Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 1ste dag van die Hebreeuse Maand Iyar
Dag 16

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 16de dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 16 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet) ons het twee weke voltooi in die aftel tot by Shavuot

Terwyl ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA. In tye van Vervolging onthou ons YAHUVEH se Deernis teenoor ons

Psalm 86:1

['n Gebed van Dawied] YAHUVEH, neig U oor en verhoor my want ek is ellendig en behoeftig.

2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my ELOHIM, verlos u kneg wat op U vertrou.

3 Bewys guns aan my, o YAHUVEH, want ek roep U aan die hele dag deur.

4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o YAHUVEH, hef ek my siel op.

5 Want U, o YAHUVEH, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

6 YAHUVEH, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

8 Daar is niemand soos U onder die magtiges, YAHUVEH, en daar is niks soos u werke nie.

9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, YAHUVEH, en hulle sal u Naam eer;

10 want U is groot en doen wonders, U alleen is ELOHIM.

Psalm 86:11 Leer my, YAHUVEH, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

12 YAHUVEH, my ELOHIEM, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

14 o ELOHIEM, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

15 Maar U, YAHUVEH, is 'n barmhartige en goedgunstige EL, stadig om kwaad te word en groot van goedertierenheid en trou.

16 Wend U tot my en bewys guns aan my; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o YAHUVEH, my gehelp en getroos het.

Let op hoeveel keer in die bogenoemde Psalm beroep Dawid hom op die GENADE van YAHUVEH! YAHUVEH se Genade is nie net in die Nuwe Testament nie. HY was nog altyd vol genade en barmhartigheid teenoor SY mense. Dit was SY Genade en LIEFDE wat gemaak het dat HY SY Enig Verwekte Seun gegee het. Johannes 3:16

Dawid het erken dat hy ellendig en behoeftig was [#1] al sy rykdom het niks beteken sonder YAHUVEH nie. Alleenlik YAHUVEH het die krag gehad om sy lewe te bewaar teen sy vyande en hy gaan voort deur YAHUVEH te herinner aan SY getrouheid aan hom, maar in nederigheid.

Ons moet ook besef sonder YAHUVEH se Redding/YAHUSHUA is ons ook ellendig en behoeftig en HY alleen kan ons red uit die hand van ons vyande.

Lees Effesiërs 6:10-24 en Psalm 23

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 52
Die Trompet Roeping Vir Die Wat Weggesteek Is. Ek, Vader Yahuveh Sal Julle Weereens Verlos!


Profesie 120
Moenie Moed Opgee Nie! Moenie Tou-opgooi Nie! Sukkot Restourasie Profesie!