Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 28ste dag van die Hebreeuse Maand Nisan
Dag 13

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die 13de dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!








Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.

Dag 13 Omer Leesstuk:


Week 3 /Kenmerk 3 - Skoonheid/Eensgesindheid/Meegevoel (Tiferet) ons het twee weke voltooi in die aftel tot by Shavuot terwyl ons sit by die Voete van Ons Meester YAHUSHUA

Heiligheid is Beeldskoon

Mat. 5:29 – 30

“As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in Ghehenna.

30 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in Ghehenna.”

My oog uitruk? My hand afkap? Wat het YAHUSHUA bedoel in Mattityahu/Mattheus 5:29-30? As ons dit letterlik moes opneem, sou ek skat dat 95% van die gelowiges (myself ingesluit) blind en sonder hande sou gewees het, nie ‘n baie mooi prentjie nie. Wat het YAHUSHUA probeer tuisbring by SY talmidim?

Hierdie vers blyk absoluut verregaande wanneer dit uit Hebreeuse verband gehaal word, dit is ‘n voorbeeld van een van die mees algemeenste Joodse onderrig-metodes van YAHUSHUA, ‘n metode bekend as "Kal-Ve-Chomer" lig en swaar. Hierdie metode was deur YAHUSHUA gebruik om herhaaldelik die twee stadiums van sonde te kontrasteer, die eerste stadium is die ligte en die tweede is die swaarder stadium.

Die doel agter hierdie metode was om die beginsel te onderrig dat indien ons sonde in die kiem smoor terwyl dit nog in die ligte stadium is, of soos YAHUSHUA sê” “Dit uitpluk” of dit afkap kan dit verhoed word om die veel meer vernietigende swaar stadium te bereik.

Hier vertel YAHUSHUA vir ons hoe om Heilige lewens te lei, wanneer ons ons oë weerhou van boosheid, sal die gedagtes nie oor gaan tot aksies wat veroorsaak dat ons terugval en sondig nie.

Daagliks moet ons besluite neem oor wat ons sal kyk, lees of aan deel sal neem om onsself te beskerm en nie binne-in ‘n sondige situasie in te stap nie. Om ‘n heilige lewe te lei, is om daagliks die regte keuses te maak, om SY WOORD te volg en uit te leef en onsself te weerhou van boosheid.

Ons moet daagliks ons gedagtes hernu met die WOORD van YAH. SY Torah en elke dag sonde bely wat ons wandel met YAH belemmer het. Ons moet ons liggaam beveel wat om te doen, nie ons liggaam toelaat om aan óns te sê wat om te doen nie, as ons in die krag van die RUACH HA KODESH wandel sal ons nie die begeerlikhede van die vlees vervul nie. Galasieërs 5:16-26.

Om in Heiligheid te wandel is ‘n daaglikse suiwerings proses, terwyl ons heilige gewyde keuses maak gaan ons van heerlikheid tot heerlikheid. Ek praat nie net van keuses in die nauurlike/fisiese nie, ek praat ook van geestelike keuses en ook om te wandel in geloof in teenstelling met vrees, om te wandel in vertroue in teen stelling met kommer, om aangename woorde van ooreenstemmigheid met die Torah/Woord te spreek teenoor woorde van boosheid in ooreenstemmig met satan.

Vader YAHUVEH, help my om elke daad van my dag aangenaam vir U te maak in alles wat ek doen, in my gedagtes en in die woorde van my mond en in die oordenkinge van my hart.

1 Kronieke 16:29-36

Ek sal offerandes van lof offer, selfs wanneer my emosies sê dat ek nie lus voel om te loof nie, laat my lewe en my optrede voor U troon kom, as ‘n aangename geurige lewende offer tot U eer.

29 Gee aan YAHUVEH die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid Yahweh in afgesonderde gewaad.

30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.

31 Laat die hemel bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: YAHUVEH is Koning!

32 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.

33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van YAHUVEH; want Hy kom om die aarde te oordeel.

1Kron16:34 Loof YAHUVEH, want Hy is goed, want Sy goedertierenheid is tot in ewigheid;

35 en sê: Verlos ons, YAH van ons verlossing, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons U afgesonderde Naam kan loof en ons beroem in U lof!

36 Geseënd is YAHUVEH, die GOD van Yiesraél, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amein! en: Prys YAHUVEH!



Profesieë vir vandag, vir die aftelling van die Omer

PROFESIE 76
Geliefde Bruid van YAHUSHUA, Staan Op en Maak Julle Self Gereed want Julle Bruidegom Kom!


Profesie 89
GEHEIME van die RUACH HA KODESH. GEHEIME van die HEILIGE GEES


Profesie 103
EK, YAHUVEH, Oordeel Julle volgens Julle Vrugte!