Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 30ste dag van die Hebreeuse Maand Nisan
Dag 15

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 15de dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 15 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet) ons het twee weke voltooi in die aftel tot by Shavuot

TERWYL ONS SIT BY DIE VOETE VAN ONS MEESTER YAHUSHUA.

Jesaiah 61:3


Om vir die treurendes in Tsion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van YAHUVEH, om SY grootheid te betoon.

"Esegiel 24:17, Gedra In tye van vreugde, in plaas van hoofbedekkings van “as’ wat op die hoof gegooi was in rou (2Sa.13:19).

Vreugde Olie- Geurige salf was oor die gaste gegiet tydens vreugdevolle feeste (Psa_23:5; Psa_45:7, Psa_45:8; Amo_6:6). Tydens tye van rou was dit nie gebruik nie (2Sa_14:2).

Gewaad van Lof- helder kleurige klere, aanduiding van dankbaarheid, in teenstelling met die wat droefheid aandui, soos rouklere (sak-en –as) (Joh_16:20).

Plante van geregtigheid – Hebreeuse terebint bome; ‘n simbool van mense wat sterk is in geregtigheid in plaas van, om soos voorheen, ‘n riet geknak deur sonde en onheil te wees. (Jes.a_1:29, Jes.a_1:30; Jes._42:3; 1Ko_14:15; Psa_1:3; Psa_92:12-14; Jer_17:8).

Planting van ... YAH - (Sien Jes._60:21). om SY grootheid te betoon(Joh_15:8). Psalm 30:5(30:6 *[[Psa 30:5]] WeG* (6) want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.)

Ek weet daar is menige daar buite wat deur rowwe tye gaan. Ons families word aangeval, ons finansies, ons gesondheid, ons bedieninge gaan deur vuur, ons kinders dien YAHUVEH nie en baie van ons is in rou en wonder wat aangaan?

Soms maak ons die deur vir die vyand oop om ons aan te val deur ongehoorsaamheid en soms word ons net aangeval omdat ons gehoorsaam is. Elkeen van ons moet SY aangesig soek in ons eie lewens en ons harte deursoek en bekeer waar ons nodig het om te bekeer en te staan waar dit nodig is om te staan, met ons oë deurentyd op HOM gevestig.

Dit is vir jou...HY het belowe om hulle te troos wat treur in Sion.

HY het gesê dat HY vir ons sieraad gee in die plek van as (as is ‘n teken van groot sielsverdriet) Hy het gesê dat HY ons die vreugde-olie sal gee

HY het gesê dat HY ons die gewaad van lof sal gee vir ‘n verslae gees Hoekom? Sodat ons genoem kan word; Bome van geregtigheid- sodat ons kan sterk word in ons geloof/vertroue in Wie HY is en dat ons sal leer om standvastig te wees in SY woord ongeag wat ons in die gesig staar.

HY het belowe dat, selfs al is daar geween deur die nag, dat blydskap in die oggend kom.

Ons moet vasklou aan SY beloftes selfs al lyk dit asof alles rond-om ons uit mekaar val, want HY is ons Getroue ABBA YAHUVEH, HY het ons belowe deur SY Naam.

YAHUSHUA het ook belowe

Matteus 5:3 - 11
3 Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die Hemel.

4 Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die Aarde beërwe.

6 Geseënd is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

7 Geseënd is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8 Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal YAH sien.

9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van ELOHIM genoem word.

10 Geseënd is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die Koninkryk van die Hemel.

11 Geseënd is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerlei kwaad teen julle praat om My ontwil.



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

Profesie 96
Jubeljaar van Welbehae YAHUVEH Sê, Gooi Julle Dooie Gewig Af!


Profesie 123
VERWOESTING GAAN KOM! VERWOESTING IS HIER!