: “as jy hom iets wíl gee- selfs al het hy geweier om jou te help toe jy in nood was- moet dit dan ten minste nie met ‘n vriendelike glimlag gee nie.

Moet hom nie te veel help nie. Moenie te goeie vriend vir hom wees nie; dit is genoeg dat jy hom vergewe het en hom nie as ‘n vyand beskou nie. Selfs al wíl jy graag nog sy vriend wees, moet hom nie so baie liefde wys as voorheen nie” Dit is die manier waarop die bose geneigdheid probeer om mense oor te haal. Daarom stel die Torah ‘n alles omvattende beginsel: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” soos jouself beteken letterlik soos jouself – sonder enige verskil of variasie.

Om mense te vergewe wanneer iemand jou kwaad aangedoen het en opreg om vergifnis vra, wat moet jy doen? Gaan uit jou pad uit om positiewe dinge vir hom te doen wat jou liefde en omgee vir hom sal wys. Op hierdie manier sal jy hom aanmoedig om sy fout agter te kom en om die regte ding te doen om dit te probeer regstel.

MAG YAHUSHUA ONS MESSIAS VERHEELIK WORD IN ALLES WAT ONS SÊ EN DOEN EN MAG ONS PAD WEES SOOS IEMAND WAT VERLANG OM IN SY VOETSPORE TE VOLG EN IN SY LIEFDE EN BARMHARTIGHEID. AMEN.

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 6
Eers Ween Ek, Dan Is Ek Kwaad!


Profesie 8
Sal Julle Bewys Dat Julle My Liefhet?