Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 26ste van die Hebreeuse Maand Nissan
Dag 11

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTELLING VAN DIE OMER:

Sê hierdie seëning elke dag:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] se Bloed, gevul met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en wat ons beveel het om die Omer af te tel.

Vandag is die Elfde dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA vinnig na ons stuur, in ons dae, in YAHUSHUA se NAAM, AMEN!







Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.


Dag 11 Omer Lesing:


Week 2 / Eienskappe 2 - Kragtige/Dissipline (Gevurah), waar ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA Dit is spesiaal van toepassing op ons wie leiers en leraars is van SY Torah.

Deut 3:23 - 29

23 Ook het ek YAHUVEH in dié tyd gesmeek en gesê:
24 YAHUVEH! U het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
25 Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon!
26 Maar YAHUVEH het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar YAHUVEH het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met MY oor hierdie saak spreek nie.
27 Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk dit met jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.
28 Gee dan bevel aan Josua, en versterk hom en bemoedig hom, want hy sal voor hierdie volk uit deurtrek, en hy sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe.
29 En ons het in die dal teenoor Bet-Peor gebly.

Hoekom was YAHUVEH so hard op Moses? Indien enige iemand dit verdien het om oor te gaan die die beloofde land, was dit waarlik hy. Hoekom het YAHUVEH hom op so 'n manier gedissiplineer?

Hoekom het YAHUVEH nie Moses se opregte versoek van Moses aanvaar nie? Die antwoord lê in die feit dat YAH die gevolge van Moses se ongehoorsaamheid in die eerste plek verduidelik het.

Numbers 20:7-12

7 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
9 Te neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het.
10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
12 Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.

Moses demonstreer aan ons dat sy straf nodig was om de ware karakter of natuur van YAHUVEH te leer, wanneer dit kom by SY eienskappe van genade en geregtigheid. Ons aksies en dade het gevolge.

Met ander woorde, indien Moses as 'n leier toegelaat was om YAHUVEH se instruksies te verontagsaam, dan sou die hele Israel sy voorbeeld volg en geen respek getoon het van wie HY is, en wat HY sê is wat HY bedoel en wat HY bedoel sê HY.

Doen ons nie dieselfde ding vandag nie, wanneer ons weier om SY Sabbat te onderhou, asook SY Heilige Feeste, deur te sê ons hoef nie dit te onderhou nie? Het ons die tradisies van mense meer lief as die Torah? Het HY nie gesê dat dit SY Feeste was (Lev 23) wat vir ewig moet onderhou word nie?

Was YAHUSHUA nie gehoorsaam aan HOM in alle dinge nie? En het HY HOM nie op elke manier gehoorsaam nie, en dit sluit in om die Feeste en Sabbat te onderhou en om SY Torah te gehoorsaam nie? Indien YAHUSHUA ons Meester is, moet ons dan nie in SY voetstappe volg nie? Deur ons optredes en ongehoorsaamheid laat ons nie ander veroorsaak om die Heiligheid van YAHUVEH te verontagsaam, asook die boodskap van YAHUSHUA ha MASHACIH?

Dit moet veroorsaak dat ons wie die Torah aan ander leer, om te bewe edur SY woord en SY Heiligheid.

Jakobus 3:1 - 2

1 Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.
2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.