Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 27ste dag van die
Dag 12

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:

Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die Twaalfde dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.
Dag Twaalf Omer Leesstuk:


Week 2 /Kenmerk 2 - Strengheid/Dissipline (Gevurah)

Sit By Die Voete Van Ons Meester YAHUSHUA. Hardloop die wedloop.

Hebrieërs. 12:1 – 11



Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

Heb 12:hH2 die oog gevestig op YAHUSHUA, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die folterpaal verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van YAHUVEH gaan sit het.

Heb 12:3 Want julle moet ag slaan op Hom wat so 'n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.

Heb 12:4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Heb 12:5 En julle het die vermaning totaal vergeet wat met julle as seuns praat: My seun, ag die tugtiging van YAH nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;

Heb 12:6 want YAH tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

Heb 12:7 As julle die tugtiging verdra, behandel YAH julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?

Heb 12:8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Heb 12:9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

Heb 12:10 Want hulle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy afgesonderdheid kan deelagtig word.

Heb 12:11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie 'n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter 'n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.



Nou, meer as ooit, moet ons ons oë gevestig hou op SY WOORD, wat ons die krag gee om die wedloop te hardloop. Telkemale wanneer ek ‘n verhaal lees van hulle wat gemartel was asook Yom Ha Shoah (The Holocaust) dan bid ek, VADER laat my sterk wees soos hulle was as ek ooit so ‘n toets van my geloof in die oë sou staar.

Ons is pas klaar met die nagedagtenis van die slagoffers van hulle wat vermoor was tydens Yom Ha Shoah en ons lê ‘n eed af dat ons nooit weer sal toelaat dat so iets gebeur nie! Tog is daar Vandag baie gelowiges wat groot toetse van hul geloof in die gesig staar selfs marteling ter wille van hul geloof in YAHUSHUA, en steeds swyg die wêreld.

Ons sien ‘n afval van die wêreld en mense wat hulself Christene noem verval in dwaling en laat selfs New Age leeringe toe in hul kerke.

Anti Semitism staan op in Europa en die Wêreld is besig om voor te berei vir die Anti-Messias! Wanneer jy die nuus lees en sien wat gebeur kan dit oorweldigend word behalwe vir die feit dat ons weet YAHUVEH/GOD is in beheer en dat ons nodig het om aan te hou om die wedloop te hardloop en te bly in die geheime plek van die Allerhoogste en onder die Skaduwee van die Almagtige! (Psalm 91)

Israel word daagliks deur missiele bedreig en is omring deur vyande wat haar val wil aanskou en die wêreld kyk ander pad of erger hulle probeer Israel oorreed om hulle grond op te gee!

Ons leef werklik in ‘n tyd van Herstel vir hulle wat ore het om te hoor wat SY Gees vir SY Bruid sê.

HY versamel en herversamel SY mense vir SY Wederkoms Juda en Efraïm, Esegiel 37, en gevolglik sien ons die vervulling in ons dae terwyl ons aanskou hoe baie Jode tot bekering kom in Messias en baie gelowiges keer terug na die ware geloof van die Messias en SY Torah en keer terug na die Hebreeuse Wortels van hulle geloof.