Gaan terug na die Omer Kalender

Omer Telling vir die 16de dag van die Hebreeuse Maand Nissan
Dag 1

Daaglikse Gebed vir die aftel van die Omer:

Elke dag moet hierdie seën uitgespreek word:

Geseënd is U, YAHUVEH ons ELOHIEM, KONING VAN DIE HEELAL, WIE ons gered en geheilig het met YAHUSHUA [JESUS CHRISTUS] SE BLOED ons gevul het met SY RUACH HA KODESH [HEILIGE GEES], en ons beveel het ten opsigte van die aftel van die Omer.

Vandag is die eerste dag van die Omer. YAH die BARMHARTIGE EEN, mag HY YAHUSHUA stuur om spoedig na ons terug te kom gedurende ons dae in YAHUSHUA SE NAAM, AMEN!






Dit is ons konstante gebed dat ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en die RUACH HA KODESH SOETE HEILIGE GEES tevrede met ons sal wees, en dat ons 'n getuienis soos Henog sal hê. Henog was lewendig opgeneem na die Hemel, omdat hy vir ABBA YAHUVEH bly gemaak het, en HY tevrede was met hom.

Net soos Henog opgeneem was na die Hemel toe, bid ons om waardig geag te word om die Bruid YAHUSHUA ha MASHIACH te wees, terwyl ons wag vir HOM om terug te kom om SY Bruid te kom wegneem. Mag HY ons gereed vind, en dat ons gretig wag, terwyl YAHUSHUA kom vir 'n gehoorsame Bruid sonder enige vlek of kreukel.
Dag Een Omer Leesstuk:


YAHUVEH/GOD is opsoek na VRUGTE wat in oorvloed in ons lewens is.

Galasieërs 5:
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.23 Teen sulke dinge is die Torah nie. [3]

Effesiërs 5:9
Want die vrug (die uitwerking, die produk) van die Lig of die Gees [bestaan] in elke vorm van goedheid en geregtigheid en waarheid. [4]

Psalm 92:12-14
12 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Livanon.

13 Geplant in die huis van YAHWEH, sal hulle groei in die voorhowe van onse ELOHIEM. 14 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,

Mattheus 13:23
23 En by wie op die goeie grond gesaai is - dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd, die ander sestig-, die ander dertigvoudig.

Johannes 15:1-8
EK IS die ware wynstok, en my Vader is die Landbouer. 2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie,[wat ophou vrug dra het] neem Hy weg; [snoei dit af] en elke loot wat vrug dra, dit maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gepraat het [die leringe wat ek met julle bespreek het].

4 Bly in My, soos Ek in julle. [Leef in MY en EK sal leef in jou]. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie (lewendig verenig met], so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel (oorvloedig) vrug; want sonder My [afgesny van lewensbelangrike eenheid met MY] kan julle niks doen nie.

6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die[afgebreekte] loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7 As julle in My bly [lewendig verenig bly met My] en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit ontvang. 8 Hierin is My Vader verhoog, dat julle veel vrug dra (produseer); en julle sal My dissipels wees.

Johannes 15:16
16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies [Ek het julle geplant], en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly [dat dit mag bly, vertoef , sodat wat julle die Vader ook al in My Naam [soos alles wat EK IS aanbied] vra, Hy julle dit kan gee.

Ons moet Vrug produseer in ons lewens tot eer van YAHUVEH, So.....Hoe groei jou Vrug? ‘n Ongesonde onder-gevoede boom produseer slegte vrug, vrot vrug. ‘n Gesonde boom wat vol lewe is produseer pragtige, soet, sappige vrugte wat voedsel en blydskap bring aan ander.

Het jy al ooit ‘n slegte stukkie vrug geëet? Jy het dit gebyt en dit was suur, of wrang of selfs erger dat daar ‘n wurm of goggas in was? JIG!!! Maar wat ‘n verskil wanneer jy vrugte eet , wat nie net pragtig aan die buitekant is nie maar soet en sappig is aan die binnekant ook!

