Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 25ste van die Hebreeuse Maand Nissan
Dag 10

DAAGLIKSE GEBED VIR DIE AFTELLING VAN DIE OMER:

Sê hierdie seëning elke dag:
Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] se Bloed, gevul met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en wat ons beveel het om die Omer af te tel.

Vandag is die Tiende dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA vinnig na ons stuur, in ons dae, in YAHUSHUA se NAAM, AMEN!







Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.


Dag 10 Omer Lesing:


Week 2 / Eienskappe 2 - Kragtige/Dissipline (Gevurah), waar ons sit by die Voete van ons Meester YAHUSHUA

YAH Dissiplineer ons altyd met liefde...HY het SY Groot Liefde vir ons gewys deur ons Messias YAHUSHUA te Gee, om die prys van ons sonde te betaal. Johannes 3:16

Galasieërs 5:16 - 25

16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
18 Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
23 Teen sulke dinge is die wet nie.
24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Kolosense 3:5-10

5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Ja, almal wil die seëninge hê, maar ons moet onthou dat gehoorsaamheid die seëninge bring!

1 Samuel 15:22

22 Daarop sê Samuel: Het YAHUVEH behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van YAHUVEH? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.