Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 29ste dag van die Hebreeuse Maand Nisan
Dag 14

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 14de dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 14 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet) ons het twee weke voltooi in die aftel tot by Shavuot terwyl ons sit by die Voete van Ons Meester YAHUSHUA.

Skoonheid is SY Liefde in Ons en Wie Ons Is In HOM

Jesaiah 53:1 – 5
1 YAHUVEH, wie het geglo wat ons verkondig het? En aan wie is die arm van YAHUVEH geopenbaar?

2 Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of voortreflikheid gehad, dat ons na Hom sou kyk nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.

3 Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met swakheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

4 Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem, en ons smarte - dit het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat geplaag, deur Elohiem geslaan en verdruk was.

5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Skoonheid- Strongs H1935 הוד hôd hode Uit ‘n ongebruikte kern, vernaamdheid (dit is ‘n eerbiedwekkende vorm en voorkoms) prag, aantreklikheid, uitnemendheid, heerlikheid, eer, lieftalligheid, eerbare, majesteit.

Dit, wat mense na YAHUSHUA toe aangetrek het, was SY Liefde, Sy Barmhartigheid teenoor diegene wat siek was en onderdruk was (Jes. 61) , Sy Wysheid, Sy innige Kennis van YAHUVEH en SY Onderrigting van die Torah en laastens SY Oorwinning oor die dood! HY is YAHUVEH , ons Meester ons Koning! HY is YAHUSHUA/ ons redding vir almal wat bekeer en SY Naam aanroep en wandel soos HY gewandel het.

Sy gekenk van Redding het ons voorsien van beloftes van genesing, beloftes van verlossing, beloftes van ons behoeftes vervul, beloftes van liefde, blydskap en vrede, maar die belangrikste is die belofte van ewige lewe en dat ons eendag saam met Messias sal heers en regeer.

Hoe lyk Heiligheid/ Dit lyk soos die vrug van die RUACH HA KODESH, dit lyk soos YAHUSHUA. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die Torah nie.Gal.5:22-23 Dit is ware Skoonheid.

Maar die wat aan Messias YAHUSHUA behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede doodgemaak. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.Gal.5:24-25

Om in Heiligheid te wandel is om te wandel in die krag van die RUACH HA KODESH die SOETE HEILIGE GEES, laat HAAR vrug daagliks manifesteer in jul lewens.

Dit is tyd om Terug te keer tot HOM , Israel...HY wag vir julle om te sê: Baruch HaBa B'Shem YAHUVEH! Dit is tyd vir hulle, wat hulself noem volgens SY naam, om uit Babilon uit tekom en apart te wees vir HOM!

Hosea 14:1-10
Bekeer jou, Yiesraél, tot YAHUVEH jou ELOHIM, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.

Hos.14:2 (14:3) Neem woorde met julle, en bekeer julle tot YAHUVEH sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.

Hos.14:(4) Ashur kan ons nie red nie, op perde wil ons nie ry nie en tot die werk van ons hande nie meer sê: Onse ELOHIM nie! Want by U vind die wees ontferming.

Hos.14:(5) Ek sal hulle afvalligheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend.

Hos.14(6) Ek sal vir Yiesraél wees soos die dou, hy sal bloei soos 'n lelie en sy wortels uitslaan soos die Livanon.

Hos.14:(7) Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos die van 'n olyfboom en sy geur soos die Livanon.

Hos.14:(8) Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Livanon.

Hos.14:(9) Efrayiem, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos 'n groen sipres; uit My word jou vrug gevind.

Hos.14:(10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van YAHUVEH is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

PROFESIE 22
GELIEFDES, MOENIE SELF JULLE GROOTSTE VYAND WORD NIE!


Profesie 92
Wees Vrolik, EK YAHUSHUA HA MASHIACH, Is die Enigste GOEIE HERDER en EK Slaan die Wolwe Weg!