Watter soort vrug sien ander in ons lewens. Watter soort vrug wil jy hê moet gesien word deur ander? Die vrug van die RUACH HA KODESH is die manifestering van die lewe van Messiah wat in ons lewens werk. Die natuur van GOD Homself, want die RUACH HA KODESH is GOD . Dit is SY RUACH HA KODESH wat in die gelowige woon wat HAARSELF wil manifesteer in ons lewens vir ander om te sien.

YAHUVEH wil oorvloedige vrug in ons lewens hê. HY wil oorvloedige liefde hê. HY wil hê dat blydskap toeneem. HY wil hê dat vrede toeneem. HY wil hê dat geduld toeneem.

HY wil hê dat goedertierenheid toeneem. HY wil hê dat goedheid toeneem. HY wil hê dat getrouheid toeneem. HY wil hê nederigheid moet toeneem HY wil hê selfbeheersing moet toeneem HY wil hê VRUG moet toeneem tot SY EER.

Dit verg werk, dit verg studie, dit vereis dat die Torah/Die Woord beoefen word in ons lewens, dit verg daaglikse gebed en nagmaal saam met die Vader, dit vereis dat jy daagliks by die voete van YAHUSHUA sit vir vrug om te groei in ons lewens en dit gebeur nie oornag nie.

‘Vines Expository of New Testament Words’ gee hierdie definisie van vrug: Vrug in Grieks is KARPOS – Vrug word gebruik vir:

#1. Vrugte van bome, velde, die aarde, dit wat geproduseer word deur die ingebore energie van ‘n lewende organisme.

#2. werke of dade, vrug is die sigbare uiting van innerlike en onsigbare krag.Die karakter van die vrug getuig van die karakter van die magte waardeur dit geproduseer word. Dit is die onsigbare krag van die Heilige Gees/RUACH HA KODESH in diegene wat gebring is tot ‘n lewende eenheid met YAHUSHUA die Messiah, wat die vrug van die Gees produseer.

Johannes 15:5 sê: “Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug” “YAHUSHUA die Messiah wat binne in ons is, kan vermag wat ons nooit kan hoop om te vermag in ons eie krag nie en daardie volgehoue wandel saam met HOM sal die swakste van ons verander na SY gelykenis”

Vrugbaarheid – om baie vrug te dra – oorvloedige produsering, voortteling, produseer resultate of profyt.

“Die vrug is ons bo-natuurlike persoonlikheid wat in ons woon nadat ons gered is en word nie verhinder deur selfsug nie. Die vrugte is geheel en al onselfsugtig en is eienskappe van ELOHIEM”

Daar is drie hoof groepe van vrug:
#1.-LIEFDE, BLYDSKAP, VREDE – hierdie spruit uit ons verhouding met ELOHIEM
#2. GEDULD, GOEDERTIERENHEID, GOEDHEID- hierdie bring goeie geselskap en menseverhoudings voort.
#3. GETROUHEID, SAGMOEDIGHEID, SELFBEHEERSING – is die seëvierende vrug- en hou ons op die regte plek.

Die vrug van die GEES/RUACH is die Lewe van YAHUVEH wat uit jou vloei.

Psalm 1:1-3
Die mens wat wandel in die vrug van RUACH HA KODESH 1 Geseënd is die man wat nie wandel in die raad van die afvallige en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 2 maar sy behae is in die Torah van YAHWEH, en hy oordink Sy Torah dag en nag. 3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

VADER in die Naam van YAHUSHUA, help my om die soort vrug te produseer in my lewe wat mense sal honger maak na U Weë en U Waarheid en Messiah YAHUSHUA !

Soos ons voort gaan om die Omer af te tel sal ons fokus op die vrug en karakter eienskappe wat YAHUVEH in ons lewens wil sien...ons voorbeeld is YAHUSHUA